31 Desember 2010
Geliefdes,
Die jaar snel nou vinnig na sy einde,daar is so baie ek wou doen en nooit by uitgekom het nie, daar is ook soveel dinge wat ek nie wou doen nie en tog gedoen het,en gedane sake het geen keer!
Dit is met groot dankbaar dat ek en Barry terug kyk op ‘n jaar van uiterstes. Erge koue,sneeu vas gevries, siektes, operasies,angiogramme aan die negatiewe kant maar skaalgewys dra die volgenede die meeste gewig. Ons pragtig kleinseun Lukas wat nou 8mnde oud is en ‘n groot plesier vir sy ouers en grootouers is! Ons is erg trots op die seuntjie!
Ek het nog werk! Daar was baie dae van kommer maar die is oorkom en die hospitaal staan voor ‘n nuwe bedeling en bestuur en ons hoop en bid dat alles wat beloof is tot werklikheid sal kom!
Die liewe Heer het ons ryklik geseën en ons gaan die ou jaar uit gesond, helder van brein met baie nuwe uitdagings voor ons. Ons stokperdtjie met die ganse het ons baie geleer en nou is net Madam oor, sy wag om opgelaai te word,waar sy verder sal moeder wees tot veel meer klein gansies!
2011 Het sy eie geheime en verrassings en ek is dankbaar dat ons nie weet wat vir ons voorlê nie ons kan dan soveel makliker die toekoms tegemoet gaan!
Baie van ons het hartseer beleef, ander groot vreugdes! Maar dit is die lewe!
Leef naby aan jou Skepper ,wees vergewensgesind,wys jou liefde,werk hard ,gaan met vertroue in God die Nuwe Jaar in!
Dit is dan my laaste skrywe vir 2010 dankbaar dat die sneeu gesmelt het en dat dit eintlik heerlike weer is,21 grade warmer as verlede week Dinsdag!
Baie dankie vir almal wat so gereeld in kontak gebly het,vir mooi fotos en kostelike eposse!
Geniet die Nuwe Jaar en hou matigheid voor oë!
Liefde groete
Barry & Christina
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment