14 Mei ‘11
Goeie dag allemaal, familie en vriende!
Sowat van wind en reën het ons lanklaas beleef, Die mense ( veral die ouer mense)sê dat ons in April klaar ons somer gehad het....wat ‘n ellende sal dit wees! Ons sien werklik uit na ‘n heerlike somer, songevulde dae, blou lug en windstil!
Ten spyte van die weer gaan ons maar ons gang want anders sal jy dalk in ellende verval en dit is nie op die voorskrif nie! Gister tussen reënbuie deur gougou na Larry by AbbeyLara se tuin sentrum gery. Hy het tog maar die beste van alles, nie so presies en deftig uitgelê soos die plekke wat ons nou die afgelope weke besoek het nie, maar hy is altyd gewillig om te help en gee ons altyd 10% afslag en dit is nie teversmaai as jy sien waarmee ons gister huistoe gekom het nie.
Elke moontlike pot het iets in, ons idée van blom tuin het nie uitgewerk nie want ons is besig om ‘n aaklikge onkruid uitteroei (Lyk soos ‘n miniatuur denne boompie)met ‘n baie duur onkruiddoder. Dit neem tyd want die voor erf is geteer en die onkruid het sy pad deur die teer gevind en dit lyk soos ‘n anderster soort gras wat daar groei! Dit is nou stuk-stuk dood maar Barry moet dit herhaal tot die wortels ook dood is en as jy die ding uittrek is die wortel omtrent 12” lank. Hopelik sal ons volgende jaar dan die blom beddings kan maak.
My eie saailinge is nou almal uitgeplant en ek is baie trots want hulle lyk net so goed soos dié by Larry.
Ek het 2 tamatie plante wat nou in die voorportaal staan en daar sal hulle bly tot hulle klaar tamaties gedra het, verlede jaar het ons die pot buite gesit en alles was verwoes! So leer ons om tuin in potte temaak in ons kothuisie!
Die groetetuin is ‘n lushof vir die oog! Alles staan kierts regop en gesond! Ek kan byna spinasie pluk! Ek sal netnou wanneer ek klaar met die brief is die rubarber gaan pluk en kook vir poeding en jam! Groot jammerte- die peerbome het ‘n 2de jaar al hul vrugte verloor. Toe ons navraag doen gee hulle die weer die skuld. Verlede jaar het ons te min water gegee, die jaar het ons dwarsdeur die droë April die bome nat gehou. Die appelbome lyk goed! Baie vrugte aan en die sit nog! Daar is ‘n wonderlike drag van appelliefies en die fambroos boompies skiet die hoogte in!
Die hang mandjies lyk pragtig en ons geniet om net te kyk!
Ek het ook heel party orgideë persent gekry van Marthie wat verantwoordelik is vir die binnenshuise plante waar sy werk, en ek vertroetel hulle soos babatjies! Hulle het almal ‘n knak weg van te veel water op die kruin. My ou orgideë wat nou jaar na jaar die pragtigste blomme dra is weer besig om ‘n stingel uittestoot! Die ander twee staan nog in volle blom in die sitkamer!
Die voël lewe het heelwat afgeneem behalwe vir die spreeue wat nou die kinders verwoed moet voed. Daar is 3 eiers in die swaeltjie se nes en die duif is hard besig om die nes warm te hou! Die 2 maak beurte om op die eiers te sit! Ons kan nie sien nie want die heining het in die 6 jaar wat ons hier woon verdubbel in hoogte en hulle het hul nes heel hoog in die heining!
Die landskap is pragtig en ek is seker julle weet teen die tyd dat ek lieries kan raak oor al die groene wat hier te sien is, dit is ongewoon mooi! Die Hawthorns staan vol in blom en ets elke weikamp so defenitief af. Ek wonder altyd hoe dit vanuit die lug lyk!
Onse kleinseun groei soos ‘n jong loot en gee sy ouers en ons veel plesier! Het vanmôre met hulle ge-sSkype en gesien hoe die huis binne lyk. Hulle het verlede week vanuit die ‘apartment ‘ na ‘n huis getrek net om die draai vanwaar hulle gewoon het en dit is pragtig . Lukas geniet die ruimte en die trap kruip, hulle het ‘n veiligheids hek bo wat toegemaak word as hy bo is maar hy kan die trap goed bemeester van onder. Hy sê ‘Mieau’ so mooi as jy vra ‘what does Bella( die kat) say?’, dit laat jou lag! Meer verantwoordelikheid tuingewys met grassny ens maar dit is goeie terapie! Vra vir my ek het 6 nagte aaneen gewerk en het gister vir die eerste keer in 7 dae in die dag geleef! Alles gaan by jou verby en ‘n week in my lewe is weg en al wat ek kan sé is: ek kan nie onthou nie! Gelukkig het die plante en grond my teruggebring na normaal. Anderaand toe ek werk toe ry kon jy byna aan die reënboog raak maar net sodra jy dink jy het dit is dit weg ,elke kleur was so pragtig en het die hele hemelspan oortrek 180°
Dit is Euro sangkompetisie vanaand en Ierland se tweeling wat ons verteenwoordig sing en spring soos akrobate op die verhoog rond asof hulle 10jr oud is met hulle vertoning en liedjie ‘Lipstick! Alles rooi!!!!hulle hare het inbreek gemaak op die jeug en baie van die deelnemers het nou dieselfde haarstyl, lyk of hulle ‘n hengse skok van die elektrisiteit weg het!
Ook is dit my beurt om môre die orgel te bespeel en nadat ek verlede Sondag, as ‘n geheel gemis het, sien ek baie uit na môre . Dit is ook my beste dag van die week, uitgehonger vir sielsvoeding en mooi kerk musiek!
Daar is heel party van my epos vriende wat siek was, en ander wat nog steeds is en ander wie se kinders en hulle-self operasies gehad het , julle word daagliks in gebed aan die Here opgedra! Wag in spanning om te hoor hoe dit met Brandon se hart operasie gegaan het!
Beterskap vir almal.
Aan die wat eksamen skryf en hard studeer Alles van die beste!
Verjaardae is daar geen in my boekie nie en Gerlof as jy kans kry kan jy asb weer vir my jou verjaardag blad deurstuur, ek het alles wat op die ou komper was verloor!
Enige Verjaarsdae wat dus sou plaas vind -Veels Geluk!
Baie dankie aan al die welkome briefies en ook welkom aan Paul wat nou weer terug op die adres lys is!
Ons groet vanuit ‘n nat maar pragtige Cranleymore!
Wees altyd versigtig op die paaie!
Liefde groete
Barry & Christina
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment