Friday Night 23/01/09
Dear Friends,
This is Afrikaans week but as I have neglected you last week I thought I will add a quick ‘hello’
My friend Trish had an operation today and I pray that all went well
I also had an Arthroscopy done, and depending on what they do in that small space determines the pain afterwards! Thinking of you Trish although I lost a day somewhere and thought it was 22 today…worked 6 nights in a row and that caused great confusion!
The weather has been wonderful today after 14 days of blisters rain sleet snow slush?, ice, frost , you name it, we had it!!!!
One tree were blown over in the lower filed but it is too wet to even try to cut it up!
The economy as everywhere else is on the edge…everything is just doddering there….the hospital now closes every 2nd weekend and if any-one leaves, they will not be replaced. I have been involved in 2 , 2 day workshops and enjoyed both , Risk Assessment and auditing , Child protection. and still things go terribly wrong! Especially with children being neglected or abused!
The tulips and daffodils are appearing and the Hyacinth is in bloom , my orchid is out of this world and has now 14 flowers open!
Thank you so very much for your lovely letter Althea , Sue, and the lovely photos from Kayla going to school and Dimitrij who is having a birthday this coming week the 26th! Happy birthday , young man!
Well the rest of the letter in Afrikaans you can read as well ,those who can!
Lots of good wishes
Christina
23 Januarie 2009
Gegroet allemaal,
Net gou die temperatuur vasgestel, ‘n netjiese 0 ! Dit was een die mooiste dae in die laaste 14 dae wat ons gehad het , die lug was intens blou en net hier en daar ‘n vlies wolkie, tot 5 min voor 2 , toe die donkergrys wolk bondel oormekaar geworstel het om eerste anderkant uittekom en in die proses mekaar goed gekneus het en ons met vet dik vreeslike nat druppels geteister is vir 15 minute en toe is alles oor, die son skyn weer helder en die lug pragtig blou. Die temperatuur val as die son skyn en styg as dit reen, ek verkies die knersende droe koue meer as die warmrige nat grys neerdrukkende toestand. Ons het ook erg deurgeloop met die stormsterkte winde..een van ons groot bome het omgekantel en le nou in die buurman se veld, Barry het gister oor die heining geklim en byna verdrink in die moeras gemors van modder en poele water in die veld om te sien of hy die boom kan opsaag maar dit sal effe moet wag want die wereld om die gesneuwelde boom is nie werk vriendelik nie!!!
Hy het ook die ou heining wat ons vervang het verlede jaar gebruik as skerm teen wind en sigbaarheid vanaf die pad vir wanneer hy brand, ons het mos ons eie verbrandings proses wat nou reeds vir byna 4 jaar in werking is , en die 6 stukke 5vt lank en 6vt hoog heining het hy onder in die veld opgetel en weer terug gesleep na die skuur toe. Ons het ‘n kompos hoop vir alles wat uit die grond gekom het en die ander word elke maand deur vlamme verwoes. Ons brand alleen as die wind in die regte rigitng waai ,dus van oos na wes of suid na noord alle ander rigtings laar die rook in die pad land en dit is onaanvaarbaar en uiters gevaarlik soos ons almal weet wanneer die suikerriet brand in SA.
Met die afwesigheid van ‘n ander lewetjie het Barry al sy aandag en belangstelling nou in die voeltjies geplaas , Dit is sekerlik die beste gevoede vliegende liggaampies in Europa…en hulle sit en wag vir hulle kos ons gooi nou hawermout op die muurtjie voor die agterdeur vir die heel klein voeltjies …die groot lummels kom nie so naby aan die huis nie…hulle duik af en neem in een gryp sommer ‘n groot stuk korsie saam. Alles moet gekrummel word en hy het dit nou tot ‘n fyn kuns ontwikkel. Ons koop goedkoop brood by LIDL en die word dan 2x ‘n dag gekrummeld voorgesit! Grondbone word in groot maat gekoop en 2 houers word gevul…die hondekos hang in ’n groot voedingstregter en die saadbolle verdwyn soos mis voor die son en die kry hulle 2 x ‘n week!
Die 6 nagte van werk het my total ontwrig wat datums betref..ek het 1 dag iewers verpas en heeltyd gedink dit is vandag 22ste. Ons was baie besig en omdat die hospitaal nou elke 2de naweek toemaak moet al die groot gevalle gedoen word in die week wat ons oop is wat beteken dat die een wat oor die naweek werk goed besig gehou word en ek het ook 2 stelle werkswinkels moes bywoon.
Ons landjie klein soos dit is maak opslae orals ,as dit nie die priesters is nie dan is dit ouers wat hul kinder verwaarloos en gebruik, ‘n ma is nou vir 7 jaar tronk toe gestuur vir haar ongelooflike verwaarlosing van kinders en verkragting van haar seuns. Almal staan verstom oor hoe dit kon gebeur maar die wet dateer ui t 1908 en net soos op ander plekke op aarde gee niemand vir iemand om nie ..en die welsynwerkster kan nie net die huis in nie sy moet met die polisie opdaag en die ma het ‘n hofbevel gekry wat wat haar kinders weer aan haar terugbesorg het nadat hulle weggeneem is en die ellende duur toe weer voort. Baie sielig!
Geldelik gaan dit maar orals vrot, so baie mense sit nou sonder werk met lang toue by die welsyns kantore om te registreer vir werkloosheid, ek is so dankbaar dat ek ‘n werk het en geen nie eers om as dit nie altyd maklik gaan nie..Sou iemand nou die hospitaal verlaat word niemand in haar plek aangestel nie en ons moet maar net voort gaan met die werk! Pasiente kom eerste!!! Enig iemand wat met aandele deurmekaar was sit nou diep in die knyp!
Barack Obama 2x ingesweer omdat hulle so rondgeploeter het Dinsdag is besig om ‘n tsunami te veroorsaak , almal hier dink hy is ‘n wonderwerk ,ek hoop maar net dat hy nie sy mense teleurstel nie, Leopold was jy daar vir die inhuldiging? Hy lyk my ietwat van ‘n sentimentele ou, en met sy linkerhand gaan hy nou die wereld reg sien. Slim kereltjie die Barack!
So ver het ons nog nie ‘n 09 registrasie teegekom nie, wil voorkom asof mense nie krediet kry om groot goed te koop nie en net die met kontant sou nou ‘n kar kon koop tensy jy die bank bestuurder se vriendjie is natuurlik!
Ek hoop van harte dat dit goed gegaan het met Marie-Janke se eksamen! Gerlof laat weet, Hessie, ek wil nou nie nuuskierig wees nie maar waar werk die jong Dr Attie nou?
Nou ja verjaardae in my boekie is vir vriende en kinders.
Leandra by Lancet, Dimitrij by die Butkovic’s clan en Reuben by die Krugers in Linden ! Veels geluk aan julle almal!!!Die 30ste is Br Paul en Br Gerhard se herdenking, ons dink baie spesiaal aan almal!
Ek het reeds my Psalme ontvang vir Sondag en sal more enrstig oefen, alhoewel ek hulle nou byna uit my kop uit ken! Sukkel net om die woorde op die teenoorgestelde bladsy te lees as ek op die ander kant moet kyk en speel! Soms as Joe ( ‘n ou man wat goed sing)en ons eie predikant nie daar is nie is ek die enigste een wat sing met hier en daar ‘n gebrom maar as die predikant daar is sing almal uit volle bors! Hy sing pragtig ,bygese!
Nou groet ek en hoop dat julle almal gesond is, dat dit gereen het waar dit droog is en dat niks dood geskroei is in die hitte nie!
Wees altyd versigtig veral op die pad!
Baie liefde groete
Barry& Christina (Stien..etc)
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment