Saturday, June 29, 2013

Groete vanuit reën en wind

29 Junie’13 Goeie dag allemaal, familie en vriende! Ten spyte van temperatuur van 16° is dit koud en onplesierig hier – dit reen en die wind waai!Die tennis op Wmbledon is aan die gang en die Ierse Golf toernooi word ook in die reen afgehandel. Die sal net ‘n kort nota wees want tyd is teen my! Eerstens wil ek net aan Hessie en die kinders ons beterskap wense stuur en bid en glo dat Attie deur hierdie geweldige trauma sal kom en ek waardeer Haya se korrespondensie geweldig! Lees ook in Gerlof se brief dat Gerhard se oog probleme toe nie die ergste was nie en dat hy die retina behou het!Ons dank die Vader vir elke seëning! Ons is gesond en het geen klagtes nie- Ek het 7 weke oor voor ek offisieel ophou werk – hulle wil nie onderneem om my op ‘bank’ personeel te sit nie maar ek word ten spyte van 20% werksure wat gesny is, steeds geroep om eksta ure te werk- dus weet ek regtig nie hoe die toekoms gaan uitwerk nie- want as ek werk kan ek nie pensioen kry nie! Op die finansieële front net ellende en bandjies wat opgeneem was gedurende die krisis het nou die lig gesien en die hele wereld weet nou hoe korrupt die bankiere was ! Dit gaan beroerd by die hospitaal en Cecelia ,ek weet wat se opoffering dit vir jou moes wees om ten spyte van die feit dat jy nie meer daar werk nie uitgehelp het Dinsdagnag met die heup x-strale, die Here sal jou ryklik seen! Ons leef en werk in onsekerheid, of die volgende betaling van salaris in die bank gaan wees of nie! Deur die ellendes heen is ons hemelse Vader steeds goed en sien Hy na ons om! Ons wag op ons 2 nuwe katjies van Annarie wat hopelik in die volgend 7-10 dae hier by ons gaan aansluit- die wilde katte sal moet terug staan vir die ‘kinders’ wat dan al die aandag gaan kry! Spottie en Patches !het gisteraand na die jakkalsies gekyk – hulle blink! Nou net met die klein kinders ge’SKYPE’ Lukas is ‘n pragtige kind en Eli groei by die uur! Glimlag en gurgle te pragtig! Die tuin gaan rustig sy gang – ons het nie mandjies opgesit die jaar nie- Barry het nie lus gehad nie- ek mis die blomme maar die tuin self lyk tog pragtig! Dit is die kerk se braai-vleis vanaand maar omdat ek werk sal ons die jaar afwesig wees- julle moet die samesyn geniet! Baie dankie vir al die briefies- dit is so lekker om van julle te hoor! Verjaardae: Leopold soos reeds genoem verjaar More en ons tydjie van ewe oud is sal verby wees! 5de is Haya en 6de Hester se verjaardae! Mag daar ryke seën op jul wag!Joy in Brisbane verjaar ook die 5de! Veels geluk! Mag die wat siek is die helende hand van die Vader oor hulle ervaar! Dankbaar dat Nine veilig terug is in SA. Wees tog altyd versigtig tuis en op pad! Groete vanuit Cranleymore Barry & Christina

No comments: