Saturday, June 29, 2013

Groete vanuit reën en wind

29 Junie’13 Goeie dag allemaal, familie en vriende! Ten spyte van temperatuur van 16° is dit koud en onplesierig hier – dit reen en die wind waai!Die tennis op Wmbledon is aan die gang en die Ierse Golf toernooi word ook in die reen afgehandel. Die sal net ‘n kort nota wees want tyd is teen my! Eerstens wil ek net aan Hessie en die kinders ons beterskap wense stuur en bid en glo dat Attie deur hierdie geweldige trauma sal kom en ek waardeer Haya se korrespondensie geweldig! Lees ook in Gerlof se brief dat Gerhard se oog probleme toe nie die ergste was nie en dat hy die retina behou het!Ons dank die Vader vir elke seëning! Ons is gesond en het geen klagtes nie- Ek het 7 weke oor voor ek offisieel ophou werk – hulle wil nie onderneem om my op ‘bank’ personeel te sit nie maar ek word ten spyte van 20% werksure wat gesny is, steeds geroep om eksta ure te werk- dus weet ek regtig nie hoe die toekoms gaan uitwerk nie- want as ek werk kan ek nie pensioen kry nie! Op die finansieële front net ellende en bandjies wat opgeneem was gedurende die krisis het nou die lig gesien en die hele wereld weet nou hoe korrupt die bankiere was ! Dit gaan beroerd by die hospitaal en Cecelia ,ek weet wat se opoffering dit vir jou moes wees om ten spyte van die feit dat jy nie meer daar werk nie uitgehelp het Dinsdagnag met die heup x-strale, die Here sal jou ryklik seen! Ons leef en werk in onsekerheid, of die volgende betaling van salaris in die bank gaan wees of nie! Deur die ellendes heen is ons hemelse Vader steeds goed en sien Hy na ons om! Ons wag op ons 2 nuwe katjies van Annarie wat hopelik in die volgend 7-10 dae hier by ons gaan aansluit- die wilde katte sal moet terug staan vir die ‘kinders’ wat dan al die aandag gaan kry! Spottie en Patches !het gisteraand na die jakkalsies gekyk – hulle blink! Nou net met die klein kinders ge’SKYPE’ Lukas is ‘n pragtige kind en Eli groei by die uur! Glimlag en gurgle te pragtig! Die tuin gaan rustig sy gang – ons het nie mandjies opgesit die jaar nie- Barry het nie lus gehad nie- ek mis die blomme maar die tuin self lyk tog pragtig! Dit is die kerk se braai-vleis vanaand maar omdat ek werk sal ons die jaar afwesig wees- julle moet die samesyn geniet! Baie dankie vir al die briefies- dit is so lekker om van julle te hoor! Verjaardae: Leopold soos reeds genoem verjaar More en ons tydjie van ewe oud is sal verby wees! 5de is Haya en 6de Hester se verjaardae! Mag daar ryke seën op jul wag!Joy in Brisbane verjaar ook die 5de! Veels geluk! Mag die wat siek is die helende hand van die Vader oor hulle ervaar! Dankbaar dat Nine veilig terug is in SA. Wees tog altyd versigtig tuis en op pad! Groete vanuit Cranleymore Barry & Christina

Saturday, June 22, 2013

Confused greetings

22 June ’13 Saturday Good day to all, far and near, family and friends, We do find ourselves in a type of summer, Rain, wind, sunshine & the rest. This could happen all in one day-fortunately it is not cold-you have to keep a warm thing always nearby but many a time you just have it as security. Temperatures mostly in the high teens and at times low 20s nothing to moan about! The natural growth that was stunt for so long seems to be more lush than many a year, absolutely wonderful, the May flowers have seen the best of their beauty and now it is just green in every shade thinkable. Our own garden is in a state of growth and ever so interesting, I counted 10 bunches of grapes on our grape vine, the 2 tomato plants have been planted out and loves being outside, we hope the fruit will be as good as the growth! The peas stand a good height, the carrots looks good and the potatoes are flowering. We can provide spring onions to the whole of Ireland. The animals who visit, consists of 2 black cats, brother/sister, 100’s of birdies, hedgehog, rabbits, foxes and a lost pheasant wandered by! The roses looks good but I will not prune them for the next 20 years! Never mind what who says, they will never cover the wall if i keep on pruning them to the bone. Hopefully we will get the baskets up in the coming week. The G8 Summit over, without any major incidents and the outcome like with everything else –poor! This small island of ours carry more in financial burden than is thinkable, hundred thousands of people cannot meet their obligations re payment for mortgages and business are folding daily- ,we have certainly not reach the bottom yet, in spite of talk of recovery. The health service has lost the health and there is little service left- ambulances are now dispatched from a central point in Dublin for the entire country with medical emergencies not being attended to, as the dispatchers get the counties wrong, in short we are living beyond the criteria for a 3rd world country-serious ill patients are left in a critical state- the hospitals overcrowded in emergency departments and every-body had hours and pay cuts! How we are going to get out of the mess is difficult to imagine. At our own facility we are picking the fruit of bad management and accounts not being met – our wages were late again and is causing tremendous stress. I am now very thankful that there is only 2 months left for me- everyday you fear that you will arrive in front of a locked door! Birthdays: Joleen and Karen 28th, and Leopold 30th, May it be very good year for all of you! Tomorrow is the best day of my week- I will be sitting in the pew and enjoy bringing glory to God by praise and song! Eager for the soul- food, a very important ingredient of the Fellowship ! There are those that are still touring Europe and hope Nine and Kanne are enjoying their tour! Lovely to have Cilna here for a couple of weeks and welcome back Rachelle! Those with grand children –enjoy them they are precious and wonderful gifts from God! Please take care of your own safety and be careful on the roads. Thank you to all who so wonderfully regular answer my emails Joy in Brisbane, Sue in Canada, Isabel in Roodepoort and Karen in Florida Park, just a few I remember off hand, the Simpsons! thank you, Rehta in Vryheid, the newsletter from Dr Tertius Venter, thank you,Isabel, for the 5 issues of ‘LEEF’- wonderful! Warm, windy and wet regards from us in Cranleymore! Barry & Christina

Saturday, June 15, 2013

Gebroke sonskyn groete

Saterdag 15 Junie Goeie dag aan almal, familie en vriende, Ons somer het darem hierdie keer 8 dae gehou en dit was verruklik! Ons is sedert die wonderlike ervaring terug in minder plesierige weersomstandighede van reen ,wind, en koue!Die son kom wel deur so elke nou en dan. Vaoggend het my temperatuur meter in die kar 8 gewys-½ uur later, tuis, het dit al darem gestyg tot 10°. Ook net terug, byna deurdrenk na ‘n kort toer deur die landgoed! In die verste hoek het ons rose geplant, jare gelede, omdat hulle nêrens wou groei nie en ek het sopas my eerste rose gepluk vir die jaar uit dié hoek en hulle ruik heerlik! Al die vrugtebome leun sterk na die ooste want die wind van die Atlantiese oseaan buig hul stamme so met die tyd! Die pit beteelde appel bome moet nou uitgeplant word terwyl hulle nog jonk is en kans het om goed wortel te skiet voor die winter kom! Ons sal op die ou end ‘n hele appel boord hê van pitte gala, rooi en pink Lady, alles deurmekaar. Die nuwe styl tuin begin nou mooi lyk redelik baie blomme aan struike en veel kleurige blare tussen in maak ‘n goeie kleurskema. Lupines in volle blom en verlede jaar se plante het al groot bosse geword vol blomme, swaarleleis groei mooi en die nuwe pronk-ertjies rank pragtig teen die trellis op. Die wortels staan mooi ,aartappels groei so vinnig, spring uitjies by die honderde en die rubarber wil gepluk word maar ek kry nie kans nie. Ons diere lewe is nou defenetief 2 wilde klein katte een met ‘n stert en die eerstekat Jet wat na sy ongeluk sy stert verloor het. Die krimpvarkie doen sy rondte en die jakalsies lyk soos altyd goed. Barry het 2 neste in die onderveld ontdek en sonder nag kamera weet ons ongelukkig nie wie daarin woon nie. Die gras staan skouer hoog en ons het ‘n pragtige wandel pad om die veld en deur die middel daarvan. Die kat word erg deur die voëls dopgehou en dit is wonderlik hoe waarskuwing roepe almal op wag het binne sekondes-die groter voëls jaag hom weg maar hy is baie oulik en hardloophoog in die dennebome van tak tot tak tot hul groot konsternasie! Ons het ook 2 hasies nog baie klein maar alte pragtig! Baie klein voëwat gevoer moet word en die swaeltjie sit op 5 eiertjies. By die werk gaan dit beroerd. Die man wat die hospitaal 2&1/2 jaar gelede gekoop het sit in groot finansieële knyp, mense betaal nie- alles is maande agter en die bank het ooreengekom om die personeel se salarisse te betaal as dit met 20% afgeskaal word dus werk ons nou 60 ure in 2 weke instede van 75! Ons hoop en bid maar dat ons nie eendag voor ‘n toe deur land nie! Vanoogend teen 4vm sien ek uit die hoek van my oor iets teen die muur in die verband kamer maar kyk nie dadelik op nie maar toe ek uiteindelik opkyk sien ek die grootste mot – ‘n monster mot met ‘n kop wat soos ‘n draak lyk sy vlerk span soos hy daar teen die mmur sit was omtrent 8cm ek het foto geneem met my foon maar kon ongelukkig nie zoom nie , nuwe foon, en het nie geweet waar wat sit, vir wat nie. Een van die mans pasiente het gehelp om die eienaadige ding na buite te help. Almal wou gil maar ek het rustig die ding beskou en hy is veilig,leef nog, hopelik! In ‘n klein eiland waar water die grootste oppervlate beslaan verdink hier meer mense as iewers anders op aarde,7 mense in 5 dae -3 broers wie se vissersboot omgeslaan het en 2, 18jariges wat in ‘n rivier geswem het, op 2 verskillende plekke in Cork, nog ‘n jongman wat in ‘n quarrie gat geswem het ,het in die moeilikheid geraak het en sy oom spring in om te help en verdrink ook! Die veel besproke Regulasie oor Aborsie het die lig gesien en ons sal maar sien waar dit die medisie heen lei! Die G8 Summit word net ‘n 100 km van ons af gehou en die hele affêre kry groot publisiteit veral die sekuriteits aspek van wereld leiers wat beskerm moet word. Wêreld gebeure en oorloë gaan steeds voort- ons leef in ‘n tyd waar daar min vrede om aarde heers. Iran se stemming net verby! More is die bese dag van my week en dit is my beurt om voor die orgel te wees! Ons siels voeding word ook voorsien en ek is honger om te hoor wat die Woord vir ons sal bring. Aan almal wat eksamens skryf en die wat reeds tuis is met vakansie- hoop die resultate sal verblydend wees. Verjaardae More 16e Retha in Vryheid, Isabelle Cooper 19e,(?3jr oud) en Sue Parsons in Kanada 20 ste! Geseënde jaar jul toegebid! Ons is besoek aan Dublin moes ongelukkig afgestel word want ek werk môre Aand en sal seker een of ander tyd plaasvind! Aan almal wat op reis is ,geniet dit ,aan die wat met kleinkinders kuier, hoop van harte dat julle elke oomblik geniet. Gerlof wat oor net meer as ‘n maand in SA land –wonderlike opgewondenheid! Die wat terug is SA ,sou graag wou weet hoe die besoek afgeloop het Rachelle! Die lug ,donker blou verryk met sonskyn deur ‘n gleufie, maak dit darem draagbaar. Ons groet en hoop en bid dat julle altyd veiligheid as ernstig beskou en veilig sal ry ! Barry en Christina vanuit gebroke sonskyn Cranleymore!

Sunday, June 9, 2013

Sun Shine, Sun shine!

9 June Sunday Good day to you all, far and near, family and friends! There are few words in any language that can describe the bliss of the brilliant weather we are experiencing since last Monday- also the first time in many years that the good weather lasted for longer than 5 days at a time and we are already in day seven! It lifts the dark mood of a long tiresome continuous cold and miserable winter filled with financial troubles. The sun, the bright and beautiful blue expanse pulls you into a thankful realm, seldom experienced by the people from this island. Unnecessary to say that temperatures of 22-25° caused severe sun burn to the Celtic race who suffers a lack of melanin We from Africa just turn berry brown without even trying, a day in the garden has changed Barry into a native of Africa without a problem. I unfortunately slept through most of the good weather but snatched a little here and there. The garden looks good. Tulips have been removed, the gladioli are up and we planted pirinial sweet peas this year in the hope that we do not have to keep on replacing them. Our idea of changing the kind of garden we used to have to shrubs and bushes is taking shape and looks good! The vegetable garden has now got carrots and peas added to the potatoes and onions. The slugs have been curbed by the alcohol feed but it is a sham-the tin marked to have 340ml is only half-full. The rhubarb stands lush and high-ready for picking! The bottom field centre stand waist high with all the grasses and veld flowers you can think of- very beautiful-we did notice a great lack of insects and bees, only a few butterflies around! The surroundings and in fact every- where you cast your eyes the May flower 6 weeks late filled every hedge, it is beautiful and the sharp yellow of the fir bushes makes the countryside a feast for the eye. We will in the next 3-4 weeks be the proud parents of two little kittens, from a church home to a church home- so these are Presbyterian kittens- we do miss company that is our own-the wild animals are lovely but we cannot stroke them or show then affection and I think that is what we need-to show our affection to another living creature in our house. The birds are all feeding their young and the swallows are sitting on 5 eggs! The cats continues to confuse us-= then 2 then one then three! The rest are very busy with growing up! We had a very anxious 24 hours behind us at work as our wages were not in the bank on Friday morning- emotions were running high and the union were contacted and a plan of action put in place if the wages were still not in at 8am on Monday, Thankful were we al,l when the first notice came through-all is well the money is there. Some people have nothing in reserve and can only survive from week to week. The last 2 weekends there were only 1 or 2 patients in the ward and one day out of the weekend the place was closed. I was supposed to work tonight –but I am home! Lovely! Our most gorgeous grandsons are as always our joy and pride! Baby Eli is gaining weight and is blossoming while his older brother is now a real young boy, up to every- thing on earth. All well and God willing we will visit them again next weekend, in the mean time we do receive photos regularly to pacify our longing for the children! Today, the best day of my week filled with praise and learning was today enriched by a minister who are now doing missionary work in Mongolia and he explained the enormous task to plant a Christian-dome in this far off country. On the political front-we are preparing with the County of Fermanagh for the GU summit later the summer, the voting in Parliament re the law on abortion will take place and the repercussions, that the outcome of that vote, will have on so many. Death on the roads because of speed which the young people think makes them ‘cool’ causes a lot of heartache. We, like the UK get news of Madiba’s hospitalization as main headlines in News papers and news Bulletins. If he dies, Apartheid will be blamed- but if it was not for Apartheid in a certain way, he might never have reach this wonderful age of over 90, but that is not to mentioned. We think of all those who are writing exams- enjoy and do well! The tour descriptions received from Gerlof was wonderful I could just as well have been a passenger with them, thank you so much! We hope that Nine and Kanne will not be exposed to any flooding! We think of those who are very ill, Hennie stays in our prayers –so Martie who is at his side. Thankful for the positive report from Brandon’s overseers. Any-one who are not feeling well-sincerely hope that you will feel better soon! We also pray for Dr Tertius Venter, their work and for relief of their financial predicament. Any-one who would like to receive his News letter which is so very touching, just let me know! We also hope that Georg’s preparation for his 80° change in temperature will be a wonderful experience and that his preparation will proceed uneventful! Yakutz the coldest place on earth! Every letter or note is welcome and appreciated! Birthdays: Elaine Kruger 12th, Anneke (Haya) 14th, my dear cousin Retha 16th- we pray that you will have a blessed day and a year filled with blessings. Any-one else reading this letter and are not mentioned! Happy Birthday as well! This then my contribution to your mail box filled with sunshine, blue skies and happiness! Take care of your security at all times Barry and Christina

Saturday, June 1, 2013

Herstelde groete

Saterdag 1 Junie’13 Goeie dag allemaal, familie en vriende! Na drie wonderlike dae gevul met warm sonskyn,blou lug en net ‘n briesie om jou koel te hou in temperature van 19-22,is vandag‘n geweldige kontras, dik,donker en grys bolle wolke wat oormekaar tuimel en hier-en-daar ‘n blerts uitgooi, die wind is geniepsig en ons het ons oggend koffie buite gedrink maar besluit dit is te onplesierig om buite te bly aangesien daar geen son is nie! Die gesang van die voëltjies is pragtig as jy so buite sit in die stilte van die natuur,die gekoer van die duiwe en die pragtige sang van die‘blackbird’(swart voël klink darem nie reg nie) stem jou gemoed so rustig! Die lawaai van die groot pad is effe stiller vandag want dit is lang naweek hier by ons,ek dink dit is byna so iets soos die verwelkoming van hitte wat toe effens platgeval het!iewers het iemand voorspel dat ons warmer weer gaan ervaar in Junie en ons hoop en bid dat wel sal gebeur!Ek het selfs my somer klere uitgehaal en besluit dat positiewe denke dalk die ding sal doen! Ons was reeds vroeg op, vanmôre, want Frank die verwer kon nie Maandag en Dinsdag kom werk nie want die hemele het heeldag sy oorvloedige waters op ons uitgestort. Dit is ook dié Saterdag wanneer Barry se hare,die bietjie wat ooris,gesny moet word en om alles en ontbyt klaar gedoen te hê voor 9 vm wil gedoen wees! En siedaar- toe is ons reeds 8uur gereed! Ek sal maar elke onderwerp afsonderlik bespreek want anders val ek heen en terug. HUIS: Ons huis, en ek kan kan dit met groot trots O N S huis noem want verlede Maandag het ons die huis afbetaal en ons wag nou op die ‘Title Deeds’ As ek regte naam onthou noem ek dit wel noem-Ons kan dit noem in groot dankbaarehid vir die genade en seëninge wat die Vader oor ons beskik het. Ook is ons besig met die laaste laag verf buite- wat ook in ‘n fiasko uitgeloop het en ons‘n duur les geleer het, Koop altyd jou verf ,veral as jy meer nodig het van dieselfe handelaar- halfpad deur die verf verklaar Frank dat ons nie genoeg verf het nie want die ‘pebble dash’ was vreeslik dig voor op die huis is neem baie verf- en Barry sal moet verdere aankope doen. Ons het die verf teen baie goeie afslag gekry maar met die dat ek slaap in die dag en Barry nie durf om dorp toe te ry nie moes ons by die plaaslike hardeware winkel die verf gaan koop – hulle het nie die kleur in voorraad nie maar belowe ons dat hulle met die komputer aanwysings 100% dit sal laat ooreenkom- Helaas is die kleur toe ‘n skadu donkerder en nou is een helfte van die huis lig en die ander donker- hahaha- niks werk ooit reg uit by die Dunne’s nie maar ons laat toe nog verf meng en nou word die hele huis ‘n skadu donkerder! Ons het verlede jaar verf op die dak gesit wat afgeskilfer het en nou moet die dak nog geskraap en weer oorgeverf word- wat ‘n ellende!Maar..... ons plekkie lyk nou mooi- goed versorgd, nuut geverf en om alles dan aftesluit kry die tuin ook ‘n beurt! Die TUIN! Barry het iets vir my gedoen wat ek jare al voor vra en dit is om die gras tussen die rose te verwyder en ‘n ordentlikke bedding te maak- met my flenter knieë kan ek nie meer 8 ure op die grond rondkruip om die gras 2x ‘n jaar tussen die rose wegteknip nie- dit is ‘n ontsettende harde werk en baie tydsaam. Gelukkig het my ou man besef dat sy vrou nou nie meer die dinge van ‘n jong meisie kan doen nie en gister is die bedding toe in wording en dit lyk so goed , al die gras wat hy sorgvuldig uitgegrawe het is onderveld toe geneem en teen die heining gepak om verder te groei. Die jakkalsies het die heining op verskeie plekke gelig om intekan kom en nou is die pas toe! Hulle hardloop nou deur Jimmy se veld om intekom! Ons het ook verskeie meerjarige plante/struike vanoggend gekoop by die Protestante Laerskool in Rathowen,enige kind kan soheen toe gaan maar daar word nie ure aan Katolieke onderrig afgegee nie- waar een van ons kerk mense sy plante van sy kweek huis ter fondse van die skool dan verkoop en ons dit koop- want die eenjarige blommetjies lyk wel mooi in die somer maar as hulle dood gaan is dit weer nuwes koop die volgende jaar en word op die ou end‘n dure spul. Die rose wat ek met mening teruggesnoei het kom darem nou mooi uit maar ek sal nie weer so drasties snoei nie!. Die jasmyn het gevrek van die koue en net die ‘honey-suckle’ het bly leef in die elle lange winter! Die Clematis het weer uitgeloop en hoop om teen Aug in volle blom te wees! Ons 20 Lupines het erg deurgeloop onder die huislose slakke en ons het die bier uitgesit en 100e het verdrink maar nog steeds is daar duidsende oor! Die groentetuin lyk goed vol uie en aartappels die wortels is opgevreet en die spinasie kom mooi aan! Al my nuwe lemoen boompies het gevrek in die koue maar ek het darem 5 ander oor. Altesaam het ek nou 15 appelbome wat groei van pitjies- dus ‘n goeie mengelmoes van soorte. Die druiwestok is my trots! Ek hoop ons kry ‘n paar trossies die jaar! Die ander pitte wat ek gedink is druiwe – is toe aldie tyd appels! WERK: Ek is besig om my verknogtheid aan die hospitaal- wat byna‘n versekeringspolis vir my geword het, afteskaal Ek is nie verseker van ure na Augustus nie en kan dus nie ‘n kans vat en nie aansoek doen vir my pesioen nie! Ek het ‘n hele môre by die inligtings kantore deurgebring om op hoogte van sake te kom en dit sal my van beter waarde wees as ek die ‘stamps’ wat ek tekort is inbetaal en dan 20 Augustus uit die tuig stap! Dit sal ‘n geweldige aanpassing wees maar ek het reeds ‘n plan om my mee besig te hou- ek gaan bietjie op my eie studeer en hoop om deurmiddel van my neef Adelbert, on- offisieel my self te kwalifiseer as Pastorale berader. Die esel is uitgehaal en die verf werk sal dan in erns begin! My tuin sal natuurlik ekstra aandag kry en my 2 kleinkinders sal dan by Ouma kan kom kuier en hul ouers ‘n breekkans gee! Intussen werk ek 4 nagte ‘n week want ek is die enigste een wat gewillig is om op kort kennisgewing intespring en te help. Ek weet nie wie gaan die komputer werk behartig as ek weg is nie want vir die afgelope 18 mnde was ek die sekretaresse en het al die tikwerk vir die saal gedoen en al die kreditasie dokumentasie gehanteer – hulle sal maar sien en kom klaar of vir my ‘n gewaarborgde jaar toestaan wat ek nie dink sal bebeur nie! Politiek: Ek was so besig dat dinge rustig by my verby geseil het- hulle het vreeslik geveg oor die aborsie wet of regulasie want die Kat. Kerk het gedreig dat hulle die lede wat daarvoor stem gaan nie ind ie kerk toelaat om ‘MASS’te gebruik nie en die stemmery wat veronderstel is om in geheim gehou te word- sal skeker voorblad nuus wees. Intussen maak die ‘Drug Lords’ en hul verkopers mekaar sonder ‘n sweempie van skuld dood of met ‘n mes of skiet hulle in die kop en die hart en maak seker hulle staan nie weer op nie, lewe het geen waarde nie! ‘n Spul jong mense wat hulle vergryp het aan tuisgemaak kannabis het in die hospitaal beland en sommige is nog op ‘n ventilator! Daar was glo gif bygevoeg –iewers in die proses! Daar was ook ‘n verdoemende verslag oor Prime Time’ aangaande die brutale gedrag van die creche werkers- dit was werklik baie erg en na die program was die ouers van die reeks creches woedend en die polise moes orde hou! Inspeksie word gedoen maar hulle kry 6weke kennis dus is almal op hulle ‘best behaviour’ en alles word goed gekeur- derduisende euros word jaarliks aan die creches gegee vir onderhoud, waar dit heen gaan weet nugter maar ek is bly dat ons weet wie na Lukas kyk en seker in die toekoms ook na Eli. Die gelde wat ons skuld aan die Monotêre Fonds word elke keer verder uitgerek en eers sou ons kleinkinders nog aan die skuld betaal maar nou sal dit uitgerek word tot die 4de geslag! Dit is 1nm en Frank moet eet-dus word daar eers halt geroep! SONDAG: Die beste dag van die week vir my! Ek sit in die bank môre en sal my lof aan ons Hemelse Vader bring met gesang! Ons sal ook sielsvoeding ontvang wat ons baie bevooregt maak! DIERE: Ons baba kat kom en gaan maar hy word groter en ouliker , net toe ons dink hy is seker ook dood daag hy weer op intussen het ‘n regte wilde kat opgedaag met geen stert nie en ander soort gesiggie en ore- defenetief nie familie van baba-Jet nie! Die jakkalsies het seker ook kleintjies want hulle kan nie vinnig genoeg die kos wegdra nie! Ons het baie voël families wat die jong voëltjies voer, die kleintjies piep en bewe hulle vlerkies vinnig heen en weer en dan voer die mamma hulle, te pragtig!Hulle eet ook self maar as dit moontlik is, word hulle gevoer!Die krimpvarkie het uit sy winterslaap wakker geword en ons het vir die eerste keer in byna 6 mande sy blertsie op die gras opgewerk! Verjaardae! Ons onthou My Ma se verjaardag 5 Junie en ek sou so graag vir haar wou vertel van my huisie en die kleinkinders! Daar is geen ander name in my boekie nie en as ek iemand nie opgeskryf het nie – hoop dat die jaar wat voorlê uitstekend gaan wees! Die wat op reis is, Gerlof Sandra, Nine en Kanne , geniet elke oomblik, Esther wat ook Holland toe gaan om by Nicola te gaan kuier mag jy die besoek baie geniet! Ander kinders wat vanaf Australië wat Kanada toe gaan om by daardie oUma en Oupa te gaan kuier-geniet dit – daardie kleinkind is kosbaar! Christiaan wat by sy pa en ma kuier – geniet dit! Gepraat van kleinkinders- onse Eli groei pragtig, hy is môre 3 weke oud en rees wys! en sy boetie is erg trots op hom! Ons beplan om gou weer die pad Dublin toe te vat om te gaan kyk hoe dinge daar gaan! Ek werk die volge 3 naweke dus ‘n goeie maand voor dit gaan gebeur- miskien kry hulle ‘n kans om hier te kom kuier! Aan almal wat eksamen skryf –net die beste julle toegewens! Dit bring my aan die einde van my nuus . Baie dankie aan almal wat fotos gestuur het die wonderlike nuusbrief van Dr Tertius Venter, en al die briefies wat verslind word!Isabel se reis verhaal en ook die van Nine in Holland!Sue ,Joy& Arnolda, baie dankie. Ons dink baie spesiaal aan Hennie Redelinhuys, wat baie siek is en ons bid vir krag vir Martie wat dapper die stryd verwerk!Ons dink ook aan Cilna wat nou na haar pa omsien –Hy is reeds in sy 90tigs en nou in konstante sorg. Ons bid jou krag toe! Ons dink ook Brandon en sy Ma Nanette , mag die tydjie van rehabilatasie ‘n sukses wees en Nanette dat jy ook beter sal voel! Die son het intussen met mening deur ‘n paar dik wolke sy weg aarde toegevind en dit voel aansienlik beter buite,duur gewoonlik nie lank nie! Ek groet met die hoop dat julle almal altyd baie versigtig op die paaie is en tuis veiligheid ‘n pre-oriteit maak! Herstelde groete vanuit Cranleymore waar daar momente van sonnige weer ons begroet! Barry & Christina NS. ...en toe maak die hemele oop en alles kom tot ‘n stilstand! Alles is sopnat!