Sondagaand
5 Oktober 2008
Hello almal, Noord , Suid, Oos & Wes,
Hier sak die son nou laag in die horizon en verdwyn baie vroeg…ek ry saans in die donker werk toe en dit word nou net so voor 7 lig..ons beweeg ook nou nader aan die korste dag en moet seker verwag dat dinge nie altyd dieselfde bly nie maar gedurig deur verander..net soos ons weer… Ons beleef tans pragtige sonskyn dae maar soggens is daar ys op my ruit en bedags is dit net so 10 grade en soms nie hoer as 8 nie.Solank die wind nie waai nie is dit briljant…ek hou van die winter want jy weet wat om te verwag en is daarop voorbereid…en die kraak varshied van elke dagbreek is wonderlik.
Ek sou graag vir Haas Das hier wou kry om die weervoorspelling te kom lees…want dit is presies hoe dit hier is….vandag sal die son skyn en elders sal dit reen en miskien sal dit kouer wees want die wind mag dalk begin waai..ens
Ons beweeg in ‘n era in wat baie onbekend vir my is en dit is nog ‘n korter werksweek as wat ek tot nou toe gewerk het..ek kan onthou dat ons almelewe 48 uur ‘n week gewerk het maar vanaf more werk ons net 37+1/2 uur per week , voorheen 39 uur. Ons werk 12.5 uur ‘n skof en net 3 nagte ‘n week vir dieselfde salaries..in hierdie ellendige resessie tydperk en mense kwibbel nog oor verhogings …dit gaan my verstand te bowe… hulle laat liewer toe dat ‘n werksplek in likwidasie gaan en hulle sonder werk sit as om te se…iets is beter as niks…maar nee. Niemand wil vir minimum salaris werk nie…trek liewer werkloosheids pakket wat die land nog meer in die ellende in stoot en die rykste van die rykste betaal nie belasting nie ook nie as jy ‘n ‘artist’ of musikant is nie…lekker lewe ..
Genoeg van ellende…met ons gaan dit goed.Ons is, dank die Vader gesond en ek kan nog werk en geniet dit terdee…..Ons Afrikaner dokter besoekers bestaan nou uit 3 en ek praat nou daagliks Afrikaans baie lekker!! Tersius Venter, Martin Kelly en Francois Duminy..( hy praat net soos die Kapenaars)..miskien ken een van julle die ouens. Maak geld dood bossies met almal wat mooier en groter en soms kleiner wil wees.
Tuin bestaan slegs uit spinasie wat van voor af uitgeloop het na die grasmasjien dit afgemaai het.. dan is nog hier en daar ‘n roos wat mooi blom maar origins le die gras vol blare en die voeltjies se bessies is aan die klaar raak en ons gee maar bietjie ekstra voeding! Grondboontjies, gemaalde hondekos.en alle oorskiet beentjies word deur die kraaie verwoes. Die jong robin met sy ekstra rooi borsie is baie tetoriaal en jag die chaffinks weg sodra die arriveer om ‘n krummel op te tel. Snaak hoe hy stil wag terwyl die ‘hedge sparrows’ fees vier maar die ander jaag hy weg.
Ons het nog nie vas besluit nie maar ons mag dalk na ‘n antieke veiling gaan so uur of 2 van hier,,,ek soek nog steeds ‘n mat en eetkamer stoele ..het die tafel.. kort net sitplek. Omdat dit ver weg is relatief in ons terme mag ons oorslaap ..wat ek nog eers wil sien want Barry laat hierdie landgoed(hahaha) selde alleen vir langer as ‘n paar uur.
Ek hou van plaas stories dit kom net so lang uit mekaar en soms glad nie..
Geen verjaardae nie ..wel nie in my boek nie , Hildegard van broer Mendel verjaar die 12de en ek dink dit was ook tant Ella se verjaardag. Ons hoop dat julle Sondag ‘n geseende dag was, ek het laas nag gewerk maar het dit tog reggekry om die orrel te speel en soos altyd het ons die Skepper en ons Verlosser geprys met lofgesang.
Ek groet
Wees altyd versigtig
Barry & Stien( Christina ,,,ens)
NS Geen ekstra dotjies of kappies nie ..ek is te moeg om te sukkel)
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment