Saturday, April 3, 2010

Hoofstuk 2 Groete vanuit 'n verwarde Ierland

Saterdag 3 April’10


Goeie dag allemaal, familie en vriende!



So gebeur dit toe dat ons met verskeurende kloue uit die lente van Ierland geruk is,en vêr, diep in die yskoue winter,hoog uit die lug ons te pletter geval het Dinsdag. Om 2nm presies het die waterrige ys en hael omgesit in yslike groot vlokke sneeu en ons was nogeens weer gehul in ‘n massa van wit! Ek het net in die vorige brief die vreugde van die lente besing(wonder of iemand daardie brief in Engels gekry het) . Ons het die een na die ander krag onderbreking ondervind ,telefoon lyne te swaar met die sneeu kon nie die geleiding doen nie en al het ek telke male probeer het ek net ‘n boodskap gekry dat daar geen konneksie is nie. Daarom sal ek as hoofstuk een verlede week se brief ook hierby insluit! Die wat dit wel gekry het hoef dit nie weer te lees nie Ek het wel al die foute reggemaak! Miskien maak dit nou sin ! Barry het Dinsdag aand met ‘n kers gesit en luister na die onheilspellende gerommel van die kokende water in die tenk wat nêrens heen kon gaan nie want die pomp werk met elekstrisiteit en dit was erger as die ergste donderweer met knetterende geluide tussen in!

Al die water in die tenk het beoorlik gekook en kon nie deur die sisteem van verwarmers vervoer word nie! Hy het maar gou al die hout uit die vuur moes haal en al die warm krane oopgedraai en na sowat 2 ure het daar stilte in die huis gekom net die sagte fluistering van die sneeu wat val daarbuite as metgesel! Ek het gewerk!

Die krag is eers Woensdagoggend teen 9vm herstel.

Ons is sopas terug van ‘n ritjie deur die misrabele bruin landskap want alles het verbrand in die swart ryp en die groen wat manhaftig probeer het om verlede week hul verskyning te maak het hulle boeglam geskrik en is weer terug in die verlede!

Ek het in die 7 jaar wat ek hier is nog nooit die omgewing so diep in die modder gesien nie! Toe die sneeu begin smelt na dae se harde reen het al die laagliggende velde in vloed gestaan en selfs nog vandag het ons by plate van water massas verby gery, ongelooflik!

Ek sê niks meer nie, dit stem ‘n mens baie depressief as die lente in die war is!

Ons affodille staan kiertsregop met gesiggies na bo op soek na bietjie son die tulpe het lanklaas oopgegaan want daar is net nie genoeg hitte en sonskyn nie! Gelukkig het die hangmandjies nie te seergekry met die sneeu nie ,ryp is erger!

By die werk was dit ‘n malle gejaag na wind met 58 teatergevalle ‘n dag en net 32 beddens, dus is die een nog nie mooi wakker nie en uit of die volgende pasient word in die afgewasde nut opgemaakte bed gesit om ook in die stroom van operasie gevalle ingelsuit te word Woensdag aand het my laaste pasient om 21h40 teruggekom van teater! Groot operasie ,herstruktirering van die bors na ‘n mastektomie van ‘n paar jaar gelede!!

Die jillende kinders van ouers wat geen dissipline kan handhaaf nie en ek die draak wat moet stil maak!

Sommige oggende was ek so moeg dat ek bang was om huis toe te ry, maar ek sit my CD’s hard aan en sing luidkeels saam om wakker te bly!

Die gans storie het as volg ontplooi! Scruffie is nou na 6 dae ‘n volle lid van die familie ,hy het maar swaar gekry in die begin maar uiteindelik het die harem hom aanvaar! Hy was so verskriklik honger dat hy omtrent aanmekaar ge-eet het .Na 72 uur het hy effe stadiger die kos benader! Hy is nou skoon en het in 6 dae ‘n mannetjies gans van format geword. Hy loop fier en regop tussen sy vrouens rond en hy lyk defenitief anders as die henne,,,,ons was ook maar dom.....! Nou het ons 5 NUWE eiers,wat hopelik vrugbaar sal wees, die ander 58 word steselmatig gekook en weer terug gevoer! Hoё kalsium en proteiene! Die kraaie en magpies geniet dit net so baie!

Ons het ‘n houtboksie al vir jare in die heining vir die doel dat voeltjies daarin nes moet maak en hulle het dit elke jaar geignoreer maar hierdie jaar het die ‘blue tits’ die boksie ontdek en ons het nou ‘n paartjie wat baie besig is om nes te bou! Die robin het haar nes in die heining lans die hek en Barry het die draad effe geknip sodat hulle makliker kan in en uit! Nou wag ons in spanning op ons gans henne om ook broeis te raak!

Groete aan onse Tante Poppie ek verstaan dat dit nie elke dag so goed gaan nie maar ons dra haar daagliks aan die Here op vir krag en genade!

Veels geluk aan Devlin wat more verjaar!!!!! Sal kaartjie stuur ,spesiaal! Ook and Kayla Butkovic wat 2 ure ouer as Devlin is! Lekker verjaar julle twee. Nine Paula van Hester en Attie verjaar die 5de! Ook aan jou baie goeie wense en hoop die universiteit jaar vorder fluks!

Gou-gou my growwe bruin broodjie in die oond gaan sit! Ek verbeel my nou dat ek ‘n baas broodbakster is!

Ons toggie vanmore was na die slagter in Ballinalee! En op pad soontoe sien ons dat die sneeu nog stewig op die heuwels lê!. Daargekom was daar 2 Afrika vroue daar, sekerlik van Nigeriee, Ry in ‘n pragttige ‘98 Mercedes en koop al die vleis was die wittes hier nie eet nie! Is weg met seker 50 kg vleis vir R700.00 Hulle het dit nog nooit in hul lewe so goed gehad nie!

Ons lam was effe aan die vet kant maar sal maar die vleis op ‘n rakkie gaar maak en die vet laat afdrup! Die bief is seker van die beste gehalte wat ek nog gesien het ,ek kry altyd iets ekstra omdat ons sulke goeie kliёnte is!

Nou ja my nuus is op en ek hoop dat almal ‘n baie geseёnde PAas sal beleef, dat waar families bymekaar is dit ‘n vreugdevolle tyd sal wees!



More is Paas Sondag en al die Psalme en Gesange is reeds goed ge-oefen en Barry doen ‘n voorlesing! Ek is so trots op hom!

Wees tog asb versigtig, sluit die deure en moenie laks raak met sekuriteit nie! Hoop dit gaan goed met al die jong mense wat verlief en verloof is en al die jongetroude paartjies, Die verwagtende moeder en ons wag in spanning op die koms van ons kleinkind! Woensdag het die Dokter gese sy moet gereed wees ,dis nou enige dag! Bly ek het my verlof so ingesit dat ek albei kante van die verwagte datum ingesluit het! Beste wense ook aan Anke wat volgens Mendel besig is om goed te herstel!

Mag die plaas boere se oeste goed afloop en mag dit reen waar dit nog droog is! Geniet julle winter!

Ek groet vanuit ‘n 6 grade sogenaamde lente dag met ysige wind vanuit die noorde en sagte mis reen daarbuite!

Barry en Christina

Saturday, March 20, 2010

Groete vanuit Ierland

20ste Maart 2010


Goeie dag almal, familie en vriende,

Lente het uiteindelik hier in Cranleymore gearriveer en dit stem ons baie plesierig en opgewonde! Lieflike lang dae met sonskyn! Oral loop die boompies uit en die verbrande toppies van die rooi Robin probeer hard om hul geskende hoofies weer te lig!
Die appeliefie se nuwe groen blaartjies is so helder en nuut ek kan nie ophou kyk nie! Die appel bloeisels het sommer in ‘n week begin knoppe maak en sal seker in die volgende paar dae oop wees. Die eerste affodille is oop en so ook ons orgidee!
Ons het ook ons eerste lente reen gehad en oral sien jy die groen gras deur die bruin beur en die ganse dink dis ‘n fees! Die weer het aansienlik verbeter en dit bring mee dat mense minder knorrig en mismoedig is, dit was ‘n ekstra lang winter!
Maandag is ons dag vir die tuin en alle ou hang mandjies sal in ere herstel word en al die vensterbank bakke gevul word!Die tulpe kom orals op. In Oktober het Barry die bolle iewers gekry en orals ingedruk nie wetende wat dit is nie en ek gee glad nie om nie want dit gaan so vrolik wees as alles in blom is!
Die nuus hier draai alles omtrent die kardinaal wat weier om te bedank(want dan is sy kans om dalk die Pous te word daarmee heen)Hy is betrokke by ongelooflike dinge met betrekking tot die kinder misbruik in die kerk ! Dis nie so seer dit wat hy gedoen het nie maar liewer dit wat hy NIE gedoen het nie! Ons wag nou almal in spanning vir die brief van die Pous met betrekking tot die Murphy verslag, maar niemand het ooit iets verkeerd gedoen nie en almal was hul hande in onskuld!
Dis Ierland teen Scotland(rugby) vanmiddag en almal is in rep en roer! Sal maar liewer nie kyk nie , dit is nie goed vir enige mens se bloeddruk nie!
Terug by die ganse! Hulle het ons nou goed in die war! Ons moes ons geslag verdeling nog eens weer hernu! Skielik is daar nog ‘n hen aan die lê en ons eier telling staan nou op 29 ! Barry moes eiers uit die nes van Madam verwyder want daar is nou so baie dat die kring te groot geraak het en ons het hulle op ‘n koel plek gebere tot tyd en wyl sy broeis raak en begin sit! Ons is eintlik op soek na ‘n broeis hoender hen om te help en sal terug gaan na man waar ons die ganse gekoop het want hy het alles op sy werf! Die eiers kan goed herken word want al drie die henne se eiers lyk anders!Ons is ook nou seker dat ons net een mannetjie het en hy is die baas verseker!
Ons het ook as aanvulling vir al die leggende gans henne hoender kos gekoop soos aanbeveel in die boek!
By die werk het ek Maandag byna omgekom na ‘n nag in die oue te huis gedeelte , dit was op alle gebiede ‘n uitdaging geestelik, liggamlik en breinsgewys! Ek het duidelik die jare verpas waar sulke harde fisiese werk aan die orde van die dag is!maak my besef dat ek nie meer 25 jr oud is nie, en dit was baie ontstellend want ‘n mens dink mos altyd jy word net ouer in jare en nie anders nie, maar na daardie nag is ek erg ontnugter!
Ek het nog nooit geskram vir harde werk nie maar om na 40 pasiente, waarvan 30 hoog versorgend is ,omtesien met net ‘n helper is nie ‘n grap nie!
Dankbaar kan ek sê dat ek terug is op orrel diens en sien oneindig daarna uit om môre weer voor die orrel inte skuif. Vergeet om te noem dat ons ‘n pragtige Hollandse gesin ryker geword het en hulle sing so lekker , ek het nog net dag gesê maar sal more met tee kans kry om meer van hulle uittevind!
Nou ja nuus is niks noemens waardig nie en soos Hessie sê, as julle nog lees, hoop ek dat die week wat voorle voorspoedig sal verloop!
Baie spesiale groete aan onse TAnte Poppie en ons hoop dat dit met haar so goed as moontlik gaan! OOk vra ek Paul in VDBijl om ons beste wense vir spoedige herstel aan sy moeder Anke oor te dra!
Ek het geen verjaardae in my boekie nie maar dit beteken nie dat daar dalk iemand ‘n jaar ouersword nie. Veels geluk aan almal.
Ons dink aan die droogte geteisterde gebiede en hoop dat reen sal val.
My opmerkings van veiligheid in SA en ontstellende nuus berigte is nie vir almal aanvaarbaar nie dus swyg ek!
Groete uit ‘n groen wordende Ierland!
Barry en Christina

Thursday, March 18, 2010

Greetings from Ireland

14 March ’10 Sunday

Good day to all far and near!
May the MOTHERS residing in Ireland have a blessed day; we do things differently in the Northern hemisphere and today is MOTHER’S DAY? England!
Before the confused mind forget, many good wishes to all those who will become a year older during this week!
Jaco Eloff in Roodepoort has his birthday today! Jaco I hope that your were well spoiled today but that you will be a very well behaved, hard working boy ,son and grandson in the year that lies ahead! Next is Georg on the 18th. We pray that you will experience an excellent year, filled with exciting surprises and daily blessings! On the 19th we have the member of the family that is just younger than me by some 7.5 years! Arnolda we hope and pray that your day will be filled with lovely spring sunshine and that the blessing from above will be more than you can count!
Happy Birthday to you all!
Today is beautiful with some cloud and bright sunshine, a southerly breeze without the sting from the north and reached
11 deg. It is dry, very dry for Ireland and there is no growth in the grass and the farmers still have to feed the cattle. The ground is still frozen and there is just not enough earth heat to promote growth. There is one daffodil that will be open on St Patrick’s Day which is a good 6 weeks later that last year. In spite of all the snow, the frost was so severe that our pine hedge is now orange in colour, all the ends burnt to death! The usual lush green Ireland is suffering!
I have had my 1st week back at work, one reason why my letter is at least 18 hours late, I am a creature of habit and write my weekly letter every Saturday afternoon between 12 and 1pm.
Presently 4pm Sunday! I had to pickle my laptop to the lounge in order to sit next to Barry and write as he has not seen much of me during the last 7 days, Since I started on Monday night I have already worked 4 night and will continue tomorrow night a night in the nursing home which will prove that either I am well or not! They have rolled in the nights as if they missed me, hahaha!
My whole body objected at the punishment it endured but I survived! Wonder above wonder!
Our geese keep us going between providing swimming facilities and counting the 2 hen’s eggs and keeping track of where we are now! Some of you will wonder what it is about these animals that fascinate us so much but like a married couple who has no children and dote on their dogs or cats, we fall straight into that category! Maybe it will change soon but in the mean time we will put all our energies into looking forward to the hatching of the geese eggs 16 from Madam and 5 from Ruthie!
Barry decided to move there swimming tank on Monday with disastrous consequences, they investigated the new placement had one swim and turned their backs on it. We were forced to move it back to the original place and restore their confidence. Ruthie was so upset that she laid her egg that night in Madams nest. We knew it as Madam’s eggs are smaller and the shells are somewhat brownish in colour where Ruthie lays large white eggs and was therefore immediately noticed, we moved the straw from the dog box where she laid the first 3 eggs inside the donkey house. There are now 2 nests established, the ganders sleep outside the nest areas. The mannerisms of these animals are fascinating!
I was ever so privilege to receive via cyber space quite a few of the most regular letters from the family and friends and wonder if all who read these letters does not get a pang of guilt that we do not hear much from you! On the other hand I have the hope of hearing from you soon! No news is good news!
We were appalled at the news we read on the computer about the awful murders that took place .Barry was very upset about the 17yr old girl whose hands were also cut off! In fact every murder or crime we read about it very disturbing and upsetting. We try to avoid reading these terrible news items but it is a reality and we daily pray for your safety in SA especially those of you on the farms!
On the political forefront we were again highlighted for the 58,000 X-rays that were never reported on in the 4-5 years and the cover up, no is ever responsible or will take the blame, the bug is pushed from one to another! 30,000 now diminished to +3000 letters from Gp’s to consultants were never opened and attended to, all in the same hospital setup and on top of that the minister of Health is on some St Patrick’s visit to New Zealand! She could not be bothered!
The last ½ hr were ever so inspiring- Songs of Praise, from Northern Ireland with the 3 Singing Priests. What a blessing that has been!
On that high note I send my sincere greetings to our tante Poppie and pray that she is keeping as well as is possible on her way to be 102years old in July!!(This is the only surviving member of my mom’s family and one of 7 sisters)
May it rain where it is dry, may the sun shine where it is wet, may the crops be good and that the love between the young people flourish.
Be careful; watch those behind you and those you cannot trust!
Take care with security, locking the doors and we pray for all of your safety! Teach you dog not to take food if not given from one of the family!
Greetings from a struggling brown looking Ireland and
The Dunnes in Cranleymore!

Sunday, March 7, 2010

Groete van 'n ontwakende Ierland

Saterdag 6 Maart’10


Goeie dag allemaal,
Ons het die afgelope week stralende weer gehad! Een effe natterige dag maar meerendeels heerlike sonnige, wind vrye, lente dae! Ons het buite in die son gesit en tee drink selfs ons woordspel daar gespeel!

Nou ja hier het sake toe ‘n ander wending begin neem toe ons sien dat die tweetjies redelik bymekaar bly (dis nou die ganse)en toe voor ons, langs die water tenk besluit meneer toe om ons te wys waartoe hy in staat is . Nie ‘Big Boy en Madam nie, maar die ander twee!Barry skryf dit af as teken om sy dominante plek in die groep te wys en dit beteken niks nie , ek bly toe maar stil want wat weet ek nou per slotte van sake van Ganse af! Nietemin bly die tweetjies naby aanmekaar.
Gister, terwyl ons nog so tee drink daar buite in die son sien ons skielik 2 ganse in die water, Nou dit is heel raar want net Madam klim in en swem die ander is te vol fiemies. Doodsbang om hul skrik te maak of te hinder sluip ons sagkens nader en sien dat dit die ander gans ‘meneer’ (soos Barry gedink het,maar wat ek oor getwyfel het,) die 2de een in die water is. Net ‘n rukkie daarna, sien ons sy beweeg na die hondehok toe. Nou die hondehok wat ons ge-erf het toe ons hier ingetrek het was altyd die bergplek vir my honderde der donderde saad bakke en plant houertjies. Die het ons sowat 3 weke gelede skoon gemak en strooi in die hok geplaas net om te sien wat gaan gebeur. Hierdie verwarde gans het telke male daarin gegaan en rond geskoffel en weer uitgeklim MAAR...gister klim sy toe weer in en bly daar sit ..ons het sagkens weer weggesluip en 2 ure later na middag tee gaan stel ons toe ondersoek in en siedaar! ‘n eier!!!!!!
Nou weet ons dat ons 2 henne het defenetief 1 mannetjie en die ander ?’n mannetjie! Wow !!!!!!dit was omtrent ‘n opgewondenheid op die werf! Altesaam het ons nou 12 eiers!
Hulle bring ons steeds daaglikse plesier en nou sal ons dop hou vir ‘n eier in die hondehok elke 2de dag en aan hou tel in madam se nes!
Ons het toe Donderdag vir die dag Athlone toe gegaan en dit was heerlik! Die son het briljant geskyn en ons het myle geloop! Inkopies gedoen , werkslangbroeke vir my en mooi somersbroeke en ‘n donkerblou trui vir werk gekoop!My ander donkerblou trui dra ek nou die afgelope 10 jaar, 3 jaar in SA en nou die 7de jaar in Ierland!
Ons het besluit om seker te maak dat die lente regtig hier is voor ons begin tuin maak en wil hierdie jaar iets anders probeer wat bietjie werk gaan verg maar ons dink dit sal die huisie mooi laat lyk! Grond sal ingery moet word en beddings langs die hoof ingang sal in die lewe geroep word!Ons beplan om meerjarige plante daarin te plant instede van honderde potte en bakke orals!

Daar is geen wilde primroses hierdie jaar nie , lyk my dit kom net elke 2de jaar uit! Miskien het die vreeslik koue ook iets daarmee te doen. Dit was beskryf as die koudste winter sedert 1965 en die koudste Februarie sedert 1996.
Ons groente tuin sal hierdie jaar goed bemes wees want ons het ons eie kompos hoop begin en met die gans mis tussendeur behoort ons beter groei waar teneem! Of ons iets gaan plant bly nog ‘n effe van ‘n twis punt!
Arnolda, daardie kas is pragtig ,en baie hoog, ek het my ingedink dat dit dalk so ‘n Belgiese/Franse 3 dele kas met groot deure en spieёls is maar nou begryp ek waarom dit moeilik was om dit die trap op of af te dra! Wat was julle gelukkig dat die ander mans toe gehelp het! Vele hande maak ligte werk!
Verjaardae is min, as daar wel iemand verjaar wat ek nie van weet nie Veels Geluk! Op die 11de verjaar Nicola Jossling in Dublin , pragtige verjaardag vir jou en ‘n suksesvolle studie jaar!
Maandag aand meld ek aan vir diens en sal my lui lekker lewe seker op ‘n einde wees. Ons begin ook met die klasse in CPR en moet 120 onderrig, en sal beteken dat
ek ook dae sal werk tussen die nagte deur!
Wat briewe betref, julle weet dat selfs net ‘n ou lyntjie waardeer word,maar aan die wat gereeld skryf , baie dankie,!
Môre is Sondag en omdat Joy dit geniet om te speel en ek geniet om te sing sal sy nog 2 Sondae die orrel speel en dan sal ek weer oor neem! Sy is hoogs verwagtend en sal een van die dae moeilik voor die orrel sit! Ons eie kleinkind se verwagte datum kom nou vinnig nader! Geslag nog onbekend ! Ek het vir eers nou bietjie opgehou brei en sal dit los vir nagwerk en verslind die een boek na die ander!tot barry se groot konsternasie! Hy sê hy kom altyd 2de!
Gerhardus baie dankie vir die pragtige stel fotos van die familie,altyd pragtig om die kinders tesien groot word. Frik en Elmarie kan ook gerus weer ‘n paar fotos stuur!
Ons dae is nou lank Son skyn helder net na 7.30 vm en saans is dit nog lig teen 6.45nm. Ons het al lankal weer vergeet van die 6-8 ure dae wat ons byna vir 4 maande beleef het!
Op die politieke front,was dit redelik stil en ek kan niks rapporteer nie net groot ellende nadat ‘n verslag bekend gemaak is van ‘n 18jarige meisie, wat onder die beskerming van die gesondheidsdienste was sedert sy 8 mnde oud was,en dood is aan oordosis drugs! Alles het intussen met haar gebeur sy het 2 kinders gehad en is van vorsterhuis na herberge gestuur,maar Dit het byna 8 jaar geneem voor die verslag bekend gemaak is en nou is alles in rep en roer! Die een beskuldig daardie een en so gaan dit aan O Ja en toe kuier OOm Zuma toe in Engeland! Hulle moes seker Mevrou Zuma gedril het om korrek optetree in die koninklike gebied! Ons harte is baie seer oor al die moorde waarvan ons lees!
Dit bring my by my wense vir almal dat julle tog asseblief versigtig moet wees, moenie laks raak met veiligheid nie, veral op die plase! Mag dit goed gaan met al die oeste! Mag dit reen waar dit nog droog is! Die jonges wat studeer ,doen dit goed, die klaar geleerdes wat nou werk, geniet die ondervinding en dit sou so lekker gewees het as ons dalk ‘n verslaggie van die 3 nuwe jong dokters kan kry. Australie, SA en Engeland!
Dit dan my weergawe van hoe sake die afgelope week verloop het in Cranleymore! tussen die voёl gesang en ,nessies wat gebou word sien ons uit na ‘n mooi en verruklike lente!
Liefde groete
Die Dunnes
To all far and wide ,
I left something out in my letter and because I thought it somewhat special I will write it in English!
During the week a grand old lady who has turned 95 received full medical clearance and passed her anual driviers licence with flying colours!
I thought that needs a mention!
Something to strive for!
keep well!
Christina

Saturday, February 27, 2010

Greetings from Ireland

Saturday 27 Feb’10
Good day to all, family and friends,
English week .
And another one bites the dust!
The iniquities of the Irish members of Parliament reminds me very much of my fatherland.
Tit for tat and out of the blue an accusation were highlighted earlier in the week about something that happened 3 years ago , the diggers found what they were looking for and the Minister of Foods and whatever had to resign because he intervened in a court case on behalf of a voter which should not have happened.
They get away with all kind of things, another MP 2 years ago was driving in a drunken stupor on the wrong side of the road and was caught red handed, 2yr suspended licence , fine of €750 and he still sits in the benches!
Today has brought some lightness in our hearts as the sun broke through the clouds and the temp is +6, after a week of continuous snow ,but wet snow ,it did not stick but wet the whole place !and temperatures just above freezing up to +3.
Officially the 1 of March is Spring day here according to the weatherman but alas, it still seems as if winter has enshrouded us for a while longer!
I have done nothing in the garden yet as it is just not worth it to spend €100’s on new plants which may only last for a short period. The daffodils and tulips all over the estate are growing well and we will have a mass of yellow whenever they start blooming!
The geese is the delight of our lives. Madam , and there is only one as far as it goes, has now laid 7 eggs, and Big boy is very protective of her, She is the one that gets into the water all the time and this morning we observed her dipping deep into the tank and pulling out the feathers on her chest with vengeance, apparently they do that in order to line the nest for the young but I can’t see the value of her doing it in the water and them drifting around on top of the water instead of in the nest. I suppose she knows what she is doing but she acts very Irish, back to front!
I can’t wait for the little ones if all goes well at about the end of March! Barry has already decided that a small part of the garden will be reserved for her if the 3 ganders give her grief!.
I am entering my last week of sick leave and look forward to going back to work, being kind of cut off from the world as we are not socialites and the church members are about the only people we speak to. The post man when he stops says ‘Hello’ but not even the neighbour is seen as all his cattle are in the shed!
I was very fortunate to go and have tea with the SA ladies , we were only four as many of them are in SA at the moment, but as always it is a great treat!
The children will be here tomorrow , surely the last visit before our grand child arrives and not like the grandparents in Exeter who knows that they will have a grand daughter we have to wait patiently for the arrival and identification of ours!
We also enjoyed what ever we could see from the Winter Olympics, but we do not have Sky or a Red button and have to be satisfied with what BBC 2 offers us! We could of course place ourselves before the computer but that is too much PT and will not work! Rugby this afternoon and we dread the outcome as the poor Irish lost badly against the French in the last match! How they will perform against the English remains to be seen!
Tomorrow , the best day of my week when the soul receives an extra helping of ‘Light food’ and Joy is still playing and I will do some singing. Last week I was caught unaware. Whenever a tune is unfamiliar to me I look into my other Hymnals and find the tune which is most well known but Joy just play what ever is in front of her and I had to listen very carefully to the tune to be able to keep up as no-one else knew the tune either!
Tomorrow I will pickle my Hymnals with me so that I have the music in front of me!
We also attended for the first time the AGM of the church with Victor 86 years old the Chairman!!! It could have been the year 1910 instead of 2010. He speaks very slowly although coherently ,but the meeting lasted 2 hours where if I was the chairperson it would have been conducted in 20 minutes. The minutes get written in a book that dates back to about 1948 and you can read back what happened many years ago! All is in there in beautiful hand writing!
Well I have a few Birthdays to mention, my friend Laurel, happy birthday to you and may all your dreams come to reality and the work you wanted to do in the prisons be blessed!
My other friend Angie has her birthday tomorrow and knowing her she is working far too hard! Hope sincerely you stop for a few moments and enjoy the day! Every thing of the very best for you as well!
Thank you for all the interesting letters and work related info especially the work that Paul from Dar Es Salaam wrote about. He has definitely surpassed out league!
I still have to say there are a few of you that shows reluctance to communicate! Just let us know that you are fine , that is all! Thank you Joy for your lovely letter and isn’t it great that the girls can know drive themselves and give you a rest!
As usual I am still waiting for 2 weddings that took place in 2009 and promised photos, but all comes to those who wait patiently!
Where-ever you go, be careful, watch your back, lock the doors, do not get indifferent to the safety of yourselves. May it rain in those parts of SA where it is still so dry and we are thankful for the rain that fell!
May the crops be good, may the eggs sell well and Hessie where are you now having you church services since the church burnt down! Aggie , I will not give up but it will be nice if you could just drop one line on the computer to say you are fine!
Time caught up with me and Barry finished his paper some time ago and I will have to attend to the preparation for tomorrow!
Keep well
Regards from the Dunnes in Cranleymore!

Saturday, February 20, 2010

Groete vanuit 'n wit gevriesde Ierland

20 Februarie 2010

Goeie dag allemaal, familie en vriende,
Net om julle op hoogte van sake t e hou dit is net so voor 12middag en dit is alles nog gevries daarbuite -1 en die wêreld is wit van die ryp. Ongelooflik dat die dae so verskillend van mekaar kan wees. Vroeёr in die week was dit salig! Die son het warm geskyn, geen wind nie , die lug so blou en ons het oggend tee omtrent 11h30 buite gedrink en soos dassies in die son gebak! Vandag bibber ons , die vuur brand reeds en my vingers is stokstyf van die koue,ons sal nie eers die voete bespreek nie!
Ek is heelwat beter en voel goed daardie knaende pyn van die afgelope 6 maande is weg!!!! Dus dit was wel geslaagd!
Ons ganse het ons hierdie week groot plesier verskaf. Eerstens het Barry 2 eiers , allamintig groot in die strooi gekry wat hy weekliks verander ,ons was buite onsself van opgewondenheid . Hy het na die skoonmaak proses en nuwe strooi twee plekke voorberei vir slaap en nes skop. Die volgende dag was daar niks maar 2dae later volg die 3de eier! Daarmee saam het die gans met die dun bene soms tot 4x ‘n dag ‘n swemmetjie geneem en dit so geniet, die ander drie (wat ek besluit het is henne) kyk ‘hom’ met verdwasing aan! Plaas dat hulle ook inspring staan hulle net op die rand en kyk! Barry gooi die brood nou in die water om hulle ook in te lok maar hulle is veels te slim wag tot die brood by hulle verby kom en gryp ‘n stuk! Nou ja baie opgelees en besluit ons gaan natuur sy gang laat gaan . Daar is dus defenitief 1 hen tussen die 4, vrugbaarheid sal so in omtren 5 weke ‘n werklikheid word want sy gaan eers sit as sy klaar gelê het! Dit neem soms 14 dae en dan is die broei tyd 32-36 dae of selfs meer. Dit is so vrek koud dat ek nie kan glo dat daar enigiets van sal kom nie maar aan die anderkant as ons self ‘n broeikas gehad het sou ons die eiers in die deur van die yskas moes hou tot dit tyd was vir ontkieming! Ons laat maar al die dinge aan die 4 ganse oor! Dis pragtig om te sien hoe ‘hy’ swem en duik en die stukkies ys op die water gulsig eet!
Plotiek het hier omtrent ‘n hoogtepunt bereik Verlede week het die mees bekendste radio en TV ekonoom , wat 9 mnde gelede lang verlof geneem het en in‘n oposisie onderverkiesing gewen het en parlement toe is, uit die party bedank, kon seker nie so laag kruip soos hy moes nie en kon nie ‘n kans kry om sy goeie kennis en idees die lewe te laat sien nie , dit was net oor toe die volgende senaats lid uit die koalisie party bedank want sy het nie haar beloofde pos in die Europese kabinet gekry nie en sy was woedend. Sy het haar misnoee omtrent haar party se ‘grovveling’ tot die leier party duidlik aan die lig laat kom.
Ons was net daaroor toe die oposisie weer iets in die hande kry en toe hardloop hulle omtrent van die veld af. Politiek is duidelik nie ‘n plek waar eerlike mense hulle in moet bevind nie. Die Minister van Verdediging het verlede jaar met ‘n onderverkiesing sy mond verby gepraat teenoor ‘n joernalis – alles op band-en die oposisie wat gestaan het beswadder met onwaarhede oor ‘n ‘brothel’ wat hy glo hanteer. Hofsaak ens en toe gee hierdie Min van Verdediging( self ‘n barrister’prokoreur’) ‘n vals verklaring aan die hooggeregshof en ten spyte van ‘n mosie van volslae vertroue , (nadat hy gesê het, hy het bietjie vergeet wat hy gesê het)moes hy uiteindelik na 48 uur die gees gaf en bedank! Nou het ons geen Min van Verdediging nie en alles hang in die lug!!!So word ons daagliks met ‘soupies’ in werklikheid verras!
Aan die anderkant van die wereld gebruik die Israeliete almal se paspoorte, 5 Ierse ouens is nou Israelies sonder hul wete om ‘n ander Hamas uit die weg te ruim, en almal is in oproer!
Lewe gaan andersins rustig sy gang! Die krokusse staan vriendelik met blommetjies na bo as die son skyn , baie mooi , die vinke eet al die uitloopsels aan die bome af en as die son in Ierland skyn is dit hemel op aarde!
Ai dis darem lekker om die briewe te lees ook van daarver uit Kanada, Nine jy kan gerus weer skryf en ‘n voorbeeld wees vir die ander niggies en nefies!
Ek het verjaardae in my boekie Die oudste eerste, Garth Veels geluk met jou verjaardag môre as ek dit reg het , mag die kas nie indring op jou vreugde van die dag en jaar nie!. Renate Röhrs in Stellenbosch! Veels Geluk met jou verjaardag,ook môre. Hoop van harte dat diit ‘n pragtige en vreugdevolle jaar vir jou sal wees!
Rozanna Kruger verjaar die 25ste Veels geluk Rozanna, ons bede is dat dit ‘n wonderlike jaar vir jou gaan wees!
Elke dag bring ek spesiaal onse tante Poppie op aan ons hemelse Vader vir genade en ‘n pynvrye dag! Baie liefde groete aan haar!
Barry is byna klaar sy koerant gelees en dus is my vrye tyd ook nou daarmee heen! Ek het nog 2 weke siek verlof en sal dan weer dapper die bul by die horings gryp en begin werk!
Die ellende van onderbetaling en werkstop is vir eers van die baan en sal weer in April bespreek word!Ons gaan dus aan met korting van 18%.
Haya ek dink jy moet ‘n medalje kry vir jou harde werk, Is dit nie snaaks nie , dit wil vir my voorkom asof die vrouens in die familie almal harder werk na hulle 50 geword het as van te vore! Wees tog versigtig in die lang tog van Cullinan na Reitz en ek hoop dat die wat die mis ontvang hulle sterre dank en dat die wat die eiers koop weet dat dit met groot moeite aangery is! Bid en hoop dat die behandeling vir jou voete ‘n positiewe effek sal hê! Wat van Botoks vir die kussingkies!
Ek groet vanuit ‘n gevriesde eiland waar geen blad of loof sy kleur vandag kan herken nie!
Die wat ver ry wees tog baie versigtig, die wat tuis bly , sluit die deure , hou die kettings op as jy die deur oopmaak, Voer die groot honde goed sodat hulle sterk kake het ! kry liewer leeus!
Mag die oeste en plant gewasse goed groei , mag dit reen waar dit nog baie droog is.
More is Sondag en ek is op ‘sing’ diens dus speel Joy en ek geniet elke moment van saam sing! Ons eie predikant is weer terug en ons sielsvoedel sal weer aangevul word! Ek wonder waar kry Tiger Woods sy siele voedsel vandaan?, ‘n dooie Buddah!???????????Geen wonder hy is die kluts kwyt nie!
Baie liefde groete uit ‘n wit Ierland
Die Dunnes

Saturday, February 13, 2010

Greetings from a slow awakening Ireland

Saturday 13th Feb ‘10

Good day to all, family and friends,
I am now in my 9th day after surgery and recovery is smooth and good, The problematic lungs are taking air in much easier and I can walk fairly fast now without huffing and puffing. The introduction of air in the abdominal cavity and in the upper quadrant of the thorax causes my right lung to object and did not want to expand well after the episode but with exercises and correct breathing I am flying again!
Just back from our morning walk to the geese and inspection of the garden. Nature is so wonderful to thing after all the snow and tremendous cold the crocuses are blooming and the daffodils and tulips are growing well. The fact that have leaves on any trees in summer is a miracle as the little birds sit and pick every new bud off, Must be very nutritious other wise I cannot see the value of it.
With my hospitalization the time to prune the roses went by and now I cannot get it over my heart to cut off all the new growth you see and everything looks so happy. So I decided to let it be and see what happens! Most of the roses are suppose to be climbing in any case.
One thing is for sure we will not have to cut the grass in the lower camp as our 4 lawnmowers have done it all ready!
Yesterday the temperature went up to 9 degrees but a very cold northerly wind blew and you could not stay outside for longer than 10 minutes but today the temp is 3 and no wind and it is so lovely outside some hazy sunshine but not much, but the day so much more pleasant!
I went back to work for 10 days before my operation and enjoyed every minute of it but was also very disillusioned about the talk of cutting the hourly rate of the nurses and add another 5% to the 18% cut already in existence. I would be better off working as a carer than as a nurse! But in spite off that we are still well paid and we should not moan at all!
Apart from Valentine’s Day tomorrow and the tremendous hype about red roses and chocolates I have to wish Phillip in Dublin a very Happy Birthday for yesterday, Barry’s sister in law in England, Brenda Happy Birthday with her 70th birthday. Today! Hope that you both enjoyed a good day!
Thank you Adelbert for the lovely photos 1st of my tante Poppie and the children and grand children I do enjoy the photos so much and appreciate it that you always include my dear tante Poppie in it, I can see that she is very frail and pray that the Lord will be with her every day she spends still between the living!.
The northern hemisphere students are preparing for their leaving cert and just completed the after January exams. Hope all went well. Nine (jnr) in Canada every young creature wants to fly away from home as soon as possible but you prefer to stay home there must be something very good there or you are being spoilt by mom and dad. Hope that your trip with Granny Nine will be a wonderful experience. You never write a letter or anything and know so little about you, would love you to tell me more about you and you are not the only one I do send my letters to all the grand children of whom I have email addresses but never hear from them! I also know that young people do not have time for writing but just a hello and a nice photo now and again will be appreciated!
To all the other who so diligently write week after week, do know that I live to read every word written, with great enthusiasm and interest!
Tomorrow Joy will do the honours at church and I will only sing!
That is if I have enough breath!
Today Ireland plays France and excitement is high, Rugby away from home is always difficult as I believe the players play as good as the support is! Even if they play bad!
Hoppe sincerely that draught part of SA and other places get rain! Keep the doors locked, be very careful how you do things and watch where you put your feet!
Everything of the best for the farmers with crops and livestock, may it go well!
Warmish(more cold than warm) cloudy, and intermittent sunshine regards from us in Cranleymore!
The Dunnes