Saterdag 26 Junie’10
Goeie dag familie en vriende,
Dit is met groot dankbaarheid dat ons kan sê dat Barry 2 van die omleidings wat 15 jaar gelede gedoen is, goed behou het ,die 3de een is 70% geblok maar die hartvaatstelsel het ‘n tak vervanging wat op die oomblik daardie deel van die hart redelik goed van bloed voorsien! Omdat daar nie onmiddelike nood was nie het die kardioloog besluit om nie ‘n stent in te sit nie maar eers radioaktiewe studies te doen om te sien of dit werklik nodig is!
Hy moet wel sy medikasie getrou gebruik soos wat hy die afgelope 2 maande wel gedoen het en alles behoort wel te wees.
Die besoek aan Dublin het sy eie stresse meegebring maar ons het dit grootliks oorkom deur vir 2 nagte oorteslaap in ‘n pragtige geleë hotel met golfbaan,vlak by Finbarr en Amanda, op ‘n spesiale aanbod en het dit baie geniet. Ons het ‘n huurmotor geneem hospital toe en terug wat alles baie maklik gemaak het.
Die kroon was dat ons klein Lukas 2 aande agtermekaar kon bekyk, vashou en bewonder!!!! Soos alle kleinkinders is hy ‘n klein ‘wondertjie’! steek sy tong vir jou uit as jy dit eeste doen en kan hele stories vertel, heerlik lag en gryp jou vinger met mening! Is ewig honger en hier is net 3 soorte baba melk en nie een van hulle gee hom genoeg nie!Ek het hulle nou darem so vér dat hulle Nestum no1 saans by sy melk voeg en dit werk darem bietjie! En die melk formule is SMA vir baie honger babas!
Somer is in volle swang en ons beleef regtig goeie weer, vandag effe bewolk maar nog steeds warm. Vroeg more was dit 17 grade en teen laat middag tref dit soms 26 as die son bak!
So vér as wat ons ry is alles dik beblaard, welig en alle skakerings van groen denkbaar streel die oog! Ons rose is besonder mooi en gelukkig het die spuitery die ruspe laat vrek en alles gaan goed. Die aarbeie is heerlik en ek pluk elke dag so 5-10 en smul aan ons sonryp vrugte! Ten spyte van vroeg lyk die pronkertjies pragtig en die hangmandjies het almal nuwe petunias in, alles lyk baie vrolik! Die 2 tamatie plante het nou bome geword en ons sal hierdie jaar defenetief ons eie tamaties eet!
Ons is baie besig by die werk,en ons is baie bly daaroor want dit beteken dat die inkomste van die hospitaal effe sal verstewig en die ewigdurende vrees dat jy more jou werk verloor is effe op die agtergrond geskuif!
Hiqa? Is die nuut ingestelde owerheid oor oue tehuise en is baie streng gevolglik moes die werklading wat so erg was in die ouete- huis verminder word en is ‘n nag daar darem nie meer so ‘n doodsoordeel nie! 2 helpers tot 1vm en dan 1 helper en die nurse vir die res van die nag 41 inwoners.
Sue in Kanada het die 20ste verjaar, ek weet dit is lank terug maar ek het nie verlede week geskryf nie en dus het die verjaardae ook agterwëe gebly!
28 Junie is Joleen in PMB se beurt ook Karin in Florida Park! Leopold in Delft! Die 30ste!!!
Veels geluk met jul verjaardae! ‘n goeie jaar jul toegewens!
Veels geluk aan almal wat eksamen uitslae ontvang het en aan die wat wag, wees geduldig, ander het 6 weke vakansie en ander byna 2 +1/2 mnde!!!geniet dit!
Ek het ook opgehoopte verlof en sal dit stuksgewys neem want anders val die betaalpaket deur die vloer!
Ek hoop dat Gerlof en Sandra hul kleindogter geniet1
Baie dankie vir die heerlike briefies wat ek ontvang het uit Australie en SA!
Die saga van die ganse gaan voort met groot verdriet toe die hengans weer al die eiers vermorsel het. Ons het een kuikentjie aan die lewe kon hou vir 48 uur maar uiteindelik het die ook die aftog geblaas nou wag ons in spanning op Madam sy is ‘n ander soort moeder. Kom uit haar nes 1x ‘n dag wei ‘n rukkie gaan drink water ,kry ‘n swemmetjie in en gaan terug eiers toe nog 3 dae dan sal ons weet!!! Ons het nooit naby haar of die eiers gekom nie. Moet sê hulle was erg bly om ons vanmore te sien na 2 volle dae en nagte alleen! En ons hoop van harte dat daar wel iets van sal kom!
Môre is die beste dag van my week en al die Psalme en Gesange is goed ge-oefen ,ek ruil nie meer my bril gedurende die diens nie ,kyk maar net nie op nie en so vêr het ek nog nie weer ‘n vertroebelde beeld gehad nie, het ook ‘n afspraak by ‘n ander oog spesialis wat kyk na die werking van die silliêre spiertjies en hoop dat sy lig op die saak sal kan werp!Ek ondervind dit wel wanneer ek gelees het en dan vêr moet kyk, verskye minute gaan verby voor alles weer in fokus is. Dit is ook sielsvoeding dag en erg belangrik op my kalender!
My nuus is op en ek hoop dat dit met almal goed gaan, die wat in Turkye toer, Renate wat in Spanje gestap het ,die nuwe ouers in England! En al die ander lesers!
Warm Ierse somer groete
Die Dunnes in Cranleymore
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment