Saturday, November 27, 2010

Winter groete van Ierland

27 Nov’10
Saterdag!

Liewe familie en vriende,

Die 1cm sneeu lê nog daar buite ,temperature het darem nou tot 0 gestyg en ons het net ‘n blerts sneeu gekry maar ander dele lê goed toe onder die sneeu kombers! ‘n hele 28 dae vroeër as verlede jaar!
Daarby saam skyn die son heerlik en die hemele is helder blou!
Ek het regtig nie nuus nie dus gaan die maar net ‘n kennisgewing wees!
Hulle tap bloed uit stene by die werk en hulle is stadig maar seker besig om die kaf van die koring te skei. Gemiddeld 58 pasiente ‘n dag deur die 4 teaters met net 30 beddens! Soms lê daar 3 pasiente deur die loop van die dag in een bed! Jy kry skaars kans om die bed aftevee moenie praat van afwas nie en dan klou die lakens byna aan die nat matras voor die volgende pasient wat alreeds’n ½ uur in die gang sit, ‘n bed kry!
Operasies gaan aan tot na 22h00 en die dag personeel werk hulle agterstewes af ,sal niks sê van die nag personeel nie! ons is net 2 verplaagsters per skof en jy doen alles, daar is nie ‘n helper nie, jy doen observasies, gee pyn verligitng en medikasie intra veneuse antibiotika, let op na dreinering, gee tee en rooster brood en soms bietjie meer veral die mans is rasend honger na byna 18 uur van vas.Die kombuis word netso in wanorde gelos vir die skoon makers om te kom doen maar soms is daar nie ‘n koppie of piering vir die nagstaf beskikbaar nie(die skoonmakers maak eers die teater skoon voor hulle saal toe kom) dan was jy nog skottelgoed tussen in ook want die skottelgoed masjien werk alreeds oortyd!Soms kom die saal so teen 2uur die oggend tot stilte en dan begin die klokkies weer ‘n uur later lui want die wat pyn verligting gekry het teen 9nm is weer aan die kerm! Mensig maar ons werk regtig hard.Jy word elke nag ‘n jaar ouer!
Genoeg gekla ek het ‘n werk en kry betaling daar is baie wat sonder werk sit en honger is!
Die tuin lyk aaklig en netsowel dat ons nie nuwe plantjies ingesit het nie want dan sou die ook verpletter gewees het!
Nou sit ons met die ganse, Barry is nou op die punt om hulle wegtegee maar niemand wil hulle hê nie want dis te moeilik om hulle te pluk! Ek het gister ‘n advertensie in die plaaslike koerant laat plaas en sal maar sien gebeur Woensdag as die koerant sy verskyning maak!
Die politiek is nie in die modder nie maar in ‘n sisput! Ons eiland is nou die eiendom van IMF ( Internasionale Monotêre Fonds)en die EU se finansiele bestuurders na €85 biljoen as lening aan die eiland beskikbaar gestel is om ons uit die ellnde te help!
Maandag hou hulle vergadering by die kerk oor die instrument vir beleiding van die gemeente, ek het my mening gegee maar kannie by die vergadering wees nie want ek werk! Sal maar sien wat word! Intussen oefen en speel ek maar op my klawerbord.
Heerlik om ‘n briefie van Kathleen te kry, byna ‘n jaar se nuus in een, dit word baie gewaardeer, Nou moet ek sê sy is die enigste een van wie ek ooit hoor!(broerskinders se kinders) My adres lys sal drasties vermager in 2011.
Finbarr, Amanda en die vreugde van ons lewens, Lukas Liam kom môre die dag by ons deur bring en ons kan nie wag nie! Hy begin al op sy boude rondskuif netsoos pa gedoen het, eet alles wat hy in die hande kan kry en ons wag in spanning op die tande wat hom opdraandes gee!
Gisteroggend met ontbyt sien ons net hoe die klein voëltjies vinnig skarrel vir skuilikng en daar voor ons oë sit die valk toe op die dwarsboom van die saadhouer! Ek kon nie die kamera gou genoeg in die hande kry nie en hy vlieg weg toe ek die deur oop maak! Hy was seker so 5 tree van ons af!
Vamore het ons ‘n magdom van voeltjies wat kom eet want met die gras toe onder die sneeu en die bessies ook nou op ‘n einde kry hulle koud en is honger!
Verjaardae is min, Nine in Kanada verjaaar Maandag en Elmarie die 2de Desember! Baie goeie wense aan jul albei en ons hoop die jaar wat kom is goed!As daar iemand anders is warrvan ek nie weet nie beste wense vir julle ook!
Ons het heerlik Koffie gedrink aan huis(pragtig geleë op ‘n heuwel met lieflike uitsig) van Arenda en haar man wat reeds ?8 jaar hier in Ierland woon en een van haar ander SA vriendinne ontmoet ek toe ook byna 9 jaar lank in Ierlandwoon, Bianca. Ons SA Dokters vroue is oppag terug , hulle hunker nou sterk na die son en ek hoop Rina kom die ellende van die borskas in die sonnige SA te bowe! Ordentlike medisyne!!!!Veilige reis! Dis altyd so lekker om bymekaar te kom, en die keer het ons ook nog KOEKSISTERS GEHAD!!!!
Oooooooooooooo! Dit was darem baie lekker! Baie dankie Bianca!
Het niks gehoor van eksamen uitslae nie en neem aan dat dit met almal goed gegaan het en dat julle volgende jaar weer studeer!of werk gekry het!
Hoop ook die getroude paartjie op die plaas in Reitz is baie gelukkig!
Hou julle oë oop en wees beraad!
Groete vanuit ‘n ysige koue, sonnige Ierland!
Barry en Christina

No comments: