Monday, October 27, 2008

Ierse groete

Saterdag 20 Sept 08



Goeie dag almal,



Net soos in Exeter gaan dit hier goed met ons…ons het soveel om voor dankbaar te wees… al die dinge in die finansieële wêreld raak ons min want ons val gelukkig nie in die vaggie waar ons benoud oor enig iets hoef te wees nie….



Ons het vandag per ongeluk ‘n somersdag gehad…en dit was wonderlik..’n son wat warm skyn , helder blou lug en geen wind nie… elke oomblik van so ‘n dag word opgeslurp tot die laaste druppel!



Die dae is heelwat korter,soggens kom die son nou op n a 7.30 vm op en gaan 20 na 7 onder..ek ry nou in donker skemer werk toe… in 5 weke se tyd verander ons na winter tyd en dan is ons weer 2 ure agter die wêreld.



Die tuin soos wat ons dit geken het vir die laaste 3 jaar is weg…al die pothouers is leeg gemaak en die rose orals teen mure geplant of hoeke wat sonder plant was…en ongelooflik om te sien selfs met die kouer weer hoe vinnig die rose nuwe lewe gekry het en van vooraf uitloop. Moeilike tyd van die jaar want daar is geniepsigheid in die lug soggens en om nou plantjies intesit veral in die hangmandjies is geld mors…dit is nou effens bleek voor die huis maar volgende jaar gaan dit pragtig wees…hopelik bygese!



Die blare is vinnig aan die verkleur en sedert Donderdag sien ons nie meer die swaeltjies nie…dus hulle is op hul lang tog terug Afrika toe…



Die ander voeltjies is erg verwen en ons is bang dat hulle sal verleer hoe om kos vir hul self te soek want hier kry hul alles op ‘n skinkbord! Die ‘mag pies’ en swart kraaie vertrap mekaar om stukkies brood te gryp en as ons ‘n beentjie buite gooi is dit binne oomblikke weg, die lug in.



Die gras is gesny en dit ruik heerlik en lyk goed. Gee altyd ‘n versorgde indruk so net na die sny …die kappertjies blom nog vrolik voort en dit bring darem nog kleur in die tuin.

Die aarbeie is nou op ‘n end…en daar is omdrent 200 kuiken plantjies wat nou in potjies moet geplant word en Barry is nie lus vir die harde werk nie maar ek wil graag kyk hoe dit werk…die voorplanting stelsel van die aarbeie.



Ek eet heerlik aan SA navel lemoene suiker soet…. en appels!

Werk is altyd heerlik …hulle dink ek is mal want ek is gaande oor my werk …ek geniet dit baie om so direk met die mense betrokke te wees….baie van die pasiënte kom van die noorde ..veral vir die kosmetiese verandering van lyfies.



Ons hoor op die nuus van die ANC se dinge en versoek aan Mbeki om sy pos te verlaat.ons bid vir ons VAderland met groot erns!



More is die beste dag van die week en ek kan nie wag nie… is daar iemand wat weet waar daar ‘n Halleluja boek te krye is… die dokter sal dit vir my bring….laat my asb weet.

Geen verjaarsdae nie net in herinnering aan broer Paul die 22ste…dink aan Nine en kinders.



Ek groet

Wees altyd versigtig

Tot volgende keer

Barry & Christina(Stien..etc)

No comments: