Donderdagoggend 4 Junie 2010
Goeie dag allemaal familie en vriende,
Ons voel total afgesny van die buite wềreld sonder ‘n komputer, dis net so erg soos ‘n roker en wat sigarette moet opgee! Ons sit nou met defenitiewe onttrekkingsimptome!!!! Ek kan ,wanneer ek kans kry gedurende die nag darem nog gou ‘n kykie neem en bietjie nuus lees maar arme Barry weet nie wat in die wêreld aangaan nie want die nuus kanaal is reeds 3 weke buite werking!
Finbarr het vir ons ‘n nuwe komputer gekoop met 3 jaar waarborg die keer en ons wag nou maar geduldig vir hul besoek die naweek van 11Junie wanneer ons 33 jaar getroud sal wees! En ons darem weer ons klein seun sal sien!
‘n Paar dinge het intussen gebeur en ek het geen benul hoe dinge afgeloop het nie, Kobus het sy groot operasie gehad en ons hoop en bid dat dit suksesvol was en dat hy al byna oor die hond se stert is, die 3 de dag is altyd die ergste en dan omtrent elke 4de dag daarna, Haya laat weet asb!
Gerhardus het verjaar alreeds 25 Mei maar ek was nie naby komper nie en die sms wat ek wou stuur is weg en boodskap gekry dat sms nie versend is nie! Hoop in iedergeval dat jou dag goed was en dat die jaar meer voorspoedig sal wees as ooit tevore!
Baie jammer om te hoor van die inbraak maar dankbaar dat julle almal veilig is en dat niemand seergekry het of eiendom gesteel is nie! Dit kon so maklik anders verloop het!
Hier het ons darem nou al ‘n paar weke goeie weer, hier en daar was daar ‘n dag tussenin wat dit gereen het maar dit moet daar wees want anders kla die boere erg dat dit te droog is! Dag temperature wissel goed tussen 10 – 19 gemiddeld en maak dit die dae heerlik!!!Ons lang aande is nog met ons vir ‘n week of 3 dan begin die aarde weer kantel en ons beweeg weg van die son, ek vrees byna die winter want dit was darem baie lank , die winter!veral die afgelope 2jaar, As mens eers daarin is ,leef jy tog lekker daarmee saam maar hier is die somer darem iets spesiaals! Die skakerings van groen in die bome en struike is baie opvallend die jaar met direkte kontraste van helder geel en wit tussendeur! Ons het sier pruime die jaar ook heel party appels aan die bome maar ek wag nog op ‘n verduideliking hoekom ons geen peer bloeisels gehad het nie!?
Al die meubels wat ons so deur die jaar by veilings gekoop het en Barry reggemaak het is Dinsdag aand op OldCastel by ‘n nuut oopgemaakte antiek veiling verkoop teen baie goeie pryse en ons is baie in ons skik! Alles is eeue agter in ontwikkeling op die gebied en alles word nog met die hand geskryf en gereken, Wou die auctioneer soms net bietjie help maar hy moet maar self leer en regkom!
Ons roos bome staan vol in knop en oor ‘n paar weke behoort ons ‘n see van rose teen die muur te hê ,kan nie wag nie, na al die vertroeteling wat hulle verlede jaar van Isabel ontvang het sê hulle nou dankie, Daar is nie 'n luis te sien nie en elke blaar blink!
Barry gee gereeld water en ek gee roos kos dat dit hik!
Die 2 tamatie plante wat meer na bome lyk staan nou buite op ‘n beskutte plek in die voorste gedeelte van die huis,min wind en genoeg son , ons hoop dat die tamaties die jaar ‘n werklikheid gaan word!
Ons het ongeveer 45 aarbei plante en as elkeen maar 2 aarbeie gee gaan ons heerlik eet!
Appeliefies is ook baie en ek sal lekker konfyt kan kook!
Die nuwe voordeur en dubbelglas vensters maak ‘n groot verskil en nou bly net die parkeer area ens oor vir herteer! Stuks gewys kom alles wel klaar!
Ons wag nog op ‘n datum vir Barry se angiogram maar hy presteer goed op die medikasie,het nog nie weer pyn in die borskas gehad nie gaan sy gang soos altyd!
Ons voël gemeenskap staan as volg , die ‘bluetits, het 2 weke gelede die nes verlaat, die ‘hedge sparrows wat kolonie nes in die elektriese paal gehad het ,het Sondag die nes verlaat. Die duif sit op haar eiers in die hoë heining van denne bome aan die kombuis kant en soos met die bluetits het ons die hele nesbouery aanskou die lê van die eiers en nou die broeityd! Die swaeltjies het die ou nessies bietjie opgekikker en sy sit al ‘n week op die eiers in die donkie huis! Wat ‘n vrugbare tyd!
Ons kleinkind groei met rasse skrede en gesels en lag met sy pa en ma! Ons sien hulle oor 10 dae en die tyd kan nie gou genoeg verby gaan nie!!!! Sal hopelik dan ‘n komper hê om foto op aftelaai en die familie te laat aanskou!Gerlof en Sandra se groot ouerskap is seker ook nou baie naby! Ek hoop nie ek het die nuus gemis nie!
Ek stel voor dat die wat nie van die ganse wil hoor nie maar exit!
Ek het laat weet dat die eerste broeisel waar Ruthie opgesit het almal toe dood is, dit was vir ons albei baie erg maar erger vir Barry want hy het so daarna uitgesien! Wat verkeerd geloop het weet ons nie, een moes seker al 2 dae oud gewees het en die ander het volmaak in die eiers gevrek! Sy wou onderdood nie van die nes af nie en ons het nou 8 ander eiers onder haar in en sy sit nou reeds 14 dae op die nuwe lot, Madam wat 3 weke gelede wou broei maar toe liewer wou swem is weer op haar nes met ook 8 eiers, die keer het ons haar net so gelos en sy hou duidelik nie daarvan om toegemaak te wees nie en is nou reeds 5 dae op haar eiers!
Die ander 2 gans vroue waggel nog deur die gras en ons hoop van harte dat hulle ook gou sal begin broeis raak!
Eienaardige diere met elkeen sy eie geaardheid! Hulle is mal oor gekookte aartappels en brand hul bekke en gee sulke skerp skree geluide maar daar kannie gewag word tot die aartappels koud is nie , nee, dit word dadelik warm en brandend opgevreet! Appelskille, tamaties en die binnekant van my uitge-ete pomelos kry ook groot byval!
Prins Scruffie ken sy naam so goed hy staan aandagtig en luister as ek sy naam noem en hou daarvan as ek by hulle staan en sing of fluit! Hy beskerm sy broeis vroue soos goud! Die watertenk was seker een van die beste beleggings in die gans saga en word daagliks goed gebruik! Almal duik diep en die water klots oor die kante netsoos kinders!
Nou ja die politiek gaan sy gang, die olie in see langs die kus in Amerika veroorsaak groot ellende, en die klomp sensasiesoekers wat moedswillig Israelie waters binnegevaar het,het erg deurgeloop,reg of verkeerd ,jy sukkel nie met die Israelies nie, dis nou maar seker!Humanitêre redes of nie!
Die wereld beker is byna aan die gang en in al die koerante het ons ‘n volledige program van wat waar gebeur! Ons hoop dat dit ten spyte van al die ontwrigting ens wel ‘n sukses sal wees!
Ek het nie my verjaardag boekie by my nie maar bring ons beste wense aan almal wat sou verjaar, wat ouers gaan word,aan almal wat eksamen skryf en aan almal wat op uitslae wag,wens ons net die allerbeste toe!
Wees baie versigtig, op die paaie, in jul huise en wanneer julle ontspan!Hoop dat oeste goed was en sal wees en dat die hoenderboerdery goed verloop!
Mag die wat siek is gou aansterk veral Kobus!!!!
Ons groet vanuit ‘n ongekende somer avontuur!!!!
Liefde
Barry & Christina
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment