6 September 08
Naweek
Goeie dag allemaal
Ek het besluit dat ek van nou af maar net sal laat weet dat ons wel is en so elke nou dan miskien bietjie meer skryf…ek het die nare gevoel dat dit erg verwelkom gaan word!
Die son skyn, die lug is helder blou ,geen wolk insig en na dae van reen is dit werklik welkom!
Die tuin staan einde se kant toe en ons beplan ‘n heel nuwe uitleg vir volgende somer.
Al die rose word nou uit die potte gehaal en in die grond geplant.
Mandjies word leeg gemaak en word terug in die skuur gehang tot volgende lente.
Blombakke ook leeg en weggepak. Nou net die rose teen die nuwe muur wat pragtig blom!
Die voorste muur is nog ‘n hoofpyn…maar ons sal wel ‘n plan maak en ons het besluit om die huis” Sarie MArais” te noem en ek sal in die loop van die volgende maande ‘n goeie stuk behandelde hout uitkerf met die naam en dit by die hek hang!
Werk is lekker…ek geniet dit ..soms werk ek erg hard maar dan vlieg die nag..en elke ‘thank you’ word ‘n sonkol!!!!
Môre is Sondag en die beste dag van die week.Ek bid dat almal die weelde van geloof ,liefde en hoop môre opnuut sal ervaar!
Ek weet nie van verjaardae nie…dus enig iemand wat dalk verjaar goeie wense!
Liefde groete
Barry en Christina(Stien..ens)
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment