Sunday, April 1, 2012

Heerlike lente groete van Cranleymore

31 Maart ‘12

Goeie dag familie en vriende!

Toe beleef ons 6 dae van somer met temperature bo 21° elke dag,byna ongelooflik wonderlik- snags het dit effe kouer geword en een oggend was my kar toegevries maar daardie dag was die temperatuur in die skadu 21°.
Die gras groei teen ‘n spoed ongekend, so ook die vuilgoed. Gedurende winter verander die grasperk byna in ‘n mos bed en jy moet wag vir die reens om tekom voordat jy die mosdoder kan sprei anders verbrand jy die gras en ons het nou vir14dae geen reen gesien nie- hulle begin nou praat dat daar droogte heers, nou nie so erg soos in dele van Engeland nie maar vir Ierland ‘n ongewone verskynsel.
Die tuin sentrums en kwekerye maak goed geld want almal probeer so veel gedoen kry as wat hulle kan in hul tuine . Ons het gehelp om hierdie ekonomie te versterk want die nuwe blom beddings met 20 tons topsoil moet nou beplant word. ‘n Mens besef nie hoe groot die nuwe tuin van ons nou is nie. Nadat ons die tuin sentrum in Abbeylara byna leeg gekoop het van klim plante en alle moontlike vinnig groeiende immer groen plante met mooi blomme , was dit nie genoeg om regtig ‘n verskil te maak nie, ons sal weer ‘n besoek moet bring aan ‘n ander plek want ons het alles gekoop wat aroma ,kleur en groen in die nuwe tuin sal bring. Van die tulpe wat nog nie in blom was nie het ek uit die potte oorgeplant in die nuwe blom bedding en sal seker in volle blom staan volgende week. Daar is nog groot dele wat leeg is en die lang bedding langs die voorste muur van byna 80 vt is daar 20 klim plante in, Clematis, wit, violet blou, pienk en rooi, Jasmyn, blommende ‘Currant’ en teen die voorste rand kon ek met verlede jaar se kappertjie sade darem die helfte besaai ongeveer 300 sade. As die helfte op kom behoort dit goed te lyk maar ek sal nog plantjies insit sodra dit beskik baar is in die tuin sentrums. Dit was ‘n groot werk maar die geld en die moeite werd. Hierdie veranderinge is nou om te hou vir die res van ons lewens hier in Ierland as die Here ons spaar.
Om so in die tuin te werk met grond en plante wat heerlik ruik is so ‘n wonderlike ervaring en terapie ,dit maak op vir al die ander dinge wat stress will veroorsaak in ‘n mens se lewe.
Ons is albei, dank die Vader gesond. Barry kan self nie meer die harde werk doen nie maar die ou-‘n goeie 15 jaar jonger as Barry- werker wat dommer as dom is kan met honderd keer se “ Nee,nee,nee” darem teen die einde van die dag met trots na sy werk kyk voor hy huis toe gaan. Hy wil so graag maar wat hy wil en wat Barry wil stem nie altyd ooreen nie!
Die wêreld is mooi en omdat daar nog geen sterk winde was nie staan die blom kersie bome in wit en pink blomme getooi- so mooi dat jy na jou asem snak!
Die arme groente tuin neem op die oomblik 2de plek in, en groei maar geduldig op sy eie, ons wag vir groente plantjies en sal volgende week die ertjies plant. Die vrugte bome lyk so pragtig met bloeisels wit en pienk hopelik met ‘n paar vrugte later in die jaar.
Vanaand en more vind die heresende party se ‘Ard Fheis’( Aar-desh uitgespreek) plaas –so iets soos ‘n jaar vergadering Fine Gaile- die arme Minister van Omgewing en watookal, kry maar swaar onder die skouerstuk wat hy op sy skouer gehaal het met die ‘Huis betaling’ hulle bly weg van die woord belasting want soos ons Taoiseach aanhoudend sê – hulle het belowe om die mense nie verder te ver-ellendig met belasting verhoging, nie. Hulle hou die die munisipale kantore oop tot 24h00 om mense ‘n kans te gee om tog maar tebetaal want as die betaling nie gemaak word nie wag daar boetes en uiteindelik tronk bewoning vir jou in die toekoms. Ek het iewers ‘n verkeerde ding gedruk en het nou ‘n ekstra skerm binne in ‘n skerm en kan nie daarvan ontslae raak nie. Sodra ek die Enter druk kom die skerm nader. Dus daar sal nou geen verdere paragrawe wees nie.
Om terug tekom na die spul by die vergadering daar is ‘n groot betoging aan die gang buite en humeure het al reeds begin oorloop. 700,000 mense het nou reeds betaal. Ongeveer 1.65000 is veronderstel om te betaal en ongeveer 3000 betoog buite!
Ek is van af Maandag op dag diens- my maag maak ‘n duisend draaie as ek net daaraan dink. My hele roetine is om vér gewerp – en ek sukkel om alles wat vir my belangrik is behoue te laat bly, maar hoop dat daar leiding van Bo sal kom!
Almal verseker my dat nie so erg gaan wees nie en dat dit tog lekker gaan wees baie minder verantwoordlikheid op jou skouers want daar is gewoonlik 2 lyn bestuurders op diens.
MORE IS Sondag , die beste dag in my week. Ons eie predikant is uit die land en sy pa kom preek , en ek kan dan die Psalme en Gesange kies wat my uitstekend pas. Voeding vir ons siele is byna meer belangrik as die voedsel vir ons liggame.
Ons hoop om Finbarr en familie vir ‘n wyle te sien môre middag wanneer ons mekaar ½ pad gaan ontmoet om die grassnyer wat ons nie kan gebruik nie vir hulle te laat oorneem. Daar is nie baie vulstasies langs die hoof weë nie maar op ons N4 is daar wel aan beide kante van die snel weg so ‘n vulstasie met al die geriewe.
Ek het verlede week vergeet van die verjaardae tot my skande maar hoop van harte dat skoonsus Isabel ‘n mooi dag gehad die 28ste! Anette van Br Mendel het ook die 30ste verjaar.
Hierdie week sluit in: 4 April- Devlin, in PMB, Kayla in JHB,( ewe oud verskil met 2 ure) 5 April- Nine Paula , en Gerda in die Kaap. ‘n Goeie jaar jul toegewens!
Sondag: 1 April
Gister het in die war geraak en ek moes my skrywe eers laat rus –Nou net klaar na’ Songs of Praise’ geluister. Ons het ook baie aangename ure saam met Finbarr Amanda en klein Lukas deurgebring . Dit was ‘n goeie begin vir die maand, Sondag en ‘n baie goeie preek en om die kinders te kon sien!
Die ingeneurs wat die hoof weg/snelweg gekonstrukteur het het wel toegelaat vir die enigste 2 vulstasies in die land aan albei kante van die pad maar as jy van wes na oos ry moet jy 5 km verder afdraai om terug te ry as jy iemand ontmoet wat van die ooste af kom. Die ergste is dat die wat dan moet terug ry, 14km vér moet weg ry van Dublin af voor hulle weer ‘n afrit kry om terug te gaan! Daar is 5 bruê oor die pad maar geen op of afrit nie!
Nie baie slim nie maar tipies Iers!
Nou ja die Ard Fheis en die toespraak van die Eerste Minister was soos ‘n platgevalle pannekoek- hy het niks gesê wat ons nie alreeds weet nie en die ‘Huis betaling’ soos pes vermy- regte bangbroek!
Nou ja baie van die buitelandse Eloff’s is reeds in SA ook vriende het die pad ‘huis ‘ toe geneem. My huis is nou in Cranleymore en ek dank die Heer elke dag vir die wonderlike bestendigheid wat nou in ons lewens heers.
Ons dink ook baie spesiaal aan dié wat so siek is Werner – ons bid en hoop dat jy die ellendes sal oorkom en ek wag nog op nuus van Brandon se opersie! Aan almal wat nie gesond is nie- all voorspoed jul toegewens!
Ook dankbaar dat Laurel veilig terug is na haar besoek aan België.
Ek sien hierdie ekstra skerm het my ingehaal. Ignoreer dit maar –ek weet nie hoe om dit uit die raam te kry nie!
Ons groet en hoop dat julle soos altyd versigtig op die paaie sal wees en dat jul veiligheid steeds as prioriteit in jul daaglikse lewe onthou!
Liefde groete
Barry & Christina(vir baie is ek Ouma)Ek het die skerm na die volgende blad gejaag en hoop dit volg nie die brief nie!

No comments: