Wednesday, September 17, 2008

Groete

12 September 08





Vrydag





Goeie dag familie en vriende



Na dae van aaneenhoudende reën het die son vanmôre sy verskyning gemaak en ons opgekikker vir ‘n paar ure…daar was ook die verwagte paar buie reën tussen-in maar dit was te wagte…



Ons is in die proses om al die blom houer van die afgelope 3 jaar te ontgrond en alles wat wortels het uitteplant in die tuin .Barry sit sommer so 3-4 rose in een gat hy sê as hulle groei is dit goed…hy is moeg van sukkel..hierdie jaar was die rose baie power- miskien het ek hulle te veel teruggesnoei…of miskien het hulle verdrink…wie weet maar diertjies en goggas wat ons nie kan sien nie het elke roos blaar opgevreet daar is net geraamtes van die blare oor. Spuit help nie. Die rose wat ons laat Julie teen die nuwe muur geplant het staan vier en regop met trosse rose aan..geen blaar gevreet nie en groei vir ‘n vale..die grond is nou goed gebruik vir opvul in gras area.

Eet nog steeds ‘rasberries’ en aarbeie ..pluk daaglik nog so 5 aarbeie ..dit is nou die wat nie deur die eienaardige gestreepte geel en swart vliegende goggas ge-eet is nie



Die non wat so siek was het genadiglik gister oggend gesterf..ek het haar nog deur die nag versorg maar het geweet dat dit minute sou wees nadat ek die deur uit is..en so was dit dan ook…sy het so gely…en die katolieke het ander gewoontes as wat ek mee bekend is alhoewel ek nou 9 sterftes gehad het sedert ek by die hospitaal is en telkens verbaas is oor hul doen en late. Twee nagte gelede toe sy nog helder was het ek haar gevra of ek vir haar kan bid en sy het gehuil en geantwoord ’Please Christina DO!’

Dit het hopelik ingang gevind…ek het vir die ander non wat 2 jaar gelede dood is gesing maar hier was te veel mense om haar en ek voel nou jammer dat nie tog maar ten spyte van hul aanwesigheid vir haar die seenbede gesing het nie.Ek woon nie hulle begrafnisse by nie want ek en begrafnisse is nie vriende nie. Ek weet dat daar sekere begrafnisse is wat ek wel moet bywoon maar dit is nie deel van my geestelike instandhouding nie.



Die spul idiote wat nou 8 weke besig is om ‘n sypaadjie te bou v ir die stappers is nog steeds besig..die Stop/Ry reël geld en die karre stop nou naby aan ons ingang wat baie irriterend is…elke nou en dan dink ons iemand stop voor die huis…maar dan is dit net die stop teken wat dit veroorsaak…maar die spul Iere neem hulle tyd..langsaam word die werk gedoen so al asof hulle bang is hulle word moeg! Baie tipies van die donker inwoners van Afrika. Hulle gebrek aan ‘common sense’ laat ook veel te wense oor.

Die verbot op die drink van water is steeds in werking en Woensdag in die plaaslike koerant was daar toe ‘n kleur foto van ‘n glas beker met ons area se water in…lig bruin …hulle maak uit asof hulle erg 1ste werelds is maar ek dink selfs die water in Etiopië word gesuiwer maar nie hier nie…Hulle gaan my nog in die tronk gooi ..



Soveel vliegrederye is bangkrot verklaar sedert die olie prys die hoogte ingeskiet het …toeriste en vakansie gangers is orals op lughawens gestrand …en ook reisburo’s word elke dag roegemaak..my hart gaan uit na die passasiers. Veiliger om maar liewer met een van die groot rederye te vlieg.



Hier is die soveelste vrou dood aan kanker..wat misgediagnoseer was vir borskanker –sy was gesond verklaar verlede jaar en nou is sy dood – haar mammogram is weg..soos in ‘missing’ en almal skree nou dat die Min van Gesondheid die pad moet vat… ek kannie verstaan hoe sulke singe gebeur nie.. een ding is seker ek sal nie naby enige van die ‘screening tests’ in hierdie land kom nie ...so asemberowend mooi as wat die land is so word die gesondheid van mense hier beknoei.. Ek weet nie waar hulle die radioloe kry nie en die patoloe is ook pateties veral in histologie.hier is ‘n geweldige gebrek aan goeie laboratoriums en Radioloë



Ek is nou wonderbaarlik 5 nagte af en dit voel soos vakansie ..sedert ek weer begin werk het .was dit werklik baie besig en die werk baie intens.



Ons het ‘n nuwe gesin ryker geword by die kerk Werner en Christine van Zijl met 3 kinders. Hy werk by INTEL en sy maak kinders groot ..altans ek sal Sondag uitvind wat sy doen hulle is van Johannesburg voor hulle hiernatoe gekom het maar oorspronklik van Ooslonden en woon nou in ons naaste dorpie …so groei die Suid Afrikaanse gemeenskap hier met rasse skrede.



Het reeds die psalme en gesange vir Sondag ontvang en oefen heerlik! Daar was 10 meer mense in die kerk verlede Sondag en ons het die dak gelig met jubelsange!!!



Altyd lekker om briefies te ontvang en fotos is altyd welkom.





Ek groet

En hoop julle is altyd versigtig.

No comments: