Saturday, January 24, 2009

Kris kras deur die ys

10 Januarie 09





Liewe familie en vriende,





Weer berig eerste…na ‘n baie koue spel net soos in Exeter met temperature -7 soggens en soms nie hoer as -2 teen 2 nm nie en alles bly gevries maar die wind het nie gewaai nie en dit was droog en die koue was draaglik…vanoggned egter is dit 6 grade bo vriespunt dit is nat , die wind waai sterk en ons bibber en beef… gelukkig hou Barry die stoof dag en nag aan die gang en die huis is altyd tussen 19 – 21 grade. Weet nie wat die week inhou nie …sal maar elke dag vat soos dit kom!



Die week weer terug in die teug soos met meeste van ons en dit was omtrent ‘n aanpassing om weer nag mens te word na 2 weke dag mens…. Gelukkig keer ek heel maklik terug na uil lewe maar moes toe vir 2 dae ‘n ‘workshop’ bywoon vir ‘risk assessment’ en moes vinnig weer dag mens word. Maandag woon ek weer ‘n 2 daagse ‘workshop’ by wat handel oor’ Child protection’, en dan Vrydag nag weer uil mens ..6 nagte aaneen..



Die gevroeg opstanery en wegry in die stik donkerte van die more is anders as die werk toe ry saans in die stik donkerte…



Nou moet ek se dit was heerlik om al die briefies te lees. Paul ons hier in Ierland wens jou net die aller beste toe met jou nuwe pos en bedeling!



Die buurman is besig om meeste van sy bome af te saag en hy het ook ‘n paar aan ons toegese maar Barry vind dit te koud om ‘n heeldag buite te wees met die ketting saag dus sal ons dit nie nou aanpak nie..maar jy moet glo die boom kap voor die sappe terug keer en voor dit weer begin uitloop ..dus sal dit nou gou moet warm word.

Ons voer die hele europa se voels in ons agterplaas, het weer die Arktiese ‘thrush’ op besoek gehad , pragtige beige kleur met donkerder spikkels.



More is natuurlik my beste dag van die week en die gesange en psalme is reeds goed geoefen , ons is so bevoorregt om ‘n uitstekende predikant te he…. En in die uiters donker dae in die ekonomie met derduisende mense wat afbetaal word en selfs met Waterford Crystal wat op die randjie staan van toemaak gaan dit nou nie wat wonders in die landjie nie en het ons almal maar leiding in ons geloof nodig maar ek vind dat baie min mense regtig weet wat dit is om die Here te vra vir bystand …hulle leef net aan…ploeter in die donkerte rond, min gaan kerk toe want almal is kwaad vir die priesters wat die kinders gemolesteer het en die wat dit stilgehou het. Die protestante kerke is maar dun bevolk. Die Gospel kerke waar die Nigerieers kerk hou groei die vinnigste..terwyl die Islamiete die plek oorneem! Die klomp Iere is woedend vir Israel omdat hulle die Gaza gebied ingeval het….maak nie saak dat Gaza die vuurpyle aanhou skiet nie..dit is maar reg so …maar die Israeliete mag nie hul land beskerm nie! Wie is reg?



Nou ja die dag loop aan en Barry begin die koerant ritsel dit beteken dat hy nou aandag soek en sal moet groet.

Alles van die beste aan die wat vir die eerste keer in hul lewens groot skool toe gaan Jaco en Devlin wat ek van weet!

Verjaardae is net Marie-JAnke van Gerlof , dra ons beste wense aan haar oor vir die 16e asb…het sy haar eie epos adres al?

Dorothy my vriendin in SA verjaar ook die 17e

As dit hier so koud is wonder ek voel dit daar in Belgie , nog onder die sneeu?



Alles van die beste vir die week, ry versigtig,

Wees altyd op jul hoede

Liefde groete

Barry & Christina (Stien etc)

No comments: