Sunday, April 28, 2013

Klippe in jou pad..

Goeie dag Liewe Niggie, Woensdag 24 April ek wou sommer net vertel van die dinge wat hier om my aangaan! Barry en die skrynwerkers wat die plafonne in sit en hy met sy perfeksionisme- sluip daar tog foute in en hy raak diep omgekrap daaroor veral as hulle weet hulle het geknoei en maak dit toe met iets -nou wonder ‘n mens of hulle dink hy sal dit nie sien nie! Daar is nie 'n mens hier in Ierland wat nie 'n kans vat nie - veral as dit by die soort van ding kom nie!. Die elektrisiën is ook tussendeur besig - hy kry nie meer werk as eletrisiën nie en doen soggens 'n diploma in webblad en programmering. Ons ken hom as elektrisiën. en nou is hy hier vanaf 4uur tot Barry moeg is en hom dan vertel hy moet nou huis toe! Die ligte in die sit kamer het gekalf -die een lig werk maar die ander een het blykbaar 'n skroef of iets deurgekry of in die gewerkery het daar iewers ‘n draad uit een of ander konneksie-boks gekom en nou is daar geen krag na die drade waaraan die lig gekopper moet word, nie.Dit is nou onherstelbaar vernietig maar die ergste is jy kannie daar inkom nie want dit is 'n plat dak en vol veselglas- vir hitte daar in gestop en die ou huis muur is te hoog en nie een hierdie klomp kan oor die muur kom in die dak nie nou moet 'n boer 'n plan maak- en die Iere is nou nie boere nie en dit gaan regtig broekskeur. John die elektrisiën is self omtrent 6vt lank en Barry is nou nie petitie nie en jy moet omtrent die lyf van ‘n 8jr oud hê om oor die muur te seil deur die veselglas tot by die gat waar die nuwe draad nou vandaan gelei gaan word. Hierdie 2 groot mans probeer toe om so naby as moontlik te kom sonder maskers aan –want hulle weet mos beter en beide van hulle kom proesende , verstikkende uit die dak! Ek dag ek moet CPR op hul albei toepas –so hoes hulle! Kon glad nie eers naby kom nie! en die poging verniet! ‘n Besluit moet nou geneem word – sal ons nou maar net een lig gebruik in die sitkamer en die ander net vir vertoning daar hang, want die plafon kannnie uitgehaal word nie en die dak se teels kan nie gelig word nie. Die probleem is byna onoorkombaar- ek het ‘n idee maar hulle wil nie luister nie! Barry laat John huistoe gaan en verseker hom dat as hy terug is vir die volgende sessie die drade op die regte plekke sal wees. Ek wag in spanning om sien hoe hy dit gaan bewerk. Miskien oorreed hy Frank die skrynwerker wat regtig van klein formaat is om oor die muur te probeer kom ,deur die veselglas te kruip tot by die nuwe draad, later in die dag as hulle klaar is met die TV kamer. Sal maar moet wag en kyk! 2 Dae later Gister net na middag-ete is dit tyd vir die ekspedisie die dak in. Om nie totaal aan die stof en ander dinge daarbo , omtekom nie haal Barry liefs sy tande uit want as jy daar-bo begin hoes en proes en sukkel om asem te haal is ‘n stel bo tande wat maklik kan uitvlieg nie die aangewese aanhangsel in jou mond nie. Gewapen met ‘n stof masker is hy boontoe – onthou nou net Barry is byna 77jr oud en nie meer vandag se kind nie – hy weet egter presies wat gedoen moet word en hoe dit gedoen moet word, hy is ook boon-op ‘n perfeksionis, Jy hoor net doef doef soos hy oor die balke in die dak klim. ‘n gehammer uit ‘n ander wereld en skielik hoor jy ‘n gil –ek dag hy het seergekry- Frank die skrynwerker,ook met sy stof masker aan , is die dak in. Die probleem was dat die gaping wat BArry gehamer het-en hy kan dit nie groter maak nie- te klein was en Barry kon sy skouers nie deur die opening kry nie! Frank is kleiner en meer manipuleerbaar. Daar is twee ligte in die sitkamer een met krag en die een sonder krag. Nou sal dit so werk dat die lig wat wel krag het moet gekonneteer word met die lig sonder krag-hierdie konneksie draad moet bo die plafon loop want dit kan nie soos ‘n tuislang buite hang nie- ons is verby daardie tyd en era!. Noel moes toe die draad van onderaf op stoot sodat Frank dit in die hande kan kry en dan met die punt deurkruip na die ander gat waar die 2de lig is- aangedui met ‘n stuk riet en die draad moet dan deur daardie lig, waarvan die gat reeds geboor is, gedruk word. Jy hoor net hoe hoes die 2 daarbo en ek is maar bly Barry is sonder sy tande want as hy die nou daarbo verloor spel dit onheil. Soos dit is het Frank sy foon daarbo verloor en moes terug in die veselglas om die klein instrumentjie te soek wat dringend lui om sy ligging weggetegee.. Uit einedelik is albei uit die dak en die draad is deur! Wat ‘n wonderwerk! Die twee van hulle staan buite en hoes en skep groot teue skoon lug om net weer normaal te kan asemhaal. Barry kon gladnie daarbo met die masker asem kry nie en die masker sommer daar gelos vir die volgende ou! Uit eindelik bedaar hulle en na baie vloestof en iets te suie is hulle weer piekfyn en terug aan die werk. Minute later lui my sel foon- dit is John – hy kom nie want iets het voorgeval en hy sal dit nie kan maak nie- al die ellende en nou kom hy nie eers nie- Gelukkig beteken dit dat hulle dit nie vandag hoef te doen nie- dit is reeds in plek! Intussen loop die gemoedere maar hoog want die twee manne begin nou moedeloos raak en hul vertbeelding begin duidelik daaronder ly- Barry neem dus oor en hulle doen nou wat hy sê!. “ it is my way or no way” Hoor ek hom herhaal elke nou en dan! Nou lê die afrondings werk voor en dit moet reg gedoen word anders maak dit afbreek aan die ander houtwerk. Moeilik so saam met die 2 Iere en die een ‘BOER’. Vanoggend word die hele plek uitgevee en ek dank die sterre dat ek geen matte iewers het nie en dat ek uiteindelik net teels sal hoef te was en droog te kry. Eers goed stofsuig en dan die groot was! John is hier en al die elektriese lospunte word aangepak – die skakelaar vir die verwarmer in die badkamer wat buite aan ‘n draad hang, want daar mag geen kontak punt natuurlik in ‘n badkamer wees nie- die ligte in die TV kamer wat nuwe drade en omhulsel moet kry en dan uiteindelik die 2de lig wat gekoppel moet word aan lig nommer een!. Intussen was die berekening vir die lysies veels te kort en sal ons more meer moet gaan koop. Intussen het ons die verf gaan koop en nadat ons weke na die boek gestaar het en aantekeninge gemaak het besluit ons op ‘n ander kleur in die winkel- want die was beskikbaar in 20 liter houers wat dinge soveel makliker maak! Die kleur is nie soveel verskillend van die 3 oorspronklike kleure wat ons uiteindelik gekies het nie maar nou word alles een kleur en basta met ander kleure!. Barry het ook aan ‘n draad geruk wat hy gedink het is asboluut en intussen was dit ‘n draad wat belangrik was vir die telefoon konneksies in die dak! Ek het my eie stelsel in die komputer kamer en kombuis uitgewerk maar die dinge bo in die dak weet ek min van. Toe ek hulle in kennis stel vertel hulle my as die fout aan my kant is betaal ek vir die herstel maar anders sal die ingineur of vandag of Maandag kom. Nou, om sonder my kompiter vir 4 dae te wees is soos tronkstraf- en ek is in sak en as! Terwyl ons die verf koop lui my foon –dit is die telefoon herstel man(inggineur) hy is in die omgewing en sal binne ½ uur by die huis wees. Vinnig word die verf op ‘n trollie gelaai en deur die bedieningspunt gedruk –gelukkig ry ons met ‘n ‘BY-Pass ‘ verby die dorp en is ons net na hom, die telefoonman, daar. ‘n Vriendelike gemoedelike man wat saam koffie drink en my konneksies so bekyk en se, as dit werk is dit goed- hy herstel toe die probleem –een of ander draad was uit- die het hy toe weer geduldig terug gesit ook in die dak en Whalla- ek is weer gekonnekteer ! groot was my vreugde! Intussen – met die dat ek nie gister by my internet bank kon in kom nie het ek die foon gebruik en wat ek ook al gedoen het- , het veroorsaak dat ek myself totaal afgesny het en finaal gediskonnekteer het van internet bank. Vanmôre toe ek nou, nadat ek weer op die lug gekom het – wou terug gaan internet bank toe – is dit ‘n hopelose saak, na 15 keer se probeer slae gee ek moed op en skakel hulle ‘ You are not connected to Internet Banking at present’ vertel Charlie die bankman vir my en met baie vrae en antwoorde en nuwe sekuriteits nommers ens is ek toe weer uiteindelik terug op Internet bank- ag mens ek begin nou half ongemaklik raak met alles wat so verkeerd gaan. Wens die naweek wil nou kom- as ons die week se vergoedingpakette uitbetaal het sal ons omtrent arm wees- glo my!

No comments: