Saturday, June 1, 2013
Herstelde groete
Saterdag 1 Junie’13
Goeie dag allemaal, familie en vriende!
Na drie wonderlike dae gevul met warm sonskyn,blou lug en net ‘n briesie om jou koel te hou in temperature van 19-22,is vandag‘n geweldige kontras, dik,donker en grys bolle wolke wat oormekaar tuimel en hier-en-daar ‘n blerts uitgooi, die wind is geniepsig en ons het ons oggend koffie buite gedrink maar besluit dit is te onplesierig om buite te bly aangesien daar geen son is nie! Die gesang van die voëltjies is pragtig as jy so buite sit in die stilte van die natuur,die gekoer van die duiwe en die pragtige sang van die‘blackbird’(swart voël klink darem nie reg nie) stem jou gemoed so rustig! Die lawaai van die groot pad is effe stiller vandag want dit is lang naweek hier by ons,ek dink dit is byna so iets soos die verwelkoming van hitte wat toe effens platgeval het!iewers het iemand voorspel dat ons warmer weer gaan ervaar in Junie en ons hoop en bid dat wel sal gebeur!Ek het selfs my somer klere uitgehaal en besluit dat positiewe denke dalk die ding sal doen!
Ons was reeds vroeg op, vanmôre, want Frank die verwer kon nie Maandag en Dinsdag kom werk nie want die hemele het heeldag sy oorvloedige waters op ons uitgestort. Dit is ook dié Saterdag wanneer Barry se hare,die bietjie wat ooris,gesny moet word en om alles en ontbyt klaar gedoen te hê voor 9 vm wil gedoen wees! En siedaar- toe is ons reeds 8uur gereed!
Ek sal maar elke onderwerp afsonderlik bespreek want anders val ek heen en terug.
HUIS:
Ons huis, en ek kan kan dit met groot trots O N S huis noem want verlede Maandag het ons die huis afbetaal en ons wag nou op die ‘Title Deeds’ As ek regte naam onthou noem ek dit wel noem-Ons kan dit noem in groot dankbaarehid vir die genade en seëninge wat die Vader oor ons beskik het.
Ook is ons besig met die laaste laag verf buite- wat ook in ‘n fiasko uitgeloop het en ons‘n duur les geleer het, Koop altyd jou verf ,veral as jy meer nodig het van dieselfe handelaar- halfpad deur die verf verklaar Frank dat ons nie genoeg verf het nie want die ‘pebble dash’ was vreeslik dig voor op die huis is neem baie verf- en Barry sal moet verdere aankope doen. Ons het die verf teen baie goeie afslag gekry maar met die dat ek slaap in die dag en Barry nie durf om dorp toe te ry nie moes ons by die plaaslike hardeware winkel die verf gaan koop – hulle het nie die kleur in voorraad nie maar belowe ons dat hulle met die komputer aanwysings 100% dit sal laat ooreenkom- Helaas is die kleur toe ‘n skadu donkerder en nou is een helfte van die huis lig en die ander donker- hahaha- niks werk ooit reg uit by die Dunne’s nie maar ons laat toe nog verf meng en nou word die hele huis ‘n skadu donkerder!
Ons het verlede jaar verf op die dak gesit wat afgeskilfer het en nou moet die dak nog geskraap en weer oorgeverf word- wat ‘n ellende!Maar..... ons plekkie lyk nou mooi- goed versorgd, nuut geverf en om alles dan aftesluit kry die tuin ook ‘n beurt!
Die TUIN!
Barry het iets vir my gedoen wat ek jare al voor vra en dit is om die gras tussen die rose te verwyder en ‘n ordentlikke bedding te maak- met my flenter knieë kan ek nie meer 8 ure op die grond rondkruip om die gras 2x ‘n jaar tussen die rose wegteknip nie- dit is ‘n ontsettende harde werk en baie tydsaam. Gelukkig het my ou man besef dat sy vrou nou nie meer die dinge van ‘n jong meisie kan doen nie en gister is die bedding toe in wording en dit lyk so goed , al die gras wat hy sorgvuldig uitgegrawe het is onderveld toe geneem en teen die heining gepak om verder te groei. Die jakkalsies het die heining op verskeie plekke gelig om intekan kom en nou is die pas toe! Hulle hardloop nou deur Jimmy se veld om intekom!
Ons het ook verskeie meerjarige plante/struike vanoggend gekoop by die Protestante Laerskool in Rathowen,enige kind kan soheen toe gaan maar daar word nie ure aan Katolieke onderrig afgegee nie- waar een van ons kerk mense sy plante van sy kweek huis ter fondse van die skool dan verkoop en ons dit koop- want die eenjarige blommetjies lyk wel mooi in die somer maar as hulle dood gaan is dit weer nuwes koop die volgende jaar en word op die ou end‘n dure spul.
Die rose wat ek met mening teruggesnoei het kom darem nou mooi uit maar ek sal nie weer so drasties snoei nie!.
Die jasmyn het gevrek van die koue en net die ‘honey-suckle’ het bly leef in die elle lange winter! Die Clematis het weer uitgeloop en hoop om teen Aug in volle blom te wees!
Ons 20 Lupines het erg deurgeloop onder die huislose slakke en ons het die bier uitgesit en 100e het verdrink maar nog steeds is daar duidsende oor!
Die groentetuin lyk goed vol uie en aartappels die wortels is opgevreet en die spinasie kom mooi aan! Al my nuwe lemoen boompies het gevrek in die koue maar ek het darem 5 ander oor. Altesaam het ek nou 15 appelbome wat groei van pitjies- dus ‘n goeie mengelmoes van soorte. Die druiwestok is my trots! Ek hoop ons kry ‘n paar trossies die jaar! Die ander pitte wat ek gedink is druiwe – is toe aldie tyd appels!
WERK:
Ek is besig om my verknogtheid aan die hospitaal- wat byna‘n versekeringspolis vir my geword het, afteskaal
Ek is nie verseker van ure na Augustus nie en kan dus nie ‘n kans vat en nie aansoek doen vir my pesioen nie! Ek het ‘n hele môre by die inligtings kantore deurgebring om op hoogte van sake te kom en dit sal my van beter waarde wees as ek die ‘stamps’ wat ek tekort is inbetaal en dan 20 Augustus uit die tuig stap!
Dit sal ‘n geweldige aanpassing wees maar ek het reeds ‘n plan om my mee besig te hou- ek gaan bietjie op my eie studeer en hoop om deurmiddel van my neef Adelbert, on- offisieel my self te kwalifiseer as Pastorale berader. Die esel is uitgehaal en die verf werk sal dan in erns begin! My tuin sal natuurlik ekstra aandag kry en my 2 kleinkinders sal dan by Ouma kan kom kuier en hul ouers ‘n breekkans gee! Intussen werk ek 4 nagte ‘n week want ek is die enigste een wat gewillig is om op kort kennisgewing intespring en te help. Ek weet nie wie gaan die komputer werk behartig as ek weg is nie want vir die afgelope 18 mnde was ek die sekretaresse en het al die tikwerk vir die saal gedoen en al die kreditasie dokumentasie gehanteer – hulle sal maar sien en kom klaar of vir my ‘n gewaarborgde jaar toestaan wat ek nie dink sal bebeur nie!
Politiek:
Ek was so besig dat dinge rustig by my verby geseil het- hulle het vreeslik geveg oor die aborsie wet of regulasie want die Kat. Kerk het gedreig dat hulle die lede wat daarvoor stem gaan nie ind ie kerk toelaat om ‘MASS’te gebruik nie en die stemmery wat veronderstel is om in geheim gehou te word- sal skeker voorblad nuus wees. Intussen maak die ‘Drug Lords’ en hul verkopers mekaar sonder ‘n sweempie van skuld dood of met ‘n mes of skiet hulle in die kop en die hart en maak seker hulle staan nie weer op nie, lewe het geen waarde nie! ‘n Spul jong mense wat hulle vergryp het aan tuisgemaak kannabis het in die hospitaal beland en sommige is nog op ‘n ventilator! Daar was glo gif bygevoeg –iewers in die proses!
Daar was ook ‘n verdoemende verslag oor Prime Time’ aangaande die brutale gedrag van die creche werkers- dit was werklik baie erg en na die program was die ouers van die reeks creches woedend en die polise moes orde hou! Inspeksie word gedoen maar hulle kry 6weke kennis dus is almal op hulle ‘best behaviour’ en alles word goed gekeur- derduisende euros word jaarliks aan die creches gegee vir onderhoud, waar dit heen gaan weet nugter maar ek is bly dat ons weet wie na Lukas kyk en seker in die toekoms ook na Eli.
Die gelde wat ons skuld aan die Monotêre Fonds word elke keer verder uitgerek en eers sou ons kleinkinders nog aan die skuld betaal maar nou sal dit uitgerek word tot die 4de geslag!
Dit is 1nm en Frank moet eet-dus word daar eers halt geroep!
SONDAG:
Die beste dag van die week vir my! Ek sit in die bank môre en sal my lof aan ons Hemelse Vader bring met gesang!
Ons sal ook sielsvoeding ontvang wat ons baie bevooregt maak!
DIERE:
Ons baba kat kom en gaan maar hy word groter en ouliker , net toe ons dink hy is seker ook dood daag hy weer op intussen het ‘n regte wilde kat opgedaag met geen stert nie en ander soort gesiggie en ore- defenetief nie familie van baba-Jet nie!
Die jakkalsies het seker ook kleintjies want hulle kan nie vinnig genoeg die kos wegdra nie!
Ons het baie voël families wat die jong voëltjies voer, die kleintjies piep en bewe hulle vlerkies vinnig heen en weer en dan voer die mamma hulle, te pragtig!Hulle eet ook self maar as dit moontlik is, word hulle gevoer!Die krimpvarkie het uit sy winterslaap wakker geword en ons het vir die eerste keer in byna 6 mande sy blertsie op die gras opgewerk!
Verjaardae! Ons onthou My Ma se verjaardag 5 Junie en ek sou so graag vir haar wou vertel van my huisie en die kleinkinders!
Daar is geen ander name in my boekie nie en as ek iemand nie opgeskryf het nie – hoop dat die jaar wat voorlê uitstekend gaan wees!
Die wat op reis is, Gerlof Sandra, Nine en Kanne , geniet elke oomblik, Esther wat ook Holland toe gaan om by Nicola te gaan kuier mag jy die besoek baie geniet!
Ander kinders wat vanaf Australië wat Kanada toe gaan om by daardie oUma en Oupa te gaan kuier-geniet dit – daardie kleinkind is kosbaar! Christiaan wat by sy pa en ma kuier – geniet dit!
Gepraat van kleinkinders- onse Eli groei pragtig, hy is môre 3 weke oud en rees wys! en sy boetie is erg trots op hom! Ons beplan om gou weer die pad Dublin toe te vat om te gaan kyk hoe dinge daar gaan! Ek werk die volge 3 naweke dus ‘n goeie maand voor dit gaan gebeur- miskien kry hulle ‘n kans om hier te kom kuier!
Aan almal wat eksamen skryf –net die beste julle toegewens!
Dit bring my aan die einde van my nuus . Baie dankie aan almal wat fotos gestuur het die wonderlike nuusbrief van Dr Tertius Venter, en al die briefies wat verslind word!Isabel se reis verhaal en ook die van Nine in Holland!Sue ,Joy& Arnolda, baie dankie.
Ons dink baie spesiaal aan Hennie Redelinhuys, wat baie siek is en ons bid vir krag vir Martie wat dapper die stryd verwerk!Ons dink ook aan Cilna wat nou na haar pa omsien –Hy is reeds in sy 90tigs en nou in konstante sorg. Ons bid jou krag toe!
Ons dink ook Brandon en sy Ma Nanette , mag die tydjie van rehabilatasie ‘n sukses wees en Nanette dat jy ook beter sal voel!
Die son het intussen met mening deur ‘n paar dik wolke sy weg aarde toegevind en dit voel aansienlik beter buite,duur gewoonlik nie lank nie!
Ek groet met die hoop dat julle almal altyd baie versigtig op die paaie is en tuis veiligheid ‘n pre-oriteit maak!
Herstelde groete vanuit Cranleymore waar daar momente van sonnige weer ons begroet!
Barry & Christina
NS. ...en toe maak die hemele oop en alles kom tot ‘n stilstand! Alles is sopnat!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment