Sunday, April 15, 2012

LENTE GROETE MET WINTER HITTE

Sondag 15 April’12

Goeie dag allemaal, familie en vriende!
Dit is offisieël lente hier met winter temperature en elke oggend hierdie week was dit vriespunt of minder met opstaan tyd- dit is nou so tussen vyf en ses soggens! Later in die dag bereik dit darem 10 soms 11°, as die wind vanuit die noorde waai waag jy dit nie buite nie al skyn die son- gister middag sak die temperatuur skileik en daar sneeu dit toe vir 10-15 minute! Die son kom te voorskyn en alles is verby en vergete! Eienaarrdige plek waar ons in woon!

Dié is werklik net ‘n nota! Ek werk 4 dae ‘n week. Die dag wat ek in die week af is moet alles gedoen word, huis skoon maak ,wasgoed was, inkopies doen ens,en effe na die tuin omsien as die weer dit toelaat! Ek het tot dus vêr nog nie 2 dae agtermekaar afgehad nie en probeer nog hard om my slaap patroon te verander maar dit wil nie luk nie!.
Was getuie van ‘n wonderwerk die week toe ons Vrydag net na 1nm vanuit Mullingar huis toe ry- die kar moes vir die eerste diens gaan. Op pad stop ons by ‘n vulstasie maar dit is een van die waar jy eers moet betaal en dan ingooi en Barry vervies hom en ons ry weg. As ons nie gestop het nie was ons seker ook dood. 5 km buite Mullingar kom ons op ‘n grusame ongeluk af wat sekondes vroeër gebeur het. Ons was die 3de kar wat gestop het die vrou in die eerste kar was te geskok om uitteklim en die man in die 2de kar het kop gehou en die Garda gebel en toe ek bykom vra hy my om asb na die karre toe te gaan! Hy het die verkeer ens oorgeneem. Die eerste kar het ‘n vrou ingehad wat toe net uitklim , in erge skok en sy vertel my gou wat gebeur het ek vra of sy seergekry het – nee- en ek gaan na die volgende kar totaal opgefrommer- binne vind ek ‘n ma en 3 kinders – Die Here het wonderbaarlik almal se lewens gespaar; Die kinders was op die agter sitplek goed vasgegespe baba,5 mnde, seuntjie van 3 en een van 5jr. Waar sy gesit het is niks net metaal en waar die 3jarige agter gesit het, is net opgefrommelde metaal. Ek het hulle almal uit die kar gehelp en goed deur gekyk en seker gemaak niemand het erg seer gekry nie die baba het so pragtig vir my geglimlag! Die kar wat die ongeluk veroorsaak het se bestuurder was dood!
Genadiglik- volgens my- moes hy ‘n hartaanval gekry het en dadelik gesterf het en toe natuurlik het die kar in enige rigting beweeg –so die eerste aankomende kar -almal ry 100km -gestamp op die agter modderskerm want sy het vinnig uitgeswaai toe sy hom sien kom en toe direk in die kar wat agter haar gery het vas gejaag. Hy moes toe reeds ‘n paar minute dood gewees het want in die ongeluk het hy sy arm verloor maar daar was nie ‘n druppel bloed êrens in die kar nie! Ek het hom toegegooi met sy trui en die Here gedank vir die lewens van die ma en haar 3 kinders, die ander vrou wat niks oorgekom het nie en ons wat eers by die pomp gestop het. Ons het vanmôre oor die nuus gehoor dat hy ‘n inwoner van ons tuis dorp is!.
Ons is later weg nadat die Garda seker gemaak het ons het niks sien gebeur het nie-die paramediese personeel het oorgeneem- maar so iets bly jou by en weereens besef jy wat die Genade van God beteken!
Ons het vandag besoek afgelê aan Mullingar se gemeente wat hulle aller laaste diens in die ou kerk van 200jr gehou het! Die gebou is verkoop want die Gesondheid & Veiligheidsafdeling het verbied dat daar weer dienste in die gebou gehou moet word want dit is te gevaarlik! Dit was aangrypend en histories in gebeurtenis! Daar moes seker 200 of meer mense op een moment in die kerk gewees het vandag en die diens is deur die Moderator van Presbyteriaanse Kerke in Ierland gelei! Die kerk gangers in die gemeente sing baie van die nuwer Lof liedere en dit was baie mooi!.
Die koek en toebroodjies na die tyd was smul lekker!
Volgende Sondag is ons weer terug in ons eie kerkie in Corboy!
Ek hoor nie meer nuus nie – en kan dus geen kommentaar lewer op die doen en late van ons Gowerment nie maar die leier van die Koalisie party het wel in sy toespraak gisteraand genoem dat ons –as ons nie oppas nie vinnig op pad is na ‘n Banana Republiek! Dit is die naweek van Titanic se sinking soveel jare gelede (100jr)en alle programme draai om die tragiese gebeure.
Ons hoop dat al die mense wat SA toe gegaan het veilig terug is in hul huise en gereed is vir die werk wat voorlê!
Met ons gaan dit goed en ons kleinseun is volkome in beheer van sy ouers in Dublin,(op ‘n mooi manier) en bly ‘n lieflike kind met ‘n mooi geaardheid.
My skouer kry swaar met die werk pligte maar ek moet vasbyt en aangaan!
Verjaardae: Amanda in Dublin verjaar Woensdag 18e Veels Geluk! ek het geen ander name in my boekie nie!
Aan almal wat studeer en gereed maak vir eksamens, alles van die beste!
Baie dankie aan almal wat briefies gestuur het –dit word opreg gewaardeer!
Ek sluit my nota af met die ego van kinderstemme in my kop- wat ons sopas na geluister het in die semi-finale ‘Songs of Praise’ laerskool koor kompetisie- hemelse klanke- kinder sang is tog baie spesiaal!
Bly versigtig in jul doen en late!
Ek groet met koue vingers vanuit Cranleymore
Barry en Christina( Ouma vir baie lesers)

No comments: