Monday, October 27, 2008

Groete vanuit Ierland

Sondagaand

19 Oktober 08







Goeie naand almal,

Hoop dit gaan goed met julle almal. Hier het winter met korte kennisgewing ‘n draai kom maak. Die wind waai my hier , en hy waai my daar en hy waai my deurmekaar!!!

Storm sterkte vir kusgebiede en ons is nie ver agter nie. Geniepsig koud en nat, gewoonlik is dit nie koud as dit reen nie maar vandag maak dit op vir al die dae wat dit lekker weer was. Barry het al vroeg die vuur aan die gang en die huis is heerlik warm dus kla ek glad nie. Ek sou vanaand konsert toe gaan in Dublin maar het daarteen besluit want ek sou dan na 12 middernag die pad van Mullingar alleen moes aanpak en alhoewel dit nou nie hier gevaarlik is nie is daar ‘n paar dinge wat teen my tel, en dit inag genome het my laat belsuit om neffens die vuurtjie te bly sit .Inmiddels het ons besluit dit is boere sop dag en die pot staan tot bo toe vol en prut op die stoof en dit ruik alte lekker!

Dit was vakansie week en Donderdag toe die son sy verskyning maak het ons die pad gevat, noorde toe , het die kar geparkeer en die straatjies van Enniskillen op en af geloop. Ook na ‘n Monument gestaan en kyk opgerig vir die Dragoons wat in SA geveg het. Baie mense van die suide doen hul inkopies in die noorde want dit is geodkoper.

Die terugtog was weereens pragtig.elke keer neem ons ‘n ander pad, daar is nie baie bergreekse op die eiland nie maar in daardie deel is die natuurskoon werklik asemberowend.Het ook by die windturbine plaas verby gery..baie indrukwekkend die groot wind’pompe’ wat krag maak!

Hier is ‘n fiasco besig om hom aftespeel Dinsdag was begrootings dag en bo en behalwe die dinge wat duurder geword het het hul die mediese kaart vir die 70jr en ouer geskraap en sal nou net toegeken word na ‘means test’ geslaag is. Die ou mense is woedend en die gemoedere loop hoog. Die E M moes China toe vanmiddag maar kon nie weg kom nie en het die tog na Dinsdag verskuif…toe dit goed en voorspoedig gegaan het het hulle die kaart ingebring en nou moet hulle geld spaar en neem dit weg.

Sal maar sien wat word.

Het ook slagter toe gewees , die een wat agter ons ‘n paar myl noordoos sy slaghuis het…hy weet nie van die wors maak storie nie en ek sal maar moet terug gaan na die ander ouens in die dorp. Het ‘n lam gekoop ,stukkie ‘roast en t-bones’. Het nou weer genoeg vleis vir 5 maande.

Ek gaan more-aand weer terug werk toe en werk nou 12+1/2 uur per nag maar net 3 nagte ‘n week wat baie lekker is.

Die van julle wat absamail het …my pos van hierdie adres gaan nie deur nie.en ek sal dit van my hotmail af stuur.

Geniet altyd al die briefies…hoor graag van die plase in die Vrystaat en die noorde!

Die jongman in Australiee dankie vir jou brief!

Nou ja dit is al - nuus is op.

Kyk mooi na julle self

Wees altyd versigtig

Groete

Barry& Christina (Stien…ens)

No comments: