Saturday, June 15, 2013
Gebroke sonskyn groete
Saterdag 15 Junie
Goeie dag aan almal, familie en vriende,
Ons somer het darem hierdie keer 8 dae gehou en dit was verruklik! Ons is sedert die wonderlike ervaring terug in minder plesierige weersomstandighede van reen ,wind, en koue!Die son kom wel deur so elke nou en dan. Vaoggend het my temperatuur meter in die kar 8 gewys-½ uur later, tuis, het dit al darem gestyg tot 10°.
Ook net terug, byna deurdrenk na ‘n kort toer deur die landgoed! In die verste hoek het ons rose geplant, jare gelede, omdat hulle nêrens wou groei nie en ek het sopas my eerste rose gepluk vir die jaar uit dié hoek en hulle ruik heerlik!
Al die vrugtebome leun sterk na die ooste want die wind van die Atlantiese oseaan buig hul stamme so met die tyd! Die pit beteelde appel bome moet nou uitgeplant word terwyl hulle nog jonk is en kans het om goed wortel te skiet voor die winter kom! Ons sal op die ou end ‘n hele appel boord hê van pitte gala, rooi en pink Lady, alles deurmekaar.
Die nuwe styl tuin begin nou mooi lyk redelik baie blomme aan struike en veel kleurige blare tussen in maak ‘n goeie kleurskema. Lupines in volle blom en verlede jaar se plante het al groot bosse geword vol blomme, swaarleleis groei mooi en die nuwe pronk-ertjies rank pragtig teen die trellis op.
Die wortels staan mooi ,aartappels groei so vinnig, spring uitjies by die honderde en die rubarber wil gepluk word maar ek kry nie kans nie.
Ons diere lewe is nou defenetief 2 wilde klein katte een met ‘n stert en die eerstekat Jet wat na sy ongeluk sy stert verloor het. Die krimpvarkie doen sy rondte en die jakalsies lyk soos altyd goed. Barry het 2 neste in die onderveld ontdek en sonder nag kamera weet ons ongelukkig nie wie daarin woon nie. Die gras staan skouer hoog en ons het ‘n pragtige wandel pad om die veld en deur die middel daarvan. Die kat word erg deur die voëls dopgehou en dit is wonderlik hoe waarskuwing roepe almal op wag het binne sekondes-die groter voëls jaag hom weg maar hy is baie oulik en hardloophoog in die dennebome van tak tot tak tot hul groot konsternasie!
Ons het ook 2 hasies nog baie klein maar alte pragtig! Baie klein voëwat gevoer moet word en die swaeltjie sit op 5 eiertjies.
By die werk gaan dit beroerd. Die man wat die hospitaal 2&1/2 jaar gelede gekoop het sit in groot finansieële knyp, mense betaal nie- alles is maande agter en die bank het ooreengekom om die personeel se salarisse te betaal as dit met 20% afgeskaal word dus werk ons nou 60 ure in 2 weke instede van 75!
Ons hoop en bid maar dat ons nie eendag voor ‘n toe deur land nie!
Vanoogend teen 4vm sien ek uit die hoek van my oor iets teen die muur in die verband kamer maar kyk nie dadelik op nie maar toe ek uiteindelik opkyk sien ek die grootste mot – ‘n monster mot met ‘n kop wat soos ‘n draak lyk sy vlerk span soos hy daar teen die mmur sit was omtrent 8cm ek het foto geneem met my foon maar kon ongelukkig nie zoom nie , nuwe foon, en het nie geweet waar wat sit, vir wat nie. Een van die mans pasiente het gehelp om die eienaadige ding na buite te help. Almal wou gil maar ek het rustig die ding beskou en hy is veilig,leef nog, hopelik!
In ‘n klein eiland waar water die grootste oppervlate beslaan verdink hier meer mense as iewers anders op aarde,7 mense in 5 dae -3 broers wie se vissersboot omgeslaan het en 2, 18jariges wat in ‘n rivier geswem het, op 2 verskillende plekke in Cork, nog ‘n jongman wat in ‘n quarrie gat geswem het ,het in die moeilikheid geraak het en sy oom spring in om te help en verdrink ook!
Die veel besproke Regulasie oor Aborsie het die lig gesien en ons sal maar sien waar dit die medisie heen lei!
Die G8 Summit word net ‘n 100 km van ons af gehou en die hele affêre kry groot publisiteit veral die sekuriteits aspek van wereld leiers wat beskerm moet word.
Wêreld gebeure en oorloë gaan steeds voort- ons leef in ‘n tyd waar daar min vrede om aarde heers. Iran se stemming net verby!
More is die bese dag van my week en dit is my beurt om voor die orgel te wees! Ons siels voeding word ook voorsien en ek is honger om te hoor wat die Woord vir ons sal bring.
Aan almal wat eksamens skryf en die wat reeds tuis is met vakansie- hoop die resultate sal verblydend wees.
Verjaardae More 16e Retha in Vryheid, Isabelle Cooper 19e,(?3jr oud) en Sue Parsons in Kanada 20 ste! Geseënde jaar jul toegebid!
Ons is besoek aan Dublin moes ongelukkig afgestel word want ek werk môre
Aand en sal seker een of ander tyd plaasvind!
Aan almal wat op reis is ,geniet dit ,aan die wat met kleinkinders kuier, hoop van harte dat julle elke oomblik geniet. Gerlof wat oor net meer as ‘n maand in SA land –wonderlike opgewondenheid! Die wat terug is SA ,sou graag wou weet hoe die besoek afgeloop het Rachelle!
Die lug ,donker blou verryk met sonskyn deur ‘n gleufie, maak dit darem draagbaar.
Ons groet en hoop en bid dat julle altyd veiligheid as ernstig beskou en veilig sal ry !
Barry en Christina vanuit gebroke sonskyn Cranleymore!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment