Saturday, March 23, 2013
Ysige winter groete
Saterdag 23 Maart
Goeie dag allemaal, familie en vriende!
Dit is kouer as wat dit ooit was die hele winter – ons is behoortlik ontstig met die weerspatroon wat ons hele lewesomstandighede om vér gooi! Die vloede, die sneeu, die koue, die ysige winde!
Onsis net in van inkopies, koerant, brood melk en bietjie groente maar Siberië is ‘n mooi en warm plek invergelyking met ons!
My klawer bord wil vadnag nie die ‘n’ tik nie – ek hoop ek kry hulle almal later terug in plek!
Die ooreekoms was dat dit die laaste sak grondboontjies is wat ons koop vir die voeltjies maar ons kon dit nie oor ons harte kry ie en in die verskriklikste weer is ons gister hier uit om vir die voeltjie kos te gaan koop!
Die affodille is baie dapper en swaai en swiep maar geduldig in die koue wiond! Ek het verlede week heel party gepluk en sal maar seker weer moet gaan pluk wat hulle lê bya almal plat van die koue en die wind!
Die swart kat het nooit ooit weer sy verskyning gemaak nie en ek reken so – hy het darem die baba kat gebring sodat nos nie so alleen moet voel nie!
Die vossies lyk goed en blink in die jas! Die krimpvarkies durf nie na buite kom nie wat hy sal dit nie maak nie!
Baie van die boere se beeste wat reeds mid Februarie buite toe moes kom staan nog steeds op stal!
Op die politieke front gaan ons gebuk onder ‘n klomp skurke- wat my betref- maar dit gaan nie veel beter iewers anders nie!
Die arme mense in Ciprus kry baie swaar en die ellende wat hulle in die gesig gestaar het het byna groot makietie hier ook veroorsaak! Ons kry nie eers 3% vir lang belegging op spaargeld nie en as ons dan nog 6.5% moes betaal omdat jy per ogeluk geld in die bank het- is daar iets drasties verkeerd!
Ek voel heelwat beter maar wonder baie of rumatiek ‘n mens so siek kan maak – my gewrigte is daarmee hee –ek kannie eers die teepot vashou nie- moenie nog praat van die ketel self nie!
Hulle is sulke poffertjies geswel en elke kneukel is spierwit en rooi tergerlykertyd en die pyn is onbeskryflik!
Ek gaan terug werk toe volgende week en hoop van harte dat die naarheid gesak het teen daardie tyd – hoe is dit moontlik dat ‘n mens vir ‘n week lank naar kan wees! Dit gaan my verstand tebowe! Ek is naar as ek nie eet nie – ek is naar as ek wel eet!
Met Barry gaan dit goed – hy kry bietjie swaar met die koue- hy moet uit skuur toe om vuurproviant te kry en alhoewel dit net eenmaal ‘n dag is ,want ons los die kruiwa voor die agterdeur met die turf,verwoes die besoek nog steeds die bietjie hitte wat jy hier binne bymekaar maak!
Ons het die week nuwe matte in die kerk gekry – na 300 jaar!!!!!!
Dit lyk goed en ek glo die hitte sal nou beter gekontroleer kan word!
Ek speel môre die orgel maar ek is eerlik dat ek van die ouerlui is en die liewe Vader het my nooit met onreëlmatige maatslag toegereken nie en elke keer wanneer daar een van die nuwe liedere gespeeel moet word waarvan die ritme uit die bose is – krap dit my om- Daar is ‘n duisend ander gesange en Psalme om te sing –hoekom moet ons nou die een sing wat nie een van die gemeentelede gesing kan kry nie en ek kan dit ook nie speel nie!!!
Die preek sal moet opmaak vir my gemoed!
Baie dankie vir al die briefies wat ek ontvang het met beterskap wense- dit was ‘n riem onder die hart!
Verjaardae: Isabel verjaar die 28ste en Br Mendel se oudste dogter Anette, die 30ste Veels Geluk en mag die jaar goed wees!
Met onse klein seun gaan dit goed –tenspyte van die feit dat hy sy groot kiestande op die moment deurstoot en hy soms kwaad word omdat sy ore seer is gaan hy aan soos ‘n dapper soldaat!
Aan almal wat nie wel voel nie- ons hoop dqt dit gou beter sal gaan!
Vir die wat op die paaie is –wees tog dubbel versigtig!
Tuis maak seker dat alles veilig is!
Nou ja behalwe vir die weer is daar geen verdere nuus nie! Die wat in SA vakansie hou geniet elke moment!
Ysige winter groete vanuit Cranleymore
Barry en Christina
Saturday, March 9, 2013
Koue vingers maar warm groete
9 Maart 2013
Goeie dag allemaal, familie en vriende,
Dit is 6° maar ons beef behoorlik van die koue- ‘n Siberiese wind knou ons gruwelooslik af – na byna 3 weke geen reën nie ervaar ons nou sedert Donderdag ysige nat weer- Gewoonlik is dit redelik gematig as dit reen maar hierdie keer is ons met ‘n kort riem gevang- DIE WIND!
Die affodille lyk te pragtig en bring sommer dadelik vreugde in jou hart as jy buite kom – al is dit koud is die helder geel klokkies ‘n wonderlike gesig!
Ek was veronderstel om al my lemoen boompies uitteplant en die orgideë reg te sien, die groot plant het ‘n knol in die middel wat doodgegaan het en ek moet die hele spul opbreek wanneer die plant nie in blom is nie maar elke keer as ek sovér kom is daar reeds ‘n nuwe uitloopsel!
Vanoggend is ons met die stank der stanke begroet want ‘n buurman het sy lande met slurrie bespreoi- hulle beweer dat die mense in die plateland die water besoedel met hul riool tenke maar nie een van daardie EU mense ervaar wat ons vandag moet ervaar nie – die spul beesmis wat vir maande in ‘n tenk gevrot het word nou as bemestting oor die velde gesprei – die reen kom en alles word in die riviere en stroompies in gespoel en nou kry die riool stelsels die skuld!
Die dame van Frankryk wat aan bewind van die Mf staan het gister hier besoek afgelê en hierdie klomp ape al die lof toegeswaai vir die vordering wat Ierland gemaak het- niemand het haar vertel dat die helfte van ons jong mense die land verlaat het omdat daar nie werk is nie en die wat agtergebly het staan almal op die randjie van die afgrond- Sommige mense kan die drukking nie verwerk nie en neem hul en hul families se lewens en die banke leen jou nie ‘n sent nie- absoluut niks nie en die wat werklik hard werk moet vir die pensioene van die vorige regering se parlementslede betaal, hulle kry enorme pensioene en doen nog steeds ander werk ook – die onregverdigheid wat hier seëvier is hartverskeurend!
Ek praat baie en moet liewer stilbly want ek het nog werk en word darem nie deur die staat betaal nie maar deur ‘n privaat maatskappy wat sy eie reels maak! My aftrede kom nader en ek sal moet aansoek doen om langer te bly werk want as jy nie ‘n volle 10 jaar PRSI betaal het nie kwalifiseer jy nie vir die bydraende staats pensioen nie! Ek sal 8 maande kort wees! My eerste salaris het ek in Maart 2004 ontvang –voor die tyd het ek net gewerk sonder vergoeding omdat ek in opleiding was!
By die werk gaan dit hals oor kop- sommige nagte lyk dit of Noag die ark se deur oopgelos het en al die diere uitgekom het en sonder rigting rondmaal! Daar is glo 4 TRUSTs betrokke by die onderneming om die Noord Ierse mense te opereer teen ‘n spesiale aanbod wat MG ( die baas)uitgewerk het- ek wonder of hy regtig ‘n koste berekening gedoen voor hy hom hierin begewe het – die pasiente is veronderstel om hoogstens 2 nagte oortebly maar waar daar probleme was moes sommige vir meer as week oorbly. Die direkteur van Verpleging het uitgeloop!
Ons dank die Vader dat ons albei gesond is en dat ek nog my nagtaak kan doen. Ek het ‘n probleem en ek werk daaraan om dit te oorkom maar telkens gee ek in en dit iswanneer hulle oplui en met ‘n benoude stem vra of ek kan help – dat ek elke keer ‘JA’ sê.
Ek sou nou ‘n week afgewees het omdat ek 6 nagte gewerk het maar ek was nognie mooi wakker nie toe lui die foon en ek werk ‘n nag reg in die middel van my aftyd! Ek is ‘n idioot – ek weet, maar dit is nou maar so-ek kan nie NEE’ sê nie.
Ons voëltjies sing so mooi in die heining soggens vroeg tot laat aand – die ‘black birds’ sing saans as dit donker word- ongelooflik mooi!
Ons baba kat wat Lukas oor die foon as JET gedoop het kruip ook in die heining rond –hy is wilder as wild en kom eet saans as alles stil is – eet sommer die kos wat ons vir die Jakkalsies uitgooi- eintlik is hulle nie jakkalsies nie maar by die gebrek van ‘n ander woord noem ons hulle maar so? Vossies? Nee tog- maar in ieder geval hulle lyk uitstekend, pelse blink en hulle is spek vet- so ook die katte Pa en Kind!
Ons het ‘n MINK( die woordeboek sê- Nerts-haha ) maar hierdie een was nog lewendig toe ‘n vragmotor hom voor ons hek tot die dood veroordeel het- hulle is byna, in die omgewing meer gevreesd as die jakkalsies want hulle byt die lammertjies dood. Elke boer is op die uitkyk vir die gevaarlike karnallie –hulle woon naby stroompies en riviere waarvan hier in ons omgewing genoeg is.
Die gedoente met die Pous is ook aan die gang in die agtergrond – nie dat dit ons enigsins hinder nie maar dit het tog na vore gebring die kardinaal wat vir jare in Engeland op ongepaste wyse sy lewe gelei het!
Môre is Sondag en ek sit in die bank- en nie voor die orggel nie- dit is Joy se beurt en ek het haar darem nou so vér dat sy helfte vinniger speeel as vantevore- soms moes ek 2x asemhaal voor die einde van die frase.
Ons predikant soos gewoonlik ‘n uitstekende spreker en ‘n wonderlike siels voeder!
Die foon het gelui en ek werk vanaand- dus moet ek nou my skrywe kort knip, Die kinders kom ook more nou weet ek nie of ek in die kerk sal kom sonder ‘n slapie nie!
Verjaardae!Die 11de Nicola Josling, en die 14 de Jaco in Roodepoort ook klein Paul van Tweeling Paul en Hanlie
Veels geluk aan julle .
Ek weet nie of die posduif die nuus reg oorgedra het nie maar – ek dink daar is nog ‘n Oupa en Ouma naby die Limpopo in wording! Veels geluk!
Ek moet nou vinnig groet!
Al is my vingers nou bevrore die groete is warm!
Bly versigtig, wees bedagsaam en ry veilig!
Liefde groete
Barry en Christina
Sunday, March 3, 2013
Spring and sunny greetings
Sunday!
Dear family and friends far and near!
We have had dry weather now for more than 2 weeks- a record to all Irish standards, the fields are drying out and most days we have had some sunshine, so deeply appreciated.
The temperatures are still not up to Spring weather but we are getting there. It is some time since my last writings and apart from our wonderful protected lives living in the country between wild-life(only small variety), cats, minks, foxes and birds there were a few things worth mentioning.
The wonder of prayer is heavy on my heart, just 10days ago the Lord put into my hands the life of a man that was refused surgery in the County Hospital and the surgeon decided to do the replacement of his peg tube and catheter in our hospital, The patient also suffered from Motor Neuron disease and were not well. He breathes at home with the help of a C-pap machine to improve the oxygen intake which the family left at home and never mentioned to the staff. Back from theatre where he has already been in difficulty and a tube was placed in his nose to assist with a few things- I will leave the detail out- he got through the night . I was suppose to be on duty with another nurse, but, when I came on duty I was alone, only with a carer to assist me with 12 patient of which this very sick man was one!
At 05.25 the hair on the back of my neck suddenly caused me to get up and look in on this man- I have been with him most of the night but had to do some writing and was in the office, just to find him in severe distress- I prayed and prayed and with adrenalin pumping at speed through every vein, my carer assisting me , later the Doctor ,the ambulance men, all summond in the minutes that felt like hours while I performed CPR. Eventually we got a heart beat and he showed signs of recovery but only for seconds- he was practically dead but with the grace of God he eventually, with airway access through the tube in his nose and ambu-bag assistance we got him over to the County where the Respiratory team took over- He regained some consciousness and recognised the family but died 24hrs later. It has been the most traumatic experience since my arrival in Ireland. But I got him through with the help of God so that he could still see his family!
In the meant time I worked over 100 hrs in 2 weeks and hardly hads time to enjoy the sunshine!
The horse meat debacle has now taken over the main news after Oscar and the killing of the Taxi man!
Our Government are playing games – scaring people into disaster management and suicide, just to turn around when the workers are threatening to withdraw their services. The rich stays rich and even get richer to the detriment of the hard, middle class worker- a disgrace!
I played the organ this morning after a heavy night with a lot of sick women whohad hysterectomies and more, but stayed awake and the singing was great- all to the glory of God!
The daffodils are blooming and every morning there has been another one opening- such a wonderful way creation works.
Thank you to all who wrote letters in the past 2-3 weeks, I sometime read them late at night and sometimes days later but every bit of news and experiences is treasured.
To all those who are preparing to write exams, we wish you good papers and bright minds.
Birthdays- happy returns to all!
It has been wonderful to experience the longer days and shorter nights.
The children will be, God willing, here next weekend and we are looking forward to it!
Take care, be careful and alert
With sunny greetings from Cranleymore
Barry & Christina
Tuesday, February 19, 2013
Sonskyn groete vanuit Cranleymore
19 Februarie’13
Liewe allemaal, familie en vriende,
Daar is seker nie nog mense op aarde wat so bly is om die son te sien as die Iere nie- wat ‘n wonderlike dag, wakker geword met die son wat by die venster inskyn.Nou weet julle seker al dat jy nie hier saam met die hoenders opstaan nie maar rustig bly slaap tot tyd en wyl die lewe daarbuite begin ontdooi het!
Die lug was buitengewoon blou hier in Cranleymore met die son wat alreeds ‘n hele paar grade noord beweeg het en heelwat warmer is as ‘n paar weke gelede. Temperature is, veral dae wat die son skyn, laer as bewolkte dae en die hoogste vandag was 8 °! Daar was geen wind nie en het ons die geleentheid gegee om hierdie uiters belangrike taak van snoei agter die rug te kry.
Ons het erg terug gesnoei wat ek het nie verlede jaar die rose gesnoei nie, ek is nie seker wat om met die vrugte bome te doen nie – laat weet asb- ek het die dooie stukkies van die druiwerstok afgesny, die framboos bessies en appelliefie is goed terug gesny- as ek terug dink aan die vrugteboord in Calvynsingel kan ek gesnoeide vrugte bome in my gedagte sien.
Ek moet ook nog my 4 appelboompies wat in groter potte oorgeplant moet word as ook die 12 lemoen bome! Ek het druiwe pitte in die grond gedruk en ek dink 5 van hulle het opgekom.
Alles het reeds begin uitloop en waar ek kon het ek stiggies in die grond gedruk. Sal maar sien wat gebeur. Al die dooie dinge is uitgetrek en Barry sal op ‘n volgende geleentheid die vuilgoed verwyder- ons het ook ons oggend koffie in die tuin geniet –heerlik met die gesing van honderde voëltjies in die heining agter ons. Wat ‘n wonderlike voorreg en dit is met groot dankbaarheid dat ons sulke momente so lank as moontlik vasvang in die hede want wie weet wat môre se weer vir ons bring!
Ek het baie hard gewerk die afgelope twee weke met 3 busse elke dag van die Noorde met 8 pasiente, die laaste bus arriveer 9nm en neem dan die laaste 8 weer terug. Die afgelope week was groot operasies en meeste van die mans wag al tot 4 jaar vir hul prostaat operasies- niemand wil aan hulle raak nie want of hulle harte is al op die laaste trap van hul lewe of iets anders het reeds die gees gegaf maar niks is teveel vir hierdie klomp Ierse Pakistanies nie en moet asb nie die Suid Afrikaners vergeet nie, durf alles aan! So –ook is die ellende van bloeding en ander post operatiewe probleme ‘n groot probleem – Na regte moet pasiente ten minste 3 ure wakker wees van algemene narkose voor hulle mag huistoe gaan maar die narkotiseurs maak hulle gou wakker en hulle kom totaal wakker terug in die saal en na 2 ure het het hulle reeds ge-eet en die toilet besoek en is weer oppad terug Noorde toe. Die groter operasies bly vir die nag en gaan dan met die volgende bus ,wat in die môre arriveer met pasiente, terug. So het ons gemiddeld elke nag 26-30 pasiente in die saal gehad –sommige wat eers 11nm uit die teater kom- soms sit ons vir die eerste keer teen 5vm om ‘n koppie tee te drink! Jy moet jou werk ken en weet hoe om bloeding te stop en op te let vir ander probleme! Nou ja, na 9 jaar in akkute verpleging dink ek dat ek myself soms oortref, besef nie eers wat alles iewers in die brien gebêre is nie! Ons moes ook Sondag aand ‘n pasient terug neem teater toe – ‘n Pakistanie Dr wat in Belfast werk het kom help en hy sal nie maklik weer terug kom nie- hy is ‘n slagter en het geen respek agtergelaat nie veral nie nadat hy ‘n man van 66 jaar wat ‘n sirkumsisie moes hê , en aangehou bloei het, die volgende oggend, die bloeipunt toegewerk het sonder verdowing- die man het byna flou geword van pyn-en ek het albei sy hande styf vagehou en so hard as wat hy skree het die trane oor my wange gerol – dit was wreed verby- ek het geopjekteer en gevra waarom hy nie die man lokale verdowing wil gee nie maar hy het gereken dat dit die prikke van die naald dieselfde pyn sou veroorsaak as die van die naald waarmee hy toewerk. Ek hou nie daarvan om Dokters te rapporteer nie maar die slagter het ek dadelik gerapporteer!
Ek kom eers na 10vm tuis –vreeslik ontsteld en die idioot ry deur Belfast toe min gepla!
Nou ja gelukkig kom daar darem altyd iemand tot ons redding en ons eie uroloog het hom onder hande geneem en vertel dat ons hier op mense opereer en dat hy nie weer toegelaat sal word om in ons hospitaal te opereer nie.
So kom ek toe aan die einde van 5 lang hardwerkende nagte en slaap byna vir 16 ure van moegheid. Gelukkig voel ek nou weer goed uitgerus en sien weer kans vir die volgende sessie.
Op die politieke front gaan dinge maar beroerd! Die spul aan bewind het mos toe die beloofde paaiemente teruggesoot tot vér in die toekoms in en nou word daar getwyfel of dit wetlik was en ons staan alweer op die rand ‘n ander fianasieële krisis. Iewers moet hulle geld spaar en elke keer is dit die mense wat die mees belangrikste dienste lewer wat aan die pen ry- die polisie, verpleegster en die brandweer – die rykes word net ryker en die armes net armer! Hulle wil nou hê die verpleegsters in die algemene sektor asook die ander moet meer ure werk vir minder geld! Al die jong mense het al die land verlaat want hulle kry nie werk nie en die wat hier bly word uitgemergel tot op die been.
Ons laat ellendes agter ons en beweeg nader na die natuur- die jakkalsies blink van goeie voeding- gewoonlik is hulle maar ellendig maer en lyk lelik van hongerte maar nie die wat hier kom eet nie- hulle is vet en gesond! Die voëltjies gee ons steeds oneindig baie plesier- die goue vinkies is pragtig bietjie skaars maar hulle kom en dit is wat belangrik is!
Ons eerste affodille blom met die kroukusse geel en pers tussen-in, baie mooi!
Die kinders kom die 10de Maart kuier –dit is my eerste naweek af en Lukas wil die koeie sien, hy is baie lief vir enige dier - ook groot belangstelling getoon vir slange wat by hulle inkopie sentrum ten toon gestel was het selfs een om sy nek gehad waar ons ‘n foto van het. Glad nie bang nie en hulle moet hom gereeld dieretuin toe neem!
Ek het Sondag diens gemis en voel erg verhongerd maar ons sal volgende week weer terug wees, ek voor die orgel ,al het ek die vorige nag gewerk,want dit is my beurt om te speel!
Verjaardae het by my verby gegaan en ek wens almal wat verjaar het Veels Geluk met net die beste van gebeure vir die jaar wat voorlê! Ryklike seën en voorspoed! Renate Röhrs, Garth Kruger, Rozanna Kruger!
Ek het heerlik gelag, die trane het gerol oor Haya se storie van die paspoort foto en natuurlik al die nuus van die kinders. Die reis verhaal van Gerda was ook verslind! Elke brief word verslind miskien nie dieselfde dag as wat hulle arriveer nie maar in goeie tyd! Ek het ook ‘n heerlike lang brief vol nuus van Br Mendel ontvang, baie dankie Tjaart dat jy so gereeld my briewe aan Br Mendel gee! Baie dankie nogmaals aan almal wat so gereld skryf- dit is wonderlik om julle nuusies te deel.
Ons harte is baie seer en ontsteld oor die Pistorius ellende- dit maak elke dag opskrifte in ons hoof nuus bulletin- baie erg!
Die vrouens wat hier in die vroeë 50tiger jare in die Magdalene werkshuise geplaas was of deur die staat of families –en deur die nonne bestuur was- maak hier weer hoof opskrifte vir die onreg wat hulle aangedoen was omdat hulle of arm was of ‘n kind verwag het- hulle was erger as slawe behandel ,somtyds wreede dinge beleef veral die wat as kinders daar aangekom het. Hulle wag nou dat die Taoiseach eksuus sê, vir wat die regering toegelaat het gedurende daardie tyd!.
Nou het ek alles kwytgeraak wat daar te vertelle is.
Ek sal nie volgende naweek kan skryf nie want ek werk weer en dan vlieg die weke verby!
Wees steeds baie versigtig en bly voorbereid op enige ellende!
Baie liefde groete aan almal- vanuit ‘n blou hemel en pragtige sonbeskynde Cranleymore
Barry en Christina
Saturday, February 9, 2013
Greetings from Cranleymore
9th February 13
Good day to all family and friends,
Temperature 8° and very mild, no wind for a change, and although very cloudy, no rain!
The daffodils are all making heads and the tulips are not far behind! I have to do the pruning this coming week and hope sincerely the weather will allow me!
The poor farmers –the fields are so wet and those who do not put their cattle in a shed finds them knee deep in mud! Not good for their hooves and bones.
The Ballinasloe Horse & Animal fair, usually held in the 1st week of October were shown on TV a few nights ago and we were appalled at the condition of the animals, Most of the animals traded are from the travellers community and they do not care about the ponies, dogs or rabbits- The ISPCA equivalent to SA SPCA has a full time job rescuing animals and removing them to the veterinary department for either being put down or for treatment if possible- so very sad.
Off-course the horse-meat debacle is now stretching into Spain and even Norway and Sweden- no-one knows how long this has been going on and as Gerlof says – everyone is still alive –just sell it to who-ever like horse meat – cheap- but as it is the reputation that is so important thousands of € horse contained lasagne, and burgers will land on the burning stakes rather than taking it through to the poor hungry people in Africa, and all over, for whom there is always an advert on the TV with the flies crawling around the snotty noses and in their eyes- no mother has only one hand and she can easily get rid of the flies but it seems as if they love to see the flies around these poor children who are not taken care of by their own governments –these poor people’s governments are usually in war with some other country and every cent goes into weapons and their own pockets! It is a disaster and here we destroy the meat because it contains horse meat!
The lot of politicians in Dublin came to some agreement about the promissory notes given by the previous Government to pay back the money borrowed to keep the banks going, paying it now back over 40-50 years , instead of liquidating the whole lot immediately- but that would have deprived them of their share of payments due to them and therefore the working man and women had to make the sacrifice by paying Social tax, extra high tax and high interests on any money on loan(if you are so fortunate to get a loan)/ during the middle of the night- the lot liquidated the Allied Banks of Ireland and had to fly the Lepricorn(our President) back from Italy to come and sign the papers. Our grand children’s children will now have to pay the debt made by people who did not deserve to ever have been allowed to handle money! One can become very bitter because of the fact their god was, is and will forever be MONEY.
The financial dilemma that is present in this country is beyond comprehension and suicides are at the order of the day- the people in general have no idea under what stress some families exist and financial burdens they carry- and living in a country where God is not an option they take their own lives thinking that is the only way out!
Sad events like this never come near to you until you are shaken cruelly into realization that it is happening to people you know- The carer who worked with me on Sunday night asked in the morning, if she could leave a few minutes earlier to give her husband a change to get her home and still be in time for his job- {I know her husband – he worked for 2 years with me, a wonderful compassionate man hard working} Director of Nursing for a Nursing home in Mullingar. He was not outside when she left the building- thinking that he might have overslept, she got a lift home and as she opened the front door she saw him, hanging from the staircase! It is just such a terrible shock- hard to understand – but- we know so little about what goes on in people’s lives and who will know what drove him to do it!
There are cancers and ‘cancers’ the one we try to cure as soon as it is discovered but the other one – more deadly than the 1st get pushed into the background-many a time- not to be spoken off or to deny the existence of same- bringing more heartache than can be imagined!
To step away from people that speaks one language and do another........................
The birdlife in our garden is a wonderful experience of beauty and song- we feed surely a hundred birds at a time and not knowing how many come from some-where else – the numbers increase every day! We have also been introduced to baby Blackie- looks just like his father- with white dot on the chest- and all- the first time they both ate from the same bowl the little one gave dad a clout in the face and demand to have all the food for himself it was fascinating to watch how the father stood back and allowed the little one to finish the milk and all the food! We first saw this cat eating the corn on the ground underneath the feeder- very wild -he ran away when we called him but his dad must have communicated with him because he eventually had the courage to come nearer and enjoyed a meal, meant for his dad! We were watching quietly from the kitchen window. He has found shelter with his dad in the donkey-house under the black plastic!
The foxiest come at irregular times and we think mother is either looking after young and cannot get away at her regular times as you all know looking after children means your time is not own any-more- or -they are coming from far away!
It is my turn to play the organ tomorrow and by now I know the Hymns very well and look forward to bring glory to God for all the blessings he bestow upon us every hour of the day! The weekly nourishing food for our souls- essential for our spiritual well-being- such a privilege.
Birthdays: some have had a birthday during the week- I did not get to write last week as I worked all weekend!(Bus loads of patients coming from Belfast- NHS getting rid of their patients who have been for years on a waiting list).
Nine became a year older on the 5th – Kathleen in England &Belinda on the 8th (yesterday) Phillip Josling on the 12th and Brenda Dunne in England the 13th! Happy Birthday to you all! May it be a very good and blessed year!
Hope sincerely that Mader get the work- although far away from Gerlof and Sandra – it is still in England!
We are also sharing in the joy that Jeanne got a job and that Christiaan is now in UOVS- as I used to know it- surely something else now!
Sorry to hear that MarieJanke work so hard –but there are times that we all have to do it!
Hope sincerely that the dragons belonging to Devlin who laid the eggs will have off-spring very soon!
We Skyped with Finbarr and family this morning and had the joy to see my grandson Lukas- could not hug him but do enjoy listening to him and looking at him! I have horrible off duties and will be working every weekend form next week until 7th March – hope to visit them then!
Do remember to send photos, stories, events, family and friends experiences- as you know I regard this line of correspondence as my umbilical cord with the family and SA.
I also welcome (Dr) Tertius Venter to my address list and hope that he will become part of my letter family!
Time for me to get the chicken in the oven- remember if you do not want to read this- hit the delete button!
May the week ahead be good, filled with the nearness of our Lord in your lives. Stay always alert and be careful on the roads!
Warm regards from Cranleymore where the temperature has dropped since I started this letter!
Barry and Christina
Monday, January 28, 2013
Nat Cranleymore groete aangewaai deur sterk winde
27 Januarie 13
Goeie dag aan allemaal, familie en vriende,
Kannie glo dat ek 2 weke gelede laas geskryf het en intussen het die winter in al sy glorie gearriveer. Ons het verlede nag ‘n storm beleef wat ongelooflik was – die wnd het storm sterkte gewaai en die reen het onophoudend geval wisselend met ys reen. Sommige dae wanneer dit aanhoudend bewolk is en heeldag byna reen styg die temperature bo 10° en 2 dae later is dit -2°.
Soms sneeu dit maar dit plak nie en smelt gou en Barry tel die dae na die einde van die maand want hy glo vas Februarie bring verligting. Hier snoei ons ons alles in die eerste 2 weke van Feb en met die einenaardige weer het alles begin uitloop en ek sal alles moet afsny en saag!
Die immergroen plante lyk goed en ons sal sien watter van die blom plante het oorleef! Die tulpe en affodille staan goed hoog en die croucusse blom reeds. Wilde primroses staan orals in die onder veld! Anemone is nie gepla met ryp of sneeu nie en staan reeds goed hoog!
Ek het alweer toegelaat dat werk my lewe regeer maar elke sent is welkom.
Daar is so baie mense wat in ellende verkeer dat ek as Nuwe Jaars voorneme besluit het om nie weer te kla as ek hard werk nie en meer te lag! Ag,ek geniet dit so om oor iets moois te lag –dit lig my bo die donkerste ellendes uit!
Die Baas ry nou pasiente van Belfast aan –die wat reeds lank op NHS se waglys is- 3 ritte op ‘n Woensdag, Donderdag en Saterdag! 25-30 per dag – die bus kan net omtrent 10 pasiente laai en soms kom ‘n metgesel saam om die mans se hande te hou- Hulle is gewoond om alles vir gratis gedoen te kry en ten spyte van die feit dat hulle nou vinnig gesien en geopereer word is hulle ondankbaar en kan baie ongeskik raak as hulle moet wag dat die sarsies gesien , ontslaan is en dan weer terug in die bus kom om die terug tog aan te durf! Ons werk ons in ‘n peetjie ,dit is soos ‘n wors masjien daar is net geen einde nie. Donderaand het die laaste pasient 9.20 van teater terug gekom, Hy was veronderstel om huis toe te gaan as hy nou ge-eet het , stabiel is wat observasies betref –want hulle kry net sedasie vir ‘n sistoskopie en biopsies – Hulle moet urine passeer voor hulle kan huis toe gaan en die 60 jarige man staan op nadat hy 14 ure gevas het want hulle het nie besef dat hy ‘n ligte ontbyt kon eet nie en was nou effe laag in energie- die helper was by hom en het hom gehelp tot in die toilet- sy staan toe ewe ordentlik buite die deur toe sy die slag hoor en vlieg die toilet in om hom op die vloer te vind- uit soos ‘n kers- as die ‘emergency’ klokkie afgaan los jy alles en hol en ek vlieg die gang af teen ‘n goeie spoed vir ‘n ou tannie! Sy vrou het haar asvaal geskrik en is in trane en buite haarself – die man het self opgestaan en was oppad terug bed toe toe hy weer sak en ek vang hom net betyds tot op die toilet- en toe is hy nou regtig weg - hy lê soos ‘n baba met sy kop op my maag en om hom regop te hou sodat hy nie weer die vloer tref nie!- is hy yskoud, klam en ‘n pols slag net so nou en dan daar is! Met behulp van ‘n rystoel tel ons hom toe oor en so vinnig as moontlik bed toe kry hom daar en ek wil die bed tilt en breek die bed se voetekant af in die proses maar die bed wil die saam werk nie- en op ‘n manier- met duvet en sy hand bagasie lig ek sy voete omhoog terwyl die ander verpleegster die Dr roep voor hy die gebou verlaat- hy terug- intussen het ek EKG gedoen suurstof oop gedraai ,die drip laat hardloop sodat ons vloeistof in hom kan kry en sy histeriese vrou buitekant- maar nog steeds wil hierdie man net vir sekondes met my bly en dan is hy weer weg want hy is toe in ‘n gevaarlike bradikardie van 28-32 ppm. Dr arriveer en ek hardloop vir die ‘Crash’ trollie 20 minute later het ons hom mooi terug by ons met atropine in sy bloedstroom en glucogel 2 buise vol!. Intussen lui die Dr die narkotiseur maar daar is geen antwoord nie- hy het bluetooth in sy kar en weet dat hy sal antwoord as hy sien wie lui maar tevergeefs! Teen 1vm is hy weer normaal het soet tee en roosterbrood agter die blad –sy vrou het opgehou huil maar die narkotiseur antwoord steeds nie sy foon nie!
Toe die Dr tevrede is dat die man die nag sal maak -al bly hy in ‘n bradikardie van 32-40 is hy darem nou met ons met geen skade nie!
Die Dr ry Dublin toe en lui toe hy daarkom om te hoor dit hoe dit gaan. Die volgende oggend vroeg lui hy weer en deel ons mee dat die Narkotiseur die vorige aand in ‘n kop aan kop botsing oorlede is op die motorweg en dat hy by die ongeluk verby gery het. Hulle was baie goeie vriende en vandaar dat hy nie sy foon geantwoord het nie. Hy is dood dieselfde moment wat die man omgekantel het. Ons was baie hartseer!’n 24jarige dronk bestuurder het aan die verkeerde kant van die motorweg in hom vasgejaag!
En dit met 29 pasiente wat nog aandag moes kry en ‘n bus met pasiente wat moet terug Belfast toe! Nou ja die Here is goed en help ons deur moeilike tye soos die!.
Maar ‘n klein stukkie van my verpleeg ervarings- en ek is elke week op diens as die bus van Belfast kom!
Intussen het ons ook die baas as pasient gehad en hy is gediagnoseer met thiroiied kanker en het ‘n totale thirodektomie ondergaan. Bestraling le nou voor!
Op die politieke front gaan dinge broek skeur en om daaroor te praat maak dinge nie beter nie dus refrein ons om dit te bespreek. Ons het wel die hoof op skrifte gemaak met die perdvleis burgers!
Ag, dit is heerlik om ‘n briefie van die plaas te kry , Haya en die gereelde skrywers Nine, Gerlof, Leopold en Isabel- al die ander wat gereeld antwoord op my briewe – dit word baie waardeer! Fotos om na te kyk is kosbaar!
Baie bly dat Joy veilig terug is in Brisbane na haar lang SA besoek. Verskeie van ons SA vriende hier, is op die oomblik in SA en ander is oppad terug!
Maandag 28ste!
Ek moes kies – of ek skryf die brief klaar of kyk na die pragtige program van Attenborough oor Suidelike Afrika- ek kies toe Suidelike Afrika!
Dis 10vm en donker buite- die wind waai gevaarlik en hulle voorspel sterker winde en nog meer storm reen!
Net klaar Barry se hare gesny nou moet hy met sy mus op die kop buite toe!
Verjaardae:Reuben Kruger 29ste,Tim Cooper 31steTjaart die 1ste Veels geluk aan julle almal mag dit ‘n baie goeie jaar vir jul almal wees! Jonk en oud!
Ek wens ek kon julle elke Sondag laat inluister na ons predikant – wat ‘n begaafde man en die voedsel vir siele word net ryker en ryker!
Ek het gister voor die orrel gesit en die 10 mense het hard probeer om te sing! Dit was ‘n ontstuimige oggend en met 2 siek gemeentelede een 85jr en ‘n totale heup vervanging en sy broer 88jr ‘n totale invaliede na hulle kanker uit sy gesig gesny het, ‘n boer wat van sy perd afgeval het ,sy sleutel been gebreek het en na 4 weke geen groei getoon het nie- word môre oggend geopereer vir penne en skroewe – was die kerk maar leeg!
Die spul boewe het ‘n Garda dood geskiet Vrydag gedurende ‘n rooftog – sommer net so –alles moes presies uitgewerk gewees het en die land is in groot skok want jy skiet nie ‘n Garda nie! Hulle brand die karre uit sodat daar geen DNA agter bly nie en vir €4000 is hulle oor die grens! Ongelooflik!
Ons klein jakkalsies lyk te pragtig , die kat is spek vet en die derduidende voëltjies wat nou goue vinkies en groen vinkies insluit- gee ons groot plesier!
Ek het genoeg kwyt geraak en hoop dat julle almal altyd baie versigtig is, wees bekend met jul gevare en ry versigtig!
Aan almal wat reg maak vir troues , vir babatjies wat kom, vir oupas en oumas, wens ons ‘n baie geseënde week toe!
Liefde groete van ons twee in Cranleymore waar die wind woes waai en dit nog steeds reen!
Saturday, January 12, 2013
Winter Greetings 2013
12 January 2013
Good day to all, family and friends,
.....and then the cold came. After a very mild December with temperatures between 6-13°, we became spoiled and with a sweep of a brush we were plunged into -3, frost and freezing winds. The new plants and buds were surprised but have survived so far and we hope that not too much damage was done.
Lambing time has arrived and everywhere in the fields you see the ewes with little lambs, it is such a good and wonderful sight, new life in a new year.
Thank you Paul for the series of lovely photos of your December get- together, I did not recognise all the people in it but it was still a wonderful thing to look at people you know, even Elsje, Barend and Hurter, I surely did appreciate it.
Also a big thank you for those who took time to write over the New Year, every little bit of life experiences, sorrows and happiness is important to me.
Our year started with the one disaster after the other. The Electricity problem was just under control, the service department if Indesit notified about the problem with the washing machine and the broken down tumble dryer.
We walked into the kitchen on Monday morning, a week ago and found the floor under water. Every bit of courage for the day ebbed away.
The previous evening there was a crackle coming from the light when we switched it on. And we blocked it with tape in order not to touch it until Barry had a change to check it. With all the water on the floor it meant that at least the floor got a good wash Several towels on the floor and Barry on the step ladder, the light cover was removed to present us with nearly a bucket full of water –collected .( Electricity switched off ) It meant that there was a leak in the roof and in spite of several covers and insulation the water got through. He poked several holes in the ceiling and released an avalanche of water. The light was removed and the wires secured. Barry got into the roof, and found the leak in the flat part of the roof where the water seems to accumulate –it is a very small leak but with 120mm of rain in 3 weeks we are now without the 2nd light in the kitchen. We waited for the Indesit engineer to arrive and by Thursday still no appearance. During the afternoon we paid a visit to Ganly’s where Barry made sure they understand that we were not satisfied with their customer service and that it has now been 2 weeks that we were without a washing machine. The same evening we received a call from Indesit themselves informing us that the engineer will be with us at 07h15 the next morning if it suites us otherwise we will have to wait till the next Monday. Needless to say we agreed, got up at ½7 in order to be presentable when the engineer arrives. The plastic knobs must have been of inferior quality and broke- I will have a new set of knobs within a week and off he went! It became a long day and we decided that with some time on hands before I start my stint of many nights it was a good time to go and look at a tumble dryer. The old one we inherited with the house and do not know how old it is and to try and repair it will cost more than a new one.
We are now the proud owners of a working washing machine and a new tumble dryer, the wholly ceiling and one lighted kitchen.
I also started working and did 6 nights with a break of one night in between. Not even long enough to get out of your pyjamas.
We got out of the blocks with some speed. On Wednesday we had 58 admissions into 3 wards, the staff thinly spread and the night we knew that theatre was busy! I do thank the Lord that I can still do my work –although, I have to admit that I am tired in the morning and the drive home not conducive to safety on the roads. I play the music loud and sing at the top of my voice in order not to dose off!
Our visiting animals are as always a great joy, the cat‘s belly is hanging on the ground, spoiled rotten. Just before Christmas we heard some shots and as it is hunting season we do hear shot every now and again and did not think much of it, but....our pheasant has not been visiting again and we fear that he is dead.
He used to run into the back garden eating hastily and we do miss him. Glad I had a chance to have seen him and could take a photo.
On the political front Ireland received the Presidency of the European Union for the next six month which brought quite some publicity to Ireland. The X case of 20 years ago and the recent Indian woman who died of septicaemia after the Drs refused to do a D & C on her after she started to miscarriage is now the topic of legal discussion. The Catholic Church and the medical profession in battle!
Birthdays: Corlé had her birthday on the 9th I know I am late but a big Happy Birthday to her. MariJanke will be a year older on the 16 th . We hope that your year will wonderful!
Our sincere sympathies with Marjorie and family on the death of ‘Pa Daan’.
Tomorrow is the best day of my week and I will be playing the organ. A Wonderful experience every time!
The battery of this laptop is screaming in my ears and I will have to say good bye! ( Have been sitting in front of the fire)
Cold wet and frosty greetings from Barry and myself!
Be always alert and careful at home and on the roads!
From the two of us in Cranleymore
Subscribe to:
Posts (Atom)