Sunday, May 2, 2010

Plesierige groete van Ierland

Sondag 2 Mei ‘10

Goeie dag allemaal, familie en vriende!

Gister was ‘n wonderlike dag vir ons want net so na 12 middag het ons vir die eerste keer ons kleinseun in ons arms gehou!
ONGELOOFLIK!!!!
Baie ,baie dankie aan almal wat gelukwensinge gestuur het! Dit word opreg gewaardeer en ek het elke groete ook aan die ouers oorgedra!
VANDAG IS BAIE KOUD ,DIT REEN EN DIE WIND WAAI BITTER KOUD! Enkele minute kom die son uit, ons gougou buite toe om effe warm te word en skielik maak hierdie wolk bo ons sy krane oop en ons moet vinnig pad gee want dit is asof die druppels jou volg dit val sulke groot plasse net agter jou en woerts is ons weer in die huis!Half bevrore en dan wonder ons hoekom ons buite toe gegaan het want nou is ons eers koud!!!!
Ek het skaars die afgelope week gewerk, die hospital het reeds teen Vrydag toegemaak vir die langnaweek en ek werk eers weer Dinsdagnag!
Donderdag het ons in die Mullingar’se hospital (‘County Hospitaal) deurgebring vir Barry se kardiese ondersoeke. Hy hou aan se: “ I do not know why I am here, I feel well and ‘she’ is just fussing”
Nou ja teen die einde van die dag het sy storie baie verander. Die kardioloog kon dit skaars glo, 15 jaar na die 3 omleidings en daarvan 10 jaar sonder medikasie. Die hartspier kry swaar en daar is aritme teenwoordig ,verkeerde kosletrol hoog(weet nie vanwaar nie) en op die stress toets se ekg’s wys die vernouing toe duidelik!
Dus is daar toe nou met groot oorrdeding van die kardiloog besluit om die Angiogram te bespreek en ons sal in kennis gestel word wanneer dit sal plaasvind, intussen is hy op medikasie geplaas en ons is dankbaar dat die Here in misterieuse weё werk. Eers dokter toe vir die ore en terwyl hy daar is kry die Dr gou ‘n bloeddruk ens in met my wat gougou die storie van die brand in die borskas na die 1st grassny vertel en nou die voorkomende behandeling om ellendes te verhoed!
Wie anders was die opleidende Dr as ‘n Negerier! Gelukkig is die kardioloog Iers!
Vrydag het ek saam met die SA vriendinne tee gedrink en heerlik gesels, stories vertel van toentertyd en so agtergekom dat die een dame(klink snaaks) maar ek het haar Vrydag vir die eerste keer ontmoet) ook vir Haya, Kobus, Stenelle en Jaco ken! Of ten minste van hulle weet!! Die wereld is maar baie klein! Hulle woon in New Castle Kobus Pottas!
Saterdag breek die groot dag toe aan, Ons was as man en vrou laas in Dublin in 2005, Ons was wel lughawe toe om Isabel te haal en terug teneem maar dit was nie in Dublin nie dus tel dit nie, maar gister was ons in die buitewyke van Dublin met padkaart op soek na Finbarr en Amanda se ‘apartment’ let wel nie woonstel nie!
Die oomblik van waarheid het aangebreek en ek was totaal en al oorstelp! Barry het ook maar swaar gesluk ,hy hou hierdie kleinseun van hom vas, maar baie lomp asof hy nooit ooit ‘n kind wasgehou het nie!
Ek skryf wel ‘n aparte stukkie oor die kleinseun Lukas, en as iemand dit wil lees stuur ek dit aan!
Elke ouer en dan ook elke groot ouer dink hul kind.kleinkind is die pragtigste op aarde! En dit is maar hier ook die geval!
Vanoggend kerk toe, die beste dag van die week behalwe gister was ook buitegewoon goed! Verlede Sondag het iets verkeerd gegaan Ek was baie moeg na die nag se werk en ek sit altyd op die bank terwyl die preek aan die gang is want ek skryf nou sedert 1971 elke preek wat ek hoor neer! Dit beteken ek moet my bril verwissel . Toe ek terug kom voor die orrel ,begin ek die inleiding van die gesang speel en gee die noot aan vir die begin en skielik word alles voor my net een groot grys kol met verwarde strepe en geen note sigbaar nie ek kon niks sien nie ,nie eers die note op die orrel nie! Het so hier en daar ‘n noot raak gespeel en die predikant het net aanhou sing en uiteindelik het die veld voor my weer duidlik geword maar dit was baie verskriklik, ek kon dit nie glo nie! Ek het ellendig gevoel maar gelukkig het niemand ‘n woord gesê nie en net die predikant het baie benoud kom vra wat geneur het!
Nou leer ek die psalme en gesange byna uit my kop dat sou dit weer gebeur ek kan aanhou speel sonder dat ek hoef te sien!Weet nou nog nie wat gebeur het nie ,sal maar afspraak maak vir ‘n oogtoets!
Voёltjies het ons baie, die blue tits het hul nessie in die houtboksie pragtig uitgeveer en sy sit nou op 4 eiers! In die elektriese paal is daar 2 nessies en ons wag dat hulle moet klaar bou en begin le!
Die robins het hul nessie verlaat want die ganse wei daar naby en hulle het seker nie daarvan gehou nie.
Die affodille het uiteindelik aan hul einde gekom maar die tulpe is nog baie mooi! Al die pronkertjies is op van saadjies wat ek geoes het en ook gekoop het!
Ons het die tamatie plante in ‘n groot pot geplant en die staan nou in die voorportaal wat ons nie gebruik nie en hulle staan ‘n goeie 2 vt hoog. Ek sal hulle buite laat staan as die blommetjies verskyn en weer saans inbring want die jaar wil ek my eie tamaties pluk!
Die rubarber staan heup hoogte en ek sal môre pluk en konfyt kook!
Nou ja , verjaardae in my boekie is maar min en al vra ek laat min mense my weet wie wanneer verjaar, dus Gerda van Hester in Attie verjaar môre en ons hoop dat sy ‘n pragtige dag en jaar sal hê!
Enige ander person wat verjaar, OOk aan julle ‘n mooi dag en jaar toegewens!
Die wat nou moeg gelees is ,en nie van die ganse wil hoor nie, EXIT nou! Dit gaan julle goed!
Prins Scruffie is nou die mooiste gans op die werf! Hy loop vier en regop alom sy vroue en met wreede gehis en vurige oè laat hy ons goed weet dat hy die baas is!
Die ander henne lê nog steeds eiers, Rekord vir enige gans is Madam, sy trek nou al byna by 50 eiers! Ruthie sit heel gedienstig dag na dag en ons hoop van harte dat daar uit die 15 eiers wel ‘n gansie sal kom! On sweet nie hoe om die ander gans vroue broois te laat word nie! En ons moet al weer omtrent 50 eiers kook!
Môre is tenk skoon maak dag en dan baljaar hulle gewoonlik meer in die water as andersins! Die reen het groei gebring en die gras lyk pragtig en hulle sal moet wei om dit kort tehou!
Ek het nie veel meer nuus nie en hoop van harte dat die wat eksamen skryf goed sal doen en die wat leer dit met oortuiging doen! Onthou jul eie veiligheid en moet asb nie dink’
ag dit sal nie met my gebeur nie’!
Mag dit reen waar dit droog is, en met die winter op hande bly warm en moet asb nie siek word nie!
Ek groet namens ons 2 hier in Cranleymore!
Barry & Christina

No comments: