Saturday, January 24, 2009

Nuwejaars Groete

Saterdag 3 Januarie 09




Goeie dag aan almal,


Aan almal 'n baie voorspoedige Nuwe Jaar toegewens!!!


Hier volg my eerste brief vir 2009 na 52 briewe in 2008!!!

Baie dankie vir al die lekker lees van heinde en ver...België ingesluit..ek wag nog vir die ouens in Kanada om uit hul winter slaap wakker te word en te laat weet hoe dit met hulle gaan! Noudat almal moet rus na die bedrywige vakansies is dit my groot plesier om te se dat ek baie uitgerus is en werklik minder as niks gedoen het vanaf 22 Desember vandag ingesluit. My dag bestaan uit wakker word uit 'n diep warm knus slaap met horribale musiek wat die omroepster ons mee vergas het vir die vakansie dae behalwe Sondae en Kers,,,snaaks genoeg die man wat die Sondag oggend musiek program aanbied hier in Ierland is dieselfde man wat dit ook altyd op Radio Fm in SA gedoen het en miskien nog steeds doen ..dus word ek elke Sondag verward wakker want dit klink net soos toe...die programme moet seker opgeneem wees en uitgedeel word aan radio stasies om die wereld! Met 'n halwe oog op die klok en net nog 'n laaste knippie spring ek dan baie flink, 20 minute later, uit die bed,trek my loop klere aan en in stik donkerte stamp hier en daar en hoop dat ek Barry nie wakker maak nie, bereik ek die oefen kamer...kantoor musiek kamer en stoor kamer alles in een..om my daaglikse uur op die trapmeule te begin...ek doen 12 rondtes'laps' in die uur teen 'n helling , die eerste rondte gaan maar swaar want ek moet nog wakker word , probeer om my balans te hou en my hare uit my gesig te probeer kry...eventueel begin ek minder rukkerig loop en woerst is die uur verby,,ek sien hoe dit lig word, het probeer om na musiek te kuister maar die meule se enjin maak te veel geraas nou hou ek maar stilte tyd vir die uur! Wonderlik om die dag so te begin!
Pap sop nat klim ek dan uiteindelik af ...Barry het intussen opgestaan en die tafel gedek...ja ons is net ons twee maar etenstyd sit ons aan tafel...maak die bed op en trek die nat loop klere uit en geniet 'n welverdiende stort met heerlike skuimbolle van heerlik ruikende stort Gel...ek het bottels en bottles gekoop van Avon , dit was op 'n spesiale prys en dit ruik heerlik en maak jou vel sag en tintelend voel! O Ja moenie die skaal vergeet nie... die beoordeellaar of veroordeellaar van voedsel inname en kalorie verbruik. Haat die ding maar hy hou my op die regte pad..ek moet darem erken dat die gewig wat ek oor Kers opgetel het van daardie heerlik lamsboud nou ver in die verlede is en ek goed op pad is om ook verlede jaar se stadig bykonende gewiggies met verbete deursettingsvermoee die graf in te jaee.
Ontbyt volg, ek doen niks haal net die vitamines, glucosumine sulphaat en omega3 + kramppil uit die kas en op navraag van " Porrige or dry food?"die voedsel vir die ete. Tee is klaar gemaak en myne lankal uitgegooi, piepiewater met 'n stukkie suurlemoen in en 'n lekkie heuning.ontbyt word verslind...Barry kry geroosterde brood by maar my ontbyt is of gekookte oats of All bran met Muesli , net 'n desert lepel oor,,,weereens tee daaroor en net 20ml melk Geen suiker nie let wel...Huisgodsdiens volg...en dan staan ek op, my taak vir die dag voltooi.As ek vinnig genoeg is ,terwyl Barry die skottelgoed was, maak ek gou om die vuurhert skoon , sommige kere het hy dit reeds gedoen terwyl ek nog my loop geloop het. Nou moet ek se dit is nou naby 10vm en ek skuif komputer toe... dit is my naelstring met die wereld! Ek gaan deur al 4 my epos addresse en verslind alles briewe kaarte grappe fotos daaglike toewyding van Steve Troxel.wat uitstekend is dit is kort en kragtig en baie gereformeerd, bekend as God's Daily Word! daar na hoor ek al die murmereringe vanuit die kombuis van " I live alone in this house! of Did anybody see my wife?" ooooo! hy is verwen ! wonder wat gaan word as ek Maandag begin werk????? vergadering word gehou oor hoe die dag sal verloop en wat uit die vrieskas gehaal moet word...scrabble word gereeld gespeel ,dit is nou om die brein in stand te hou..verder verslind ek die een boek na die ander,,,,geniet die vlamme van die vuur en drink piepie tee dwarsdeur die dag...koud en warm.... ek maak 'n pot rooibos tee redelik sterk en gooi ditdan by die water in die waterbottel wat dan as my 2liter water inname dien, Barry doen verder alles, kook, lê die tafel en dra my op sy hande. Soms gaan ons inkopies doen , ek bestuur en geniet dit erg om die winkel vensters te besigitg,,,alles is op uitverkoping,,,New Year Sale, Winter Sale, After Christmas Sale , January Sale...ek vind dit erg sielig want ek het niks nodig nie..en kyk maar net!
Vanaf Donderdag begin ek uitkyk vir die epos met die gesange vir Sondag in en sodra dit verskyn begin ek musiek maak ...ek het geen blad musiek nie, het alles weggegee toe ons uit SA is en weet nie waar om dit hier te koop nie...ek speel so hier en daar iets uit my kop wat ek geleer het toe ek 12 was..maar anders is dit net kerk musiek.en as ek dit op 022 sit het ek die klank van 'n volle pyp orrel en met effe volume geniet ek die oefen tyd terdee!
Een maal per week maak ek groot huis skoon...daar is nie regtig vuil nie meer stof van wee die groot pad wat voor die huis verby loop en ons het nie 'double glazing' voor nie net agter...dit is op ons lysie vir die jaar..maar sal moet wag tot dit warm en droog is.want met 4 groot gate in die muur kan dit nie nou gedoen word nie. Die venster makers is baie goed hulle doen alles in ure! maar dit was maklik met die nuwe gebou maar in die ou deel moet die ou vensters eers uitgehaal word voor die nuwes kan in en dit is nou waar die probeer lê! Smiddags is dit net opgesnyde vrugte...en saans 'n stukkie proteine met slaai of opgekookte groente....
Barry kry na ete soms 'n koekie of 'n sjokolade maar as dit op is ..niks!
Maandag begin werk dus 2.30 nm moet ek bed toe om te rus...soms raak ek tog werklik aan die slaap maar anders le ek net en droom ... 5nm op, stort... en gereed maak vir die aand ..ete en in die kar om 7nm. W E R K dan tot 8,30vm en ry rustig terug huistoe om snoesig in my bedjie te klim na 'n koppie tee en soos 'n klip te slaap tot 5nm.

Julle het nou 'n goeie idee van wat ek gedoen het , doen en gaan doen. Ek stap nie op die meule as ek werk nie maar wel die nagte wat ek af is!!!!
Mensig ek wonder waarom ek al die dinge vir julle neergeskryf het ...dit lyk nou vir my baie snaaks maar dit is nou gedoen en Barry is hard besig om te vra " Did anybody see my wife?"
Verjaardae vir die week is nie opgeskryf in my boekie nie en ek vra tog dat almal vir my hul kinders en klein kinders se verjaardae deurstuur. Ook niggies en neefs , sommer net , dit is tog lekker om 'n kaart in die pos te kry, nie so nie?
Nou ja More is die beste dag van die week ek kan nie wag nie... Jubelsange sal opstyg vanuit ons kerk gebou terwyl ons genadiglik gevoed word met geesteskos!!!!

Weereens 'n Baie Voorspoedige Nuwe Jaar!

Ry versigtig,
Wees altyd op jul hoede
Liefde groete
Barry & Christina (Stien...etc)

No comments: