Saturday, April 13, 2013

Koue groete vanaf warm harte

Saterdag 13 April’13 Goeie dag allemaal, Familie en vriende! Daar kom ‘n stadium in jou lewe, elke nou en dan, wanneer jy ‘n besluit moet neem wat jy liewer nie sou wou neem nie maar....dit moet. So kom dit toe dat Barry gedurende die week besluit het om die bal aan die rol te sit en ons het verlede week Plafon hout gesoek en Kanadese ingevoerde hout gekry teen ‘n baie goeie prys en omdat jy dit kontant oor die hek doen betaal jy geen VAT nie wat hier teen 23.5% gereken word. Ure nadat ons bevestig het dat ons wel die hout sal neem bel die vervoerders op -Hulle is op pad met die hout ! Gou bank toe want ons het nie daardie soort kontant by ons nie en hier mag jy net €400 op ‘n slag uit die bank neem , hulle sal moet terugkom vir die res! Die hout is Donderdag laat middag, na 6nm afgelaai en is nou in ons voorhuis! Eintlik ons sitkamer! Die Poolse werker wat ons altyd uitgehelp het is nêrens te vinde , en marthie se kontakte kon nie dadelik begin nie en so Barry lui sy ou vriend ( hahaha) geen tand in sy mond en so maer soos ‘n riet met 4 seuns wat almal op die Doll is. Hulle hande staan vir niks verkeerd nie en het ‘n vorige keer uitgehelp en Barry betaal hulle met dinge- ou wasmasjiene ens. Hierdie keer sal hulle vir geld werk en bevestig dat hulle Maandag 9vm hier sal wees. Barry moes intussen uitvind waar die hout planke in die dak is en begin om die rante afte haal –skieliik verander my kombuis in ‘n stofkamer met sement stukkies en rubbish orals! Hy is steeds besig om presies te merk waar die planke loop want die nuwe plafon van hierdie spesiale hout word nou ‘n werklikheid. Hy werk met sy hande bo sy kop en dit maak hom baie moeg maar van hoor is min! Hy stop darem so elke nou en dan!O Ja die kardioloog het hom amptelik ontslaan –hy is so goed as wat hy ooit sal wees en moet maar die pilletjies drink! Intussen waai die wind en is bitter koud- dit wil reen maar weet ook nie meer hoe om dit te doen nie want in 6 weke het ons 15 mm reen gehad en bevind ons nou in ‘n droogte tydperk wat angswekkende afmetings begin aanneem! Die beeste se winter voorraad is op want die winter het vir ewig aangehou en omdat dit die koudste winter sedert 1962 is was daar geen grondhitte vir groei nie! Die velde staan bruin en almal en alles kry swaar- In die land waar water inoorvloed is heers daar nou droogte.Die vee-arts het vanmôre verduidelik wat die effek van min sonskyn op die diere het veral die beeste en melkkoeie!Dit is ‘n wrede kringloop van die boer wat nie geld het nie- die korporasie wat byvoeding op krediet moet voorsien en die vee-arts ! Die dag temerature is nie te sleg nie moet net nie in die wind kom nie! Die nagte is nog bitter koud! Ons het ook vandag besluit dat gisteraand die laaste aand was wat ons vuurgemaak het en sal as ons baie koud kry die olie verwarmer aansit anders sit ons maar met ons kombersies oor ons voor die TV. Ons baba kat verdwyn en ons dag sy ma het hom kom haal maar toe hy die 2 de aand nie opdaag nie begin Barry soek en jou werklikwaar hy kry hom in die veld van die buurman waar hy met groot oë baie benoud vir Barry aanstaar- Duidelik het hy pyn en kannie beweeg nie- altans nie maklik nie! Dit is koud en ons hoop dat hy op ‘n manier tog beskerming vir die nag sal opsoek! Laat aand gaan kyk Barry weer en hy is nie meer daar nie! Gister middag vind hy hom in die oop skuur- ek wou kyk waar die besering is maar hy hinkepink met seer geskreeu agter alles in! Hy ken Barry beter want hy gee hom kos maar ek is nie in sy goeie boekies nie! Kon wel sien dat hy glad nie die regter agterbeen gebruik nie en die sleep! Ek was bang dat dit dalk inwendige beseirngs is en dat ons die IRSPA moet bel. Maar hy kan wel beweeg en ‘n kat het 9 lewens en nou is een op! Vanoggend kry Barry hom in ons onderveld en baie versigtig en stadig het ons nou die katjie in die donkiehuis met kos en warmte. Daar was ‘n dringende versoek van die ‘Bird Watchers’ en Fauna en Flora dat die mense asb tog nie moet ophou om die voëls te voer nie- baie van die voëls wat gewoonlik gedurende Maart /April arriveer het dood gegaan op pad hier na toe! Ons moes vinnig na die hardeware winkel maar het eers vir Karin ,een van ons SA vroutjies gewag wat vir my ‘n persentjie vir Lukas gebring het en baba wol van SA waar hulle vir ‘n paar weke op besoek was! Die groot slang rooi warm is baie indrukwekkend en die kleiner een pragtige kleure – ek hoop hy sal daarvan hou- hy is slang gek op die oomblik! Toe ons die hek uitry Longford toe was dit 9 grade –terwyl ons weg was het die weer ‘n U draai gemaak en toe ons terug kom reen dit en dit is 7 grade en ’n bitter koue wind het begin waai! Net sodra jy dink ‘nou gaan dit beter’ verwar die natuur jou hele gedagte gang en plons jou weer terug in die lang uitgerekte winter. Moes vinnig hardloop om die ¾ droeë wasgoed –nou natuurlik papsopnat van die lyn af te kry en in die droeër te plaas- Die Iere laat die wasgoed net daar hang tot dit eendag droog is! Ek is nog nie iers genoeg nie! Br Mendel ver jaar vandag en ek het reeds met hom in aanraking gewees via sms maar wil nogtans vir hom ‘n goeie jaar toewens! Amanda verjaar die 18de en ons nuwe baba word die 4de verwag . Lukas word 3jr die 23 ste en ons sal Dublin toe gaan die Saterdag van tevore want op die dag is dit vir die 3-4jariges en Sondag het ons ‘Songs of Praise’ diens by die kerk! Aan almal wat studeer , wat hard werk en wat swaar kry op allerhande wyses, siektes en pyne- ons dink aan julle en hoop dat Dit gou verby sal wees en dat alles vinnig na normaal sal terugkeer. Ons predikant is terug môre en ek is baie dankbaar –sal liewer niks sê oor verlede Sondag se fiasko nie! Ek kies die Psalme en Gesange met die gedagtes en die wete dat dit die 1ste Sondag na die opstanding van Chrustus is , maar nee hy praat oor David en Batsheba- .....................*******************. Terug in my tuin vir ‘n wyle – ek moet darem noem dat ek die dapperste affodille in Europa het- hulle begin nou uiteindelik blom Middel April!!!! Hulle waai verwoerd rond met die geniepsige wind en ten spyte van droogte en ellende bly hulle pragtig en vrolik! Dit was ook met groot opgewondenheid dat ek vanoggend die eerste teken van lewe in my druiwe stok gewaar het! As dit goed gaan plant ek 20 appel boompies uit Maandag en ook die 12 lemoen bome hulle moet nou stamme ontwikkel en begin groei vir uitruil skema by my tuin winkel-alles groei van pitte!!! By die werk gaan dit erg rustig- hulle onderhandel nog die tekening van die volgende kontrak vir duisende pasiente wat van die Noorde af geopereer moet word, intussen gaan dinge baie rustig en ons kan almal asem haal! Die ding met die Indier vrou wat dood is aan sepsis nadat die Dr en Hospitaal geweier het om ‘n aborsie toetelaat op 17 weke ,tenspyte van die feit dat haar vrugwater gebreek het en sy al sieker geword het- en toe die foetus dood is –is sy inderhaas teater toe geneem en vandaar na die intensiewe eenheid want toe is sy al baie siek – maak groot opslae orals. Die arme verpleegster wat in ‘n gesprek die waarheid aan die pasient meegedeel het staan nou beskuldigd aan ’ Your remark went all over the world’! maar.....Die waarheid maak seer! “ It is a Catholic Country......’Hulle het so drooggemaak met haar verpleeging dit is skrikwekkend! Ek het nou genoeg gesels- Lees altyd lekker aan Gerlof se beleweninge, ook hopende dat Arnolda en Garth hul besoek aan SA sal geniet!baie dankie ook aan isabel wat gereeld van haar laat hoor en ons hoop dat die groot avontuur wat op Georg wag ‘n wonderlike ervaring vir hom gaan wees- Die eerste Eloff in Rusland!!!!Hoop dat dit ook goed gaan met Nine – baie dankie vir jou lekker lees briefies! Baie dankie ook aan almal wat so gereeld op my skrywe antwoord- dit word opreg waardeer. Ek groet vanuit ‘n nat , koue bedremmelde Cranleymore waar die harte warm klop! Wees altyd versigtig en gereed! Ry versigtig! Barry en Christina

Saturday, April 6, 2013

Warm and sunny greetings

Saturday 6 April’13 Good day to you all, family and friends, We are rejoicing, singing, dancing with great enthusiasm and thankfulness as the wind stopped blowing, the S U N is shining for the last 4 days, and we are at last reaching out to S P R I N G! Morning temperatures still below freezing but by 1pm we are well into the 8’s and 9’s! Absolutely glorious! We did a bit of travelling and the green, green grass that is so familiar to Ireland has turned into brown fields. In this morning’s agricultural talk they explained that usually during the month of Feb the ground temperature starts to rise and growth is present in the grass and blossoms are forming B U T not 2013 it had to be different! It was the coldest MARCH ever and nothing grew- the grass in fact half died because it was so dry and cold! Where- ever you look you see only brown fields and we travelled quite a distance yesterday as well as today and we were amazed that the dullness of nature, there is no shine in the trees and the cherry blossom that usually loses its flowers with the April winds,l has not even blossomed yet! I plan to enter the dark domain of my poor frost bitten garden this afternoon just to see what can be saved and what will have to be taken out! The daisies which was at the point of flowering there beginning February is gone I will have to cut them right back! There not a bud on anything and the leaves that tries to come out on the fruit trees are all shrivelled up! Very sad! I worked last week and part of this week 8 days out of 11 and suddenly it came to a standstill We are being evaluated by the Northern Ireland Health trusts to see if they are going to continue with a 4 yr contract to send the overflow of patient to us. We did do +/- 900 patients during, just longer that 2 months and it took its toll! So many nurses became sick - it was difficult the cover shifts! This weekend the hospital will be open for 4 patients where we have had more than 30 on a Saturday night for the last 2 months! Barry cut the grass on Thursday and it looks good with brown patches every- where but they did forecast rain for the week to come, then we will be able to start planting- the ground temperature is still too low and late frost might do more damage! Jet , the baby cat has been a great joy until we noticed another black cat 2 nights ago- very wild and looks the same as baby Jet, we think it might be the mother she has got the gait of a female cat! Blackie is no more, I have a lovely photo of him where he was ‘titivating’ grooming himself a week before his disappearance. The birds are getting less and with the notice in the paper that the swallows actually died on their way to Ireland this year because of the cold we anxiously awaiting the arrival of our own swallows that has been coming to us now for the last 7 years. On the political front –the story goes on- corruption is at the order of the day- if you were here the President of the Medical Association in Ireland or whatever you were assured of a pension of 250 Million per year! What on earth do you do with so much money! I cannot understand it and where has been coming from? House tax, water charges, septic tank charges and inspection are all on the cards- Ireland is the country on earth with surely the most water available for use B U T they have water restrictions in place in some suburbs of Dublin where they ran out of water!!!! Also above my comprehension! Our church minister is away on school holidays and we have a guest preacher – unfortunately there is a personality clash between him and me –going on for years now- and when I heard that he was going to preach I told Stephen I will not be playing! He knows about it- Joy is out of the country also on holiday and in spite of the fact that I was not going to entertain this man tomorrow I would not leave the parishioners in the lurch and will have to be there to play – at least I will be playing to the glory of God and not to please this man he reminds me very much of the N T Pharisees. It is all about himself ........... I will say nothing further! Birthdays: I did send congratulations to the lot who had their birthdays on the 4th Kayla, Devlin, Florrie, Marika. Yesterday was Gerda Fosrter and Nine Paula. Die 10de is Gerda in Zambia, the 12th Paul of Haya. Belated and new wishes for a good year ahead! Thank you to Sam for the lovely photos of Evie having her bath! Precious! To those who had operations- Jaco I believe has had an appendisectomy- hope you are feeling much better- other had more serious problems Brandon and Nanette, and we hope that Joy in Brisbane will soon be well again best wishes for recovery soon! Those who are going to travel have a safe journey by bus, car or aeroplane! Please keep security a priority and be careful on the roads Thankful, sunny greetings from Cranleymore- Barry and Christina

Saturday, March 23, 2013

Ysige winter groete

Saterdag 23 Maart Goeie dag allemaal, familie en vriende! Dit is kouer as wat dit ooit was die hele winter – ons is behoortlik ontstig met die weerspatroon wat ons hele lewesomstandighede om vér gooi! Die vloede, die sneeu, die koue, die ysige winde! Onsis net in van inkopies, koerant, brood melk en bietjie groente maar Siberië is ‘n mooi en warm plek invergelyking met ons! My klawer bord wil vadnag nie die ‘n’ tik nie – ek hoop ek kry hulle almal later terug in plek! Die ooreekoms was dat dit die laaste sak grondboontjies is wat ons koop vir die voeltjies maar ons kon dit nie oor ons harte kry ie en in die verskriklikste weer is ons gister hier uit om vir die voeltjie kos te gaan koop! Die affodille is baie dapper en swaai en swiep maar geduldig in die koue wiond! Ek het verlede week heel party gepluk en sal maar seker weer moet gaan pluk wat hulle lê bya almal plat van die koue en die wind! Die swart kat het nooit ooit weer sy verskyning gemaak nie en ek reken so – hy het darem die baba kat gebring sodat nos nie so alleen moet voel nie! Die vossies lyk goed en blink in die jas! Die krimpvarkies durf nie na buite kom nie wat hy sal dit nie maak nie! Baie van die boere se beeste wat reeds mid Februarie buite toe moes kom staan nog steeds op stal! Op die politieke front gaan ons gebuk onder ‘n klomp skurke- wat my betref- maar dit gaan nie veel beter iewers anders nie! Die arme mense in Ciprus kry baie swaar en die ellende wat hulle in die gesig gestaar het het byna groot makietie hier ook veroorsaak! Ons kry nie eers 3% vir lang belegging op spaargeld nie en as ons dan nog 6.5% moes betaal omdat jy per ogeluk geld in die bank het- is daar iets drasties verkeerd! Ek voel heelwat beter maar wonder baie of rumatiek ‘n mens so siek kan maak – my gewrigte is daarmee hee –ek kannie eers die teepot vashou nie- moenie nog praat van die ketel self nie! Hulle is sulke poffertjies geswel en elke kneukel is spierwit en rooi tergerlykertyd en die pyn is onbeskryflik! Ek gaan terug werk toe volgende week en hoop van harte dat die naarheid gesak het teen daardie tyd – hoe is dit moontlik dat ‘n mens vir ‘n week lank naar kan wees! Dit gaan my verstand tebowe! Ek is naar as ek nie eet nie – ek is naar as ek wel eet! Met Barry gaan dit goed – hy kry bietjie swaar met die koue- hy moet uit skuur toe om vuurproviant te kry en alhoewel dit net eenmaal ‘n dag is ,want ons los die kruiwa voor die agterdeur met die turf,verwoes die besoek nog steeds die bietjie hitte wat jy hier binne bymekaar maak! Ons het die week nuwe matte in die kerk gekry – na 300 jaar!!!!!! Dit lyk goed en ek glo die hitte sal nou beter gekontroleer kan word! Ek speel môre die orgel maar ek is eerlik dat ek van die ouerlui is en die liewe Vader het my nooit met onreëlmatige maatslag toegereken nie en elke keer wanneer daar een van die nuwe liedere gespeeel moet word waarvan die ritme uit die bose is – krap dit my om- Daar is ‘n duisend ander gesange en Psalme om te sing –hoekom moet ons nou die een sing wat nie een van die gemeentelede gesing kan kry nie en ek kan dit ook nie speel nie!!! Die preek sal moet opmaak vir my gemoed! Baie dankie vir al die briefies wat ek ontvang het met beterskap wense- dit was ‘n riem onder die hart! Verjaardae: Isabel verjaar die 28ste en Br Mendel se oudste dogter Anette, die 30ste Veels Geluk en mag die jaar goed wees! Met onse klein seun gaan dit goed –tenspyte van die feit dat hy sy groot kiestande op die moment deurstoot en hy soms kwaad word omdat sy ore seer is gaan hy aan soos ‘n dapper soldaat! Aan almal wat nie wel voel nie- ons hoop dqt dit gou beter sal gaan! Vir die wat op die paaie is –wees tog dubbel versigtig! Tuis maak seker dat alles veilig is! Nou ja behalwe vir die weer is daar geen verdere nuus nie! Die wat in SA vakansie hou geniet elke moment! Ysige winter groete vanuit Cranleymore Barry en Christina

Saturday, March 9, 2013

Koue vingers maar warm groete

9 Maart 2013 Goeie dag allemaal, familie en vriende, Dit is 6° maar ons beef behoorlik van die koue- ‘n Siberiese wind knou ons gruwelooslik af – na byna 3 weke geen reën nie ervaar ons nou sedert Donderdag ysige nat weer- Gewoonlik is dit redelik gematig as dit reen maar hierdie keer is ons met ‘n kort riem gevang- DIE WIND! Die affodille lyk te pragtig en bring sommer dadelik vreugde in jou hart as jy buite kom – al is dit koud is die helder geel klokkies ‘n wonderlike gesig! Ek was veronderstel om al my lemoen boompies uitteplant en die orgideë reg te sien, die groot plant het ‘n knol in die middel wat doodgegaan het en ek moet die hele spul opbreek wanneer die plant nie in blom is nie maar elke keer as ek sovér kom is daar reeds ‘n nuwe uitloopsel! Vanoggend is ons met die stank der stanke begroet want ‘n buurman het sy lande met slurrie bespreoi- hulle beweer dat die mense in die plateland die water besoedel met hul riool tenke maar nie een van daardie EU mense ervaar wat ons vandag moet ervaar nie – die spul beesmis wat vir maande in ‘n tenk gevrot het word nou as bemestting oor die velde gesprei – die reen kom en alles word in die riviere en stroompies in gespoel en nou kry die riool stelsels die skuld! Die dame van Frankryk wat aan bewind van die Mf staan het gister hier besoek afgelê en hierdie klomp ape al die lof toegeswaai vir die vordering wat Ierland gemaak het- niemand het haar vertel dat die helfte van ons jong mense die land verlaat het omdat daar nie werk is nie en die wat agtergebly het staan almal op die randjie van die afgrond- Sommige mense kan die drukking nie verwerk nie en neem hul en hul families se lewens en die banke leen jou nie ‘n sent nie- absoluut niks nie en die wat werklik hard werk moet vir die pensioene van die vorige regering se parlementslede betaal, hulle kry enorme pensioene en doen nog steeds ander werk ook – die onregverdigheid wat hier seëvier is hartverskeurend! Ek praat baie en moet liewer stilbly want ek het nog werk en word darem nie deur die staat betaal nie maar deur ‘n privaat maatskappy wat sy eie reels maak! My aftrede kom nader en ek sal moet aansoek doen om langer te bly werk want as jy nie ‘n volle 10 jaar PRSI betaal het nie kwalifiseer jy nie vir die bydraende staats pensioen nie! Ek sal 8 maande kort wees! My eerste salaris het ek in Maart 2004 ontvang –voor die tyd het ek net gewerk sonder vergoeding omdat ek in opleiding was! By die werk gaan dit hals oor kop- sommige nagte lyk dit of Noag die ark se deur oopgelos het en al die diere uitgekom het en sonder rigting rondmaal! Daar is glo 4 TRUSTs betrokke by die onderneming om die Noord Ierse mense te opereer teen ‘n spesiale aanbod wat MG ( die baas)uitgewerk het- ek wonder of hy regtig ‘n koste berekening gedoen voor hy hom hierin begewe het – die pasiente is veronderstel om hoogstens 2 nagte oortebly maar waar daar probleme was moes sommige vir meer as week oorbly. Die direkteur van Verpleging het uitgeloop! Ons dank die Vader dat ons albei gesond is en dat ek nog my nagtaak kan doen. Ek het ‘n probleem en ek werk daaraan om dit te oorkom maar telkens gee ek in en dit iswanneer hulle oplui en met ‘n benoude stem vra of ek kan help – dat ek elke keer ‘JA’ sê. Ek sou nou ‘n week afgewees het omdat ek 6 nagte gewerk het maar ek was nognie mooi wakker nie toe lui die foon en ek werk ‘n nag reg in die middel van my aftyd! Ek is ‘n idioot – ek weet, maar dit is nou maar so-ek kan nie NEE’ sê nie. Ons voëltjies sing so mooi in die heining soggens vroeg tot laat aand – die ‘black birds’ sing saans as dit donker word- ongelooflik mooi! Ons baba kat wat Lukas oor die foon as JET gedoop het kruip ook in die heining rond –hy is wilder as wild en kom eet saans as alles stil is – eet sommer die kos wat ons vir die Jakkalsies uitgooi- eintlik is hulle nie jakkalsies nie maar by die gebrek van ‘n ander woord noem ons hulle maar so? Vossies? Nee tog- maar in ieder geval hulle lyk uitstekend, pelse blink en hulle is spek vet- so ook die katte Pa en Kind! Ons het ‘n MINK( die woordeboek sê- Nerts-haha ) maar hierdie een was nog lewendig toe ‘n vragmotor hom voor ons hek tot die dood veroordeel het- hulle is byna, in die omgewing meer gevreesd as die jakkalsies want hulle byt die lammertjies dood. Elke boer is op die uitkyk vir die gevaarlike karnallie –hulle woon naby stroompies en riviere waarvan hier in ons omgewing genoeg is. Die gedoente met die Pous is ook aan die gang in die agtergrond – nie dat dit ons enigsins hinder nie maar dit het tog na vore gebring die kardinaal wat vir jare in Engeland op ongepaste wyse sy lewe gelei het! Môre is Sondag en ek sit in die bank- en nie voor die orggel nie- dit is Joy se beurt en ek het haar darem nou so vér dat sy helfte vinniger speeel as vantevore- soms moes ek 2x asemhaal voor die einde van die frase. Ons predikant soos gewoonlik ‘n uitstekende spreker en ‘n wonderlike siels voeder! Die foon het gelui en ek werk vanaand- dus moet ek nou my skrywe kort knip, Die kinders kom ook more nou weet ek nie of ek in die kerk sal kom sonder ‘n slapie nie! Verjaardae!Die 11de Nicola Josling, en die 14 de Jaco in Roodepoort ook klein Paul van Tweeling Paul en Hanlie Veels geluk aan julle . Ek weet nie of die posduif die nuus reg oorgedra het nie maar – ek dink daar is nog ‘n Oupa en Ouma naby die Limpopo in wording! Veels geluk! Ek moet nou vinnig groet! Al is my vingers nou bevrore die groete is warm! Bly versigtig, wees bedagsaam en ry veilig! Liefde groete Barry en Christina

Sunday, March 3, 2013

Spring and sunny greetings

Sunday! Dear family and friends far and near! We have had dry weather now for more than 2 weeks- a record to all Irish standards, the fields are drying out and most days we have had some sunshine, so deeply appreciated. The temperatures are still not up to Spring weather but we are getting there. It is some time since my last writings and apart from our wonderful protected lives living in the country between wild-life(only small variety), cats, minks, foxes and birds there were a few things worth mentioning. The wonder of prayer is heavy on my heart, just 10days ago the Lord put into my hands the life of a man that was refused surgery in the County Hospital and the surgeon decided to do the replacement of his peg tube and catheter in our hospital, The patient also suffered from Motor Neuron disease and were not well. He breathes at home with the help of a C-pap machine to improve the oxygen intake which the family left at home and never mentioned to the staff. Back from theatre where he has already been in difficulty and a tube was placed in his nose to assist with a few things- I will leave the detail out- he got through the night . I was suppose to be on duty with another nurse, but, when I came on duty I was alone, only with a carer to assist me with 12 patient of which this very sick man was one! At 05.25 the hair on the back of my neck suddenly caused me to get up and look in on this man- I have been with him most of the night but had to do some writing and was in the office, just to find him in severe distress- I prayed and prayed and with adrenalin pumping at speed through every vein, my carer assisting me , later the Doctor ,the ambulance men, all summond in the minutes that felt like hours while I performed CPR. Eventually we got a heart beat and he showed signs of recovery but only for seconds- he was practically dead but with the grace of God he eventually, with airway access through the tube in his nose and ambu-bag assistance we got him over to the County where the Respiratory team took over- He regained some consciousness and recognised the family but died 24hrs later. It has been the most traumatic experience since my arrival in Ireland. But I got him through with the help of God so that he could still see his family! In the meant time I worked over 100 hrs in 2 weeks and hardly hads time to enjoy the sunshine! The horse meat debacle has now taken over the main news after Oscar and the killing of the Taxi man! Our Government are playing games – scaring people into disaster management and suicide, just to turn around when the workers are threatening to withdraw their services. The rich stays rich and even get richer to the detriment of the hard, middle class worker- a disgrace! I played the organ this morning after a heavy night with a lot of sick women whohad hysterectomies and more, but stayed awake and the singing was great- all to the glory of God! The daffodils are blooming and every morning there has been another one opening- such a wonderful way creation works. Thank you to all who wrote letters in the past 2-3 weeks, I sometime read them late at night and sometimes days later but every bit of news and experiences is treasured. To all those who are preparing to write exams, we wish you good papers and bright minds. Birthdays- happy returns to all! It has been wonderful to experience the longer days and shorter nights. The children will be, God willing, here next weekend and we are looking forward to it! Take care, be careful and alert With sunny greetings from Cranleymore Barry & Christina

Tuesday, February 19, 2013

Sonskyn groete vanuit Cranleymore

19 Februarie’13 Liewe allemaal, familie en vriende, Daar is seker nie nog mense op aarde wat so bly is om die son te sien as die Iere nie- wat ‘n wonderlike dag, wakker geword met die son wat by die venster inskyn.Nou weet julle seker al dat jy nie hier saam met die hoenders opstaan nie maar rustig bly slaap tot tyd en wyl die lewe daarbuite begin ontdooi het! Die lug was buitengewoon blou hier in Cranleymore met die son wat alreeds ‘n hele paar grade noord beweeg het en heelwat warmer is as ‘n paar weke gelede. Temperature is, veral dae wat die son skyn, laer as bewolkte dae en die hoogste vandag was 8 °! Daar was geen wind nie en het ons die geleentheid gegee om hierdie uiters belangrike taak van snoei agter die rug te kry. Ons het erg terug gesnoei wat ek het nie verlede jaar die rose gesnoei nie, ek is nie seker wat om met die vrugte bome te doen nie – laat weet asb- ek het die dooie stukkies van die druiwerstok afgesny, die framboos bessies en appelliefie is goed terug gesny- as ek terug dink aan die vrugteboord in Calvynsingel kan ek gesnoeide vrugte bome in my gedagte sien. Ek moet ook nog my 4 appelboompies wat in groter potte oorgeplant moet word as ook die 12 lemoen bome! Ek het druiwe pitte in die grond gedruk en ek dink 5 van hulle het opgekom. Alles het reeds begin uitloop en waar ek kon het ek stiggies in die grond gedruk. Sal maar sien wat gebeur. Al die dooie dinge is uitgetrek en Barry sal op ‘n volgende geleentheid die vuilgoed verwyder- ons het ook ons oggend koffie in die tuin geniet –heerlik met die gesing van honderde voëltjies in die heining agter ons. Wat ‘n wonderlike voorreg en dit is met groot dankbaarheid dat ons sulke momente so lank as moontlik vasvang in die hede want wie weet wat môre se weer vir ons bring! Ek het baie hard gewerk die afgelope twee weke met 3 busse elke dag van die Noorde met 8 pasiente, die laaste bus arriveer 9nm en neem dan die laaste 8 weer terug. Die afgelope week was groot operasies en meeste van die mans wag al tot 4 jaar vir hul prostaat operasies- niemand wil aan hulle raak nie want of hulle harte is al op die laaste trap van hul lewe of iets anders het reeds die gees gegaf maar niks is teveel vir hierdie klomp Ierse Pakistanies nie en moet asb nie die Suid Afrikaners vergeet nie, durf alles aan! So –ook is die ellende van bloeding en ander post operatiewe probleme ‘n groot probleem – Na regte moet pasiente ten minste 3 ure wakker wees van algemene narkose voor hulle mag huistoe gaan maar die narkotiseurs maak hulle gou wakker en hulle kom totaal wakker terug in die saal en na 2 ure het het hulle reeds ge-eet en die toilet besoek en is weer oppad terug Noorde toe. Die groter operasies bly vir die nag en gaan dan met die volgende bus ,wat in die môre arriveer met pasiente, terug. So het ons gemiddeld elke nag 26-30 pasiente in die saal gehad –sommige wat eers 11nm uit die teater kom- soms sit ons vir die eerste keer teen 5vm om ‘n koppie tee te drink! Jy moet jou werk ken en weet hoe om bloeding te stop en op te let vir ander probleme! Nou ja, na 9 jaar in akkute verpleging dink ek dat ek myself soms oortref, besef nie eers wat alles iewers in die brien gebêre is nie! Ons moes ook Sondag aand ‘n pasient terug neem teater toe – ‘n Pakistanie Dr wat in Belfast werk het kom help en hy sal nie maklik weer terug kom nie- hy is ‘n slagter en het geen respek agtergelaat nie veral nie nadat hy ‘n man van 66 jaar wat ‘n sirkumsisie moes hê , en aangehou bloei het, die volgende oggend, die bloeipunt toegewerk het sonder verdowing- die man het byna flou geword van pyn-en ek het albei sy hande styf vagehou en so hard as wat hy skree het die trane oor my wange gerol – dit was wreed verby- ek het geopjekteer en gevra waarom hy nie die man lokale verdowing wil gee nie maar hy het gereken dat dit die prikke van die naald dieselfde pyn sou veroorsaak as die van die naald waarmee hy toewerk. Ek hou nie daarvan om Dokters te rapporteer nie maar die slagter het ek dadelik gerapporteer! Ek kom eers na 10vm tuis –vreeslik ontsteld en die idioot ry deur Belfast toe min gepla! Nou ja gelukkig kom daar darem altyd iemand tot ons redding en ons eie uroloog het hom onder hande geneem en vertel dat ons hier op mense opereer en dat hy nie weer toegelaat sal word om in ons hospitaal te opereer nie. So kom ek toe aan die einde van 5 lang hardwerkende nagte en slaap byna vir 16 ure van moegheid. Gelukkig voel ek nou weer goed uitgerus en sien weer kans vir die volgende sessie. Op die politieke front gaan dinge maar beroerd! Die spul aan bewind het mos toe die beloofde paaiemente teruggesoot tot vér in die toekoms in en nou word daar getwyfel of dit wetlik was en ons staan alweer op die rand ‘n ander fianasieële krisis. Iewers moet hulle geld spaar en elke keer is dit die mense wat die mees belangrikste dienste lewer wat aan die pen ry- die polisie, verpleegster en die brandweer – die rykes word net ryker en die armes net armer! Hulle wil nou hê die verpleegsters in die algemene sektor asook die ander moet meer ure werk vir minder geld! Al die jong mense het al die land verlaat want hulle kry nie werk nie en die wat hier bly word uitgemergel tot op die been. Ons laat ellendes agter ons en beweeg nader na die natuur- die jakkalsies blink van goeie voeding- gewoonlik is hulle maar ellendig maer en lyk lelik van hongerte maar nie die wat hier kom eet nie- hulle is vet en gesond! Die voëltjies gee ons steeds oneindig baie plesier- die goue vinkies is pragtig bietjie skaars maar hulle kom en dit is wat belangrik is! Ons eerste affodille blom met die kroukusse geel en pers tussen-in, baie mooi! Die kinders kom die 10de Maart kuier –dit is my eerste naweek af en Lukas wil die koeie sien, hy is baie lief vir enige dier - ook groot belangstelling getoon vir slange wat by hulle inkopie sentrum ten toon gestel was het selfs een om sy nek gehad waar ons ‘n foto van het. Glad nie bang nie en hulle moet hom gereeld dieretuin toe neem! Ek het Sondag diens gemis en voel erg verhongerd maar ons sal volgende week weer terug wees, ek voor die orgel ,al het ek die vorige nag gewerk,want dit is my beurt om te speel! Verjaardae het by my verby gegaan en ek wens almal wat verjaar het Veels Geluk met net die beste van gebeure vir die jaar wat voorlê! Ryklike seën en voorspoed! Renate Röhrs, Garth Kruger, Rozanna Kruger! Ek het heerlik gelag, die trane het gerol oor Haya se storie van die paspoort foto en natuurlik al die nuus van die kinders. Die reis verhaal van Gerda was ook verslind! Elke brief word verslind miskien nie dieselfde dag as wat hulle arriveer nie maar in goeie tyd! Ek het ook ‘n heerlike lang brief vol nuus van Br Mendel ontvang, baie dankie Tjaart dat jy so gereeld my briewe aan Br Mendel gee! Baie dankie nogmaals aan almal wat so gereld skryf- dit is wonderlik om julle nuusies te deel. Ons harte is baie seer en ontsteld oor die Pistorius ellende- dit maak elke dag opskrifte in ons hoof nuus bulletin- baie erg! Die vrouens wat hier in die vroeë 50tiger jare in die Magdalene werkshuise geplaas was of deur die staat of families –en deur die nonne bestuur was- maak hier weer hoof opskrifte vir die onreg wat hulle aangedoen was omdat hulle of arm was of ‘n kind verwag het- hulle was erger as slawe behandel ,somtyds wreede dinge beleef veral die wat as kinders daar aangekom het. Hulle wag nou dat die Taoiseach eksuus sê, vir wat die regering toegelaat het gedurende daardie tyd!. Nou het ek alles kwytgeraak wat daar te vertelle is. Ek sal nie volgende naweek kan skryf nie want ek werk weer en dan vlieg die weke verby! Wees steeds baie versigtig en bly voorbereid op enige ellende! Baie liefde groete aan almal- vanuit ‘n blou hemel en pragtige sonbeskynde Cranleymore Barry en Christina

Saturday, February 9, 2013

Greetings from Cranleymore

9th February 13 Good day to all family and friends, Temperature 8° and very mild, no wind for a change, and although very cloudy, no rain! The daffodils are all making heads and the tulips are not far behind! I have to do the pruning this coming week and hope sincerely the weather will allow me! The poor farmers –the fields are so wet and those who do not put their cattle in a shed finds them knee deep in mud! Not good for their hooves and bones. The Ballinasloe Horse & Animal fair, usually held in the 1st week of October were shown on TV a few nights ago and we were appalled at the condition of the animals, Most of the animals traded are from the travellers community and they do not care about the ponies, dogs or rabbits- The ISPCA equivalent to SA SPCA has a full time job rescuing animals and removing them to the veterinary department for either being put down or for treatment if possible- so very sad. Off-course the horse-meat debacle is now stretching into Spain and even Norway and Sweden- no-one knows how long this has been going on and as Gerlof says – everyone is still alive –just sell it to who-ever like horse meat – cheap- but as it is the reputation that is so important thousands of € horse contained lasagne, and burgers will land on the burning stakes rather than taking it through to the poor hungry people in Africa, and all over, for whom there is always an advert on the TV with the flies crawling around the snotty noses and in their eyes- no mother has only one hand and she can easily get rid of the flies but it seems as if they love to see the flies around these poor children who are not taken care of by their own governments –these poor people’s governments are usually in war with some other country and every cent goes into weapons and their own pockets! It is a disaster and here we destroy the meat because it contains horse meat! The lot of politicians in Dublin came to some agreement about the promissory notes given by the previous Government to pay back the money borrowed to keep the banks going, paying it now back over 40-50 years , instead of liquidating the whole lot immediately- but that would have deprived them of their share of payments due to them and therefore the working man and women had to make the sacrifice by paying Social tax, extra high tax and high interests on any money on loan(if you are so fortunate to get a loan)/ during the middle of the night- the lot liquidated the Allied Banks of Ireland and had to fly the Lepricorn(our President) back from Italy to come and sign the papers. Our grand children’s children will now have to pay the debt made by people who did not deserve to ever have been allowed to handle money! One can become very bitter because of the fact their god was, is and will forever be MONEY. The financial dilemma that is present in this country is beyond comprehension and suicides are at the order of the day- the people in general have no idea under what stress some families exist and financial burdens they carry- and living in a country where God is not an option they take their own lives thinking that is the only way out! Sad events like this never come near to you until you are shaken cruelly into realization that it is happening to people you know- The carer who worked with me on Sunday night asked in the morning, if she could leave a few minutes earlier to give her husband a change to get her home and still be in time for his job- {I know her husband – he worked for 2 years with me, a wonderful compassionate man hard working} Director of Nursing for a Nursing home in Mullingar. He was not outside when she left the building- thinking that he might have overslept, she got a lift home and as she opened the front door she saw him, hanging from the staircase! It is just such a terrible shock- hard to understand – but- we know so little about what goes on in people’s lives and who will know what drove him to do it! There are cancers and ‘cancers’ the one we try to cure as soon as it is discovered but the other one – more deadly than the 1st get pushed into the background-many a time- not to be spoken off or to deny the existence of same- bringing more heartache than can be imagined! To step away from people that speaks one language and do another........................ The birdlife in our garden is a wonderful experience of beauty and song- we feed surely a hundred birds at a time and not knowing how many come from some-where else – the numbers increase every day! We have also been introduced to baby Blackie- looks just like his father- with white dot on the chest- and all- the first time they both ate from the same bowl the little one gave dad a clout in the face and demand to have all the food for himself it was fascinating to watch how the father stood back and allowed the little one to finish the milk and all the food! We first saw this cat eating the corn on the ground underneath the feeder- very wild -he ran away when we called him but his dad must have communicated with him because he eventually had the courage to come nearer and enjoyed a meal, meant for his dad! We were watching quietly from the kitchen window. He has found shelter with his dad in the donkey-house under the black plastic! The foxiest come at irregular times and we think mother is either looking after young and cannot get away at her regular times as you all know looking after children means your time is not own any-more- or -they are coming from far away! It is my turn to play the organ tomorrow and by now I know the Hymns very well and look forward to bring glory to God for all the blessings he bestow upon us every hour of the day! The weekly nourishing food for our souls- essential for our spiritual well-being- such a privilege. Birthdays: some have had a birthday during the week- I did not get to write last week as I worked all weekend!(Bus loads of patients coming from Belfast- NHS getting rid of their patients who have been for years on a waiting list). Nine became a year older on the 5th – Kathleen in England &Belinda on the 8th (yesterday) Phillip Josling on the 12th and Brenda Dunne in England the 13th! Happy Birthday to you all! May it be a very good and blessed year! Hope sincerely that Mader get the work- although far away from Gerlof and Sandra – it is still in England! We are also sharing in the joy that Jeanne got a job and that Christiaan is now in UOVS- as I used to know it- surely something else now! Sorry to hear that MarieJanke work so hard –but there are times that we all have to do it! Hope sincerely that the dragons belonging to Devlin who laid the eggs will have off-spring very soon! We Skyped with Finbarr and family this morning and had the joy to see my grandson Lukas- could not hug him but do enjoy listening to him and looking at him! I have horrible off duties and will be working every weekend form next week until 7th March – hope to visit them then! Do remember to send photos, stories, events, family and friends experiences- as you know I regard this line of correspondence as my umbilical cord with the family and SA. I also welcome (Dr) Tertius Venter to my address list and hope that he will become part of my letter family! Time for me to get the chicken in the oven- remember if you do not want to read this- hit the delete button! May the week ahead be good, filled with the nearness of our Lord in your lives. Stay always alert and be careful on the roads! Warm regards from Cranleymore where the temperature has dropped since I started this letter! Barry and Christina