Saturday, January 11, 2014

Sonnige groete vanuit Cranleymore

Saterdag 11 Januarie’14 Goeie dag aan allemaal, familie en vriende, Ek is net in van buite na my stap in heerlike sonskyn, die son sit nog maar laag op die horison maar hy skyn en dit is al wat tel. Dit was vanmôre regtig koud -2 teen 9vm, die ryp het goed wit gelê en die huis was omring met ys! Barry moes erg versigtig sy werkies doen ,want as jy op die ys gly, is jy daarmeeheen! Gelukkig het die weer kalmer geraak en die laaste van die storms is verby ,ekstra hoë getye, golwe wat 30 meter hoog hul draaie gooi,idiote wat van oral in die wêreld gekom het om branderplank te ry! Die skade wat aan die kus dorpe aangerig is beloop in miljoene der miljoene, Europa sal seker darem help , dis nie net hier nie maar oral oor Europa. Ek kry die Amerikaners baie jammer want hulle vires toe en so ook die Nyagra valle! Bly om te hoor van Arnolda dat Kanada weer terug na normaal is! Soos ek loop sien ek oral die ontplooiing van blaartjies en hoe die bome bot- dit is darem wonderlik wat in die natuur gebeur- alles word weer nuut! Onse Spottie, die groter van die twee katte het dit in sy kop dat hy die plek moet verdedig met sy lewe- en hy was in ‘n hele paar gevegte –orals sien jy net die wol pluise soos hulle geveg het- Ons probeer die groot swart en wit kat verwilder maar hy is baie skelm! Ons beplan om hulle volgende week by die vee-arts te kry en hoop hulle sal minder aggresief wees,daarna! Patches is nie baie braaf nie en sit maar die spul en beskou!, raak nie betrokke nie! Ons het ‘n magdom voëltjies wat kom eet- dit is pragtig om na hul sang te luister en soms kan dit so oorweldigend wees dat jy jou verwonder aan die desibels wat die klank bereik! Dit bly mooi maak nie saak hoe hard hulle sing nie! Met my laaste besoek aan die fisioterapeut ( ek moet nog een besoek bring) het hy verklaar dat ek elke mylpaal in die rehabilitasie program reeds bereik het. Miskien het ek dit soms bietjie oordoen , maar nie ten kwade nie maar ek het my voorgeneem dat as ek die sjirurg sien moet hy nie kan agterkom dat ek ‘n knie vervanging gehad het nie! Die besoek is gereël vir Donderdag! Ek hoop dat ek dan toestemming sal kry om te bestuur! Barry was wonderlik hy was chaffeur en het hom uitstekend van sy taak gekwyt, sonder lisensie en al, maar hy bestuur so versigtig en daar was geen Garda op die paaie wat ons gery het nie en geen stop punte nie dus was daar geen rede vir bekommerd wees nie! Hy het reeds 10 jr gelede toegelaat dat sy lisensie verval en hy het dit nooit hier weer probeer kry nie! Op die politieke front lê die hospitaal pasiente almal op trollies en wag vir beddens. Die logika van die mense gaan my verstand te bowe. Dis nou sedert die val van die Celtic Tiger wat daar ‘n moratorium op die aanstel van verpleegsters was en almal wat klaar gestudeer het is die land uit want hier was geen werk vir hulle nie- sommige het wel in verpleeginrigtings poste gekry maar elkeen is nie ‘n ou mens ge-orienteerde verpleegster nie, beddens staan leeg .sale staan leeg en nou het hulle geen verpleegsters om te werk as hulle die beddens gaan oopmaak nie en nou moet hulle verpleegsters van wie weet waar weer invoer! Hulle het miljoene gespandeer op advies oor die water ellende van die land- 4de wêreldse gedagtegang en groot gebiede is nog onder ‘kook die water’ verpligting! Water meters word nou ge-installeer sodat die mense kan betaal vir die water en die 15 miljoen wat hulle vir advies betaal het! Dit gaan hulle ‘n jaar neem om die meters in die grond te kry en teen 2015 gaan ons dan betaal dat ons hik in ‘n land wat meer water het as land! Die Taoiseach is in Dubai besig om vriende daar te werf , hulle het al so baie van Ierland in pag met hulle resies perde! Nou ja ons hoop maar dat die jaar goed sal verloop ten spyte van al die idiote wat aan beheer staan en dat hulle tog die regte besluite sal neem . O Ja die sogenaamde Christelike Eiland (katoliek) se President is ‘n mens wat nie in die Drie-enige God glo nie!- Nou wonder ‘n mens maar net! Die foto’s en briewe van die afgelope weke was heerlike leesstof! As julle dit nou maar net kan volhou! Baie het reeds hul jare goed geslaag en ander moet nog hard werk maar ons dink aan elkeen wat hul grys selle in rat hou! Verjaarsdae!MarieJanke verjaar16e en Dorothy Dennis 17de! Veels Geluk aan julle albei! Mag die jaar goed verloop! Ons SKYPE maar met die kinders want almal werk daar en hulle was siek oor Kers en Nuwe Jaar – dus kry ons hulle darem te sien! Môre is my beste dag van die week en ek sien uit na die sielsvoedsel en die lekker sing! ! Isabel gaan bietjie by Joleen kuier en ander gaan eers Maandag terug werk toe! Mag dit met julle lamal goed gaan! Daar is soveel mense dood op die paaie en vir die wat nog moet reis ,wees asb versigtig en veiligheid tuis is altyd van uiterste belang! Ons groet van ‘n heerlike sonnige Cranleymore en hoop om van almal iets te hoor! Liefde Barry & Christina

No comments: