Monday, April 26, 2010

Groete vanuit 'n sonnige Ierland

17 April ‘10





Goeie dag almal,familie en vriende!

My huis is ‘n lushof met affodille,oral, elke vaas is vol en buite teen elke heining staan die opgewekte dapper klok blomme met hul gesiggies na die son gedraai!

Die son se strale word soggens vroeg deur die dou druppels in prisma kleure weergegee en vanoggend het die mooiste tulp oopgegaan! Git swart in die diepte,helder geel buite met ‘n randjie wat lyk of dit met die skêr versnipper is!Die stempel is spierwit!Ek het ‘n foto geneem maar het nie die regte lens om skerp genoeg fotos te neem nie!

Ons het ongelooflike mooi weer gehad sedert Sondag ,heerlike warm dae met briljante sonskyn. Blou lug en soms net ‘n briesie om ons te herinner dat ons naby aan die noordpool is!

Wat ‘n ellende met die uitlating van die vulkaan stof en al die lugruimtes gesluit! Diè wat hier is moet bly, tensy hulle met die veerbote na ander dele vertrek maar die hele Europa se lugruim is besoedel! Almal wat wil staak moes dit nou gedoen het dan kos dit die maatskappye nie dubbeld nie!

Hier het een van die grootste maatskappye die aftog moes blaas teen die aanstelling van administrateurs(iets soos likwideerders) wat die besigheid gaan oorneem! Duisende mense werk vir die maatskappy “Quinn” op alle gebiede,sement,beton,quarries,verpakking,assuransie,kar,huis,en medies,om maar net ‘n paar te noem,nie net hier nie maar ook in Noord Ierland en Engeland!

Nou ja, hy ,Sean Quinn het 37jr gelede met een vragmotor begin en was gedurende die Celtic Tiger be-invloed deur die magdom van geld en het aandele gekoop dat dit hop en nou het alles verlore gegaan en skuld hy die bank 1.3 biljoen!

Ek is maar bly ons is nie ryk nie want geld is ‘n euwel en met genade van Bo word ons daagliks ryklik geseёn sonder om uitspattig te leef en nog nooit hoef ons honger te gaan slaap het nie! Dank die Vader!

Alles is laat die groei aan die bome kom nou eers na vore en die verskillende kleure groen kan nou opgemerk word veral langs die hoofpaaie. Die kersie bome wat gewoonlik teen hierdie tyd swaar hang met die blomme staan nog in die tou om uit te loop!

Ons sierpruim boom het nou bloeisels aan, wit en pink want dit is twee bome wat jare gelede seker deur ‘n insek of voeltjie gekruis is met mekaar, die helfte van die boom het groen blare met wit bloeisels en die ander helfte donker rooi blare en pink bloeisels. Die rose het pragtig uitgeloop en ons gaan hopelik veel plesier van hulle hê! Ons het ook 2 ekstra roosbome gekoop wat belowe om bloedrooi rose te dra dwarsdeur die somer!

Ons wag naarstiglik op die koms van die swaeltjies, maar heelaas het ons nog nie een gesien nie,wie weet waar hulle is?

Ons nuwe tuinstel wat ons vir ‘n appel en ‘n ui by die veiling gekoop het is ‘n groot aanwins en ons geniet dit om in heerlike stoele buite te sit,ons moes altyd op sulke regop kerk bankies sit! Nou kan ons heerlik uitgestrek op ons nuwe(ou) stoele verkeer!

Ons hoop om ,as alles volgens plan verloop en dit die Here se wil is dat ons die oorgeblewe vensters in die huis sal vervang met dubbelglas vensters vir die behoud van warmte en ook ‘n ordentlike voordeur telaat insit! Dit word alles in een dag gedoen. Sien op teen die gemors maar sien ook daarna uit om ‘n ordentlike deur te he! Ons moet telkens ‘n skop gee om die deur ooptekry want as dit reen swel die ding tenspyte van die waarborg dat dit nie sal swel nie!( Die komper verander die woorde wat in Afrikaans soos in Engels gespel word sommer van self na die Engelse spelling en ek moet dus heeltyd op my hoede wees).

Ek moet eers iets korrigeer, Br Mendel het 79 jaar oud geword en nie 80 soos wat ek gedink het nie maar ons sal dus volgende jaar sy 80ste verjaardag vier!

Ek het geen ander verjaardae van familie aangeteken in my boekie nie net Amanda wat more, die 18de verjaar! El sal haar in Engels geluk wens! Ons wag ins spanning op die koms van die kleinkind,ek het op die ou manier die datum uitgewerk en hulle weet nou van beter! ‘n week uit! Die kleinding sal seker nou arriveer die eerste nag wat ek weer werk m.a.w. die 21ste! Ek het gelukkig my verlof baie geniet en het die beste weer gehad denkbaar!

Baie dankie aan Kathleen wat so ‘n interesante lekker laaaaang brief geskryf het, dit was heerlik om van al jul wedervaringe te lees en hoop dat die tyd na die koms van jul dogter ook sommer vinnig sal verby gaan!

Die wat nie belangstel in die gans storie kan nou maar ‘exit’ Dit gaan julle goed!

Prins Scruffie,hy verdien die title ‘Prins’ nadat hy ‘n metamorfose ondergaan het! Hy is nou koning en jaag ons behoortlik met gruwel oё en ‘n gehiss van die onderwereld weg as ons net naby sy vrouens kom!

Hy is nou skoon en vet en pragtig! Vol karakter en streke!

Ons het ook sedert Woensdag en Donderdag 2 henne wat op die eiers sit , Die een ganshen by name van Ruthie het net Wonesdag oggend besluit dit is nou sulke tyd en haar stewig op die een nes gevestig. Sy is nou in ‘n kampie van haar eie waar haar kos en water is ,ook waar sy kan strek en kyk hoe die lewe buite lyk ,sy bly egter net ‘n paar minute buite en gaan dan weer dadelik in. Madam is die ander ganshen wat sit maar sy is so wispelturig soos ‘n vrou maar net kan wees! Sy hou nie daarvan om toegemaak te wees nie en breek behoorlik die afskorting af om uittekom en toe Barry dit versterk het ,vlieg sy toe oor die skeiding wat hy opgesit het , hoe weet ons nie maar gister skielik hoor ons hierdie allamintige lawaai en kyk ganse se kant toe om te sien sy is uit en reguit op pad water toe en sonder huiwer duik sy in en swem te heerlik rond! Sy wou onder dood nie weer ingaan nie en dit kan nie goed wees vir die eiers nie maar uiteindelik het Barry die versperring weggeneem en sy is terug, Nou het ons haar gelos ,laat sy nou maar maak soos sy wil, hierdie gans kinders gee Barry grys hare en maak hom meer bles as wat hy is!

Nou loop Prins Scruffie net met 2 gans vroue buite rond, maar o wee moet nie prober naby kom nie ,hy sal jou som mer gryp!

Een van sy bywywe hou ook van die water en sy duik diep en swem met groot lawaai rond ons moet elke keer as sy in die water was weer die tenk opvul want sy gaan so te kere dat die water vlak val en dan kan hulle nie so maklik uitklim nie!Ons het ‘n sak aartappels gekoop wat watering was en aangesien aartappels Barry se stapel voedsel is moet dit net van die beste wees maar so tussen deur het ons opgemerk dat hulle baie van die aartappels skille hou wat ons uitgooi, (ons bak die aartappels met skil en al in die oond) dus het die sak aartappels op die stoof geland en hulle kry toe 3x aartappels as lekkerny, Die warm aartappels vat die koek hulle bekke brand maar hulle eet dat dit gons! Die koue aartappels kry nie soveel aftrek nie! Hulle is ook baie lieef vir appelskille en die binneklant van my klaar ge-ete pomelo 1/2te elke more!

Daar het julle nou die laaste gebeure soos en met 1nm vandag!

Ons dink aan Kobus en Haya sal jy asb laat weet wanneer die operasie gaan plaas vind! Barry gaan vir ‘n volledige kardiese ondersoek want hy het die laaste paar weke telkens gekla van kortasem en benoudgheid in die borskas. Hy presenteer ook met ‘n onreelmatige polssalg wat hy nooit van te vore gehad het nie!Dus word hy die 29ste vir die dag opgeneem! Die gehoor probleem was toe ‘n verharde was bal wat sy gehoor verduister het en ons is nou besig met warm olyfolie, Cerumol en Waxoll die ding sag te maak en dan sal die dokter die ooruispoeling doen sodat ek nie weer beskuldig kan word nie! Na die laaste uitspoeling was hy heeltemaal doof want die vloeistof het agter die bal was gevange gebly! En ek moes omtrent les opse!

Ons dink aan almal wat op plase woon, mag dit reen waar dit droog is, mag die oeste goed verloop, hoop die eiertrok werk weer!

Onthou jul eie veiligheid as mees belangrik, sluit die deure en hou jul oё oop!

Ons groet vanuit ‘n heerlike sonnige Cranleymore( weet nie vir hoe lank nie)

Die Dunnes

Saturday, April 10, 2010

Spring at last!

Weekend 9/10 April’10

Dear Family and friends,

Today was Tant Poppie’s Thanks Giving Service and we were in thought and spirit with the family!

I wanted to remember tant Poppie and wrote my thoughts down and in the end 5 folio pages later I realised that it was a bit much and in the end there was just a few lines in remembrance of a dear Aunt!

Weather Report:

Hazy sunshine with a slight breeze, dry (that is the most important) and pleasant!
After last week’s escapades we are happy for every dry day, every little sunray that breaks through the cloud cover! It rained so much Tuesday night that the back lawn was like a shallow swimming pool! Water ran like a river just behind the fence (in Jimmy o Schaugnessey’s land) without hindrance. Next to our house, North side
(The side that is deprived of sunshine, except early morning) we had our own pool! The drainage was not good enough for the gallons of water that came from the fields above us and accumulated at the lowest point which was against our house’s outer wall! Barry will have to redesign the drainage system around the house and alleviate the problem for the next flood.

If all goes well he is going to attempt to cut the grass later this afternoon- evening really as the sun is now setting just after 8.30 pm. Will report on that later.
The back fence, the yard fence between the lower field and the house represents the finest specimens of daffodils you can imagine! The bulbs we planted the very first year have come to their real glory this year and then we planted about 100-150 extra bulbs in October, to reward us now with bright yellow, flowers where ever you look!!

We have decided to leave the veg garden for this year, with our dear friends and children the geese attending to the plant growth and grass cutting in the lower field. The plan is to have a lean-to added to the shed to have a kind of protected area (hothouse effect) where we will plant a few selected veggies in pots. The slugs are very active and it becomes a full day job just to control them alone!
The roses now have leaves on and we are waiting on the flower plum trees to bloom!

For the last 4 years we have tried to grow tomatoes but it is no good! There is not enough heat to get them to ripen, much cheaper and easier to buy them of the shelf!
The strawberry plants are growing well and we hope to enjoy a good crop of very delicious fruit around July-August!. The crab apple trees have leaves and the blossoms are not far behind. The normal apple and pear trees are still in the budding stage!

Saturday Morning.

Today is Gerda’s Birthday, living in Zambia
We hope and pray that you will a lovely day abundant blessings from above, good health and lots of surprises!

My brother Mendel, living in Groot Brak River, will be 80 years old on the 13th!!!!Hope I have that correct) Paul as you are only email link to him will you convey our best wishes to him, I will also send a sms! Technology is wonderful!

I do not have any more birthdays for this week but if there is any-one having a birthday! Enjoy the day!

The weather held yesterday and the 1st cut of the grass for 2010 were in progress at about 5pm your time. In spite of the wetness it went well, and suddenly the place looks more cared for!
The Meteirin, our equivalent of the weather bureau, mentioned this morning that the month of March was the coldest in 23 years and it was also the coldest winter since 1963!!!!!
Barry has gone deaf in his left ear, so bad that we are at the shouting stage! I arranged an appointment with the hearing assessors for Wednesday and we will have a verdict then! The testing is free but any hearing aid we have to pay for. He can go via the HSE but he might be old and over the hill before he gets his turn as there is a waiting list for 24 months!
We are otherwise well! My leave is a patient waiting game and when the phone rings I jump, run and answer with haste, but alas, still nothing happening, Amanda says she is not a very patient person and this waiting period is teaching her endurance and perseverance( not that she has a choice in the matter) hahaha!
Tomorrow, as always, is the best day of the week and we have the Moderator of the Presbyterian(nearest to Reformed Churched here in Ireland) as visiting preacher.

Psalms and Hymns well practised and tea before the service as he has to leave and preached in Mullingar as well! He and his wife will be presented with a hamper put together by one of the members!
Victor Murphy (farmer and Historian)the oldest member of the church now 86 has been the treasurer for over 60 years and we will acknowledge his services as well, at the same time. I did a card in calligraphy and hope that it will go well!

For those who do not want to know about the geese saga, have a good day and weekend! Till next time (Exit now)

Prince Scruffie, has been accepted by his harem and is now king of the castle! If he is doing his work, remains to be seen! Since last week Thursday, we started to collect the ‘new’ hopefully fertile eggs and they add up to 23 today, The old eggs(58) have undergone a metamorphosis and have become food for the crows, geese and magpies and who ever visits when we do not look! We cooked them in a big pot for about 20 min, cool them down and break them with a shovel into bits! What a waste! And that because of our ignorance!

The blue tits nest in the box is lined with the softest materials you can imagine and we can watch them going in and out of the box from the kitchen table!

Wonderful to read all the news from far and wide and Haya, we keep Kobus in our thoughts and prayers and hope that whenever the operation is, it will go well and that recovery will be 100%. I always wonder how I will perceive the news that I have cancer and have decided that only the heavenly Father can soften that blow!
Also glad that Arnolda was with you in time of need!

I call an end to my waffling and hope sincerely that you will overcome the publicity worldwide of Eugene Terblanche’s murder! We watch the SA Golfers with dismay as they falter around Augusta!
Remember security, around the house, in the car and on the streets!
Keep well
From a happier husband and wife in Cranleymore. WHY??
They promised temp‘s of 15-17 Cel later in the day , the sun shine the skies are blue and there is no wind!!!!!!!!!!!!!!
Barry & Christina

Saturday, April 3, 2010

Chapter 1 Greetings from Ireland

28th March’10



Sunday Night/Monday morning



Good day to all, family and friends!



I am so exciting to see the spring growth eventually coming through! The new leaves in all different colours of green and after the lovely rains the breakthrough in the brown grassy fields, what a peaceful atmosphere it brings to a very expectant population of Island dwellers.

As In England the buds are appearing everywhere and soon we will have blossoms on the apple trees and pear trees the roses are growing new leaves and buds at an alarming speed as if to catch up. At the gate we are met with very beautiful bright red tulips, 9 hanging baskets filled with colourful primroses and pansies. The back hedge is covered in Daffodils and all along the hedge of the lower field the yellow heads are opening, the geese tasted one and decided that it is not good enough to eat and now they are flourishing! I have to admit that the changing of the seasons are a remarkable event and very exciting!



We are now only 1 hour behind SA and I had the privilege to work an hour less last night and welcome the earlier hour gratefully! In fact it made no difference really, where we are aware of it more is suddenly the evening is an hour longer already! I drove to work in day light today with the sun only on its way to set!.



Temperatures have been very generous with bright clear skies at night the moon nearly full and the starts bright and shiny there far above us! Many mornings we had cloudy weather just to clear up into a lovely spring day!

We still have not cut the grass as there has been no remarkable growth there yet but Barry has it in mind to do it before next weekend!

Today was Isabel birthday and sincerely hope that it was a memorable day! The 30th is Anette Knights birthday, Paul will you be so kind to tell your sister that we remember her! Best wishes for the year!



I am not near my birthday list and if there is some-one else having a birthday, God’s blessings we pray upon you! Reagrds to Tane Poppie!



I have been working many more nights that what I should and so it happened that I am still on duty and did not have chance to write the letter earlier.

For those who are tired of my geese stories, time for you to exit! A Good week to you all!

CONFUSION!

So it happens that Barry were attending something in the lower field where the geese graze and noticed the funny behaviour of the goose we marked as ‘Big Boy’ pulling the straw out of the dog box, and later pulling the sticks (This is a heap of small dry branches, ready for burning in the middle of their field) from the dry heap eventually after being very busy ‘he’ laid down in the grass and were very content looking, Barry left and came back an hour or so later and there was this enormous big white egg left as present from our so called gander! Barry was devastated. In our ignorance we had it that there must be at least this leader goose who has been so protective of all the other hens called #big’boy’ happily servicing the hens : Now it seems as if we had all hens and no gander 48 eggs later. Nowhere in the book does it give you definite gender differences except if you turn them upside down and look for their tools! We did not do that and with disgust Barry phone Matt the man we got the geese from and asked if he had a gander Yes he has!!!!! So after church today, with me tucked up in bed he left in pursuit of this gander!



He does indeed look different and has no pouch hanging between his legs he was filthy dirty and immediately shunned by the 4 hens which are to become his harem! As the day passed by they eventually allowed him to join in the drinking of water and to join in the grazing near them! Poor thing, he was once one of them but has not been exposed to the elite treatment as the hens have received!

We will have to remove all the eggs from the entire nest now and leave just one marked egg to know it is a dud for the next session of egg lying! Madam nearly reached 26 eggs on her own and the others are near to 10 each with the new hen now adding to the confusion.

We hope that he will perform his duties diligently and that the next batch of eggs will be hatch able!

We need every bit of patience for the next session!



Easter is on hand and good Friday in this country it is just a normal day only the banks are closed! Every-one else go on their merry way as before! Knowing that there are still places in this world where it is part of a religious church going day I do pray that you will all have a blessed Easter.

Those who will be together may the togetherness be blessed!

Save travelling for Arnolda and enjoy.

Last but not least CONGRATULATIONS is at the order of the day to Kathleen who has passed her final exams! I wonder if the Paul/Nine family does not break the record of Doctors in one generation ! We sincerely hope that the honours will be present at the graduation!

Hessie,I did go in on Face book, I am not fond of this face book business but did enjoy the photos, and also those you forwarded many thanks! What a lot of beautiful people together!

I do hope that you all will take care, may it rain where it is dry and that the winter that lies ahead will be tolerable.

Kind regards from a happy family of geese and gander with 2 human overseers in Cranleymore



UPDATE:



I cannot believe it I just completed the rest of the letter and it is all gone that makes me fuming mad now to try and remember everything I wrote with such enthusiasm!!!!!!!!!!!

I will try again!

Just in from an Auction( good hour ago now) Isabel will remember the auctioneer Mullens, we went to an auction in Old Castle while you were with us! This time the auction was in a house near Ballyjamesduff not far from us and Barry woke me at one and we arrived in good time for a bit of viewing, He did view yesterday after picking up the master and delivering him here at home. It has been raining since 2am and the earth is water logged!

We arrived and had to park in a field, not too happy but have no choice! No plan B were in place for in case the weather turns ugly and there we were 100 of us standing in pouring rain and the umbrella not worth the money we paid for it! It was freezing and we got soaked, after an hour we got some of the things we were after but then the park attendant came to tell us that those parked in the lower field have to move their vehicles as the field was waterlogged. Barry in front of the wheel and with great expertise he got us out and kept going!



We got home and after a warm drink started to thaw. Idiotic !!!!!!! I know but when the auction blood starts stirring you just have to adhere to the call! We checked on the geese family and ‘Scruffie’ is still struggling to be accepted. He is starving and cannot get enough of the scraps we give them ! he is somewhat cleaner but still in a terrible state We hope to get them into the shed tonight as Barry had to give up after several attempts last night. They stayed outside and fortunately there was no visiting fox or wheezel to make a meal out of our geese!

Regards

Take care

The Dunnes!

Hoofstuk 2 Groete vanuit 'n verwarde Ierland

Saterdag 3 April’10


Goeie dag allemaal, familie en vriende!



So gebeur dit toe dat ons met verskeurende kloue uit die lente van Ierland geruk is,en vêr, diep in die yskoue winter,hoog uit die lug ons te pletter geval het Dinsdag. Om 2nm presies het die waterrige ys en hael omgesit in yslike groot vlokke sneeu en ons was nogeens weer gehul in ‘n massa van wit! Ek het net in die vorige brief die vreugde van die lente besing(wonder of iemand daardie brief in Engels gekry het) . Ons het die een na die ander krag onderbreking ondervind ,telefoon lyne te swaar met die sneeu kon nie die geleiding doen nie en al het ek telke male probeer het ek net ‘n boodskap gekry dat daar geen konneksie is nie. Daarom sal ek as hoofstuk een verlede week se brief ook hierby insluit! Die wat dit wel gekry het hoef dit nie weer te lees nie Ek het wel al die foute reggemaak! Miskien maak dit nou sin ! Barry het Dinsdag aand met ‘n kers gesit en luister na die onheilspellende gerommel van die kokende water in die tenk wat nêrens heen kon gaan nie want die pomp werk met elekstrisiteit en dit was erger as die ergste donderweer met knetterende geluide tussen in!

Al die water in die tenk het beoorlik gekook en kon nie deur die sisteem van verwarmers vervoer word nie! Hy het maar gou al die hout uit die vuur moes haal en al die warm krane oopgedraai en na sowat 2 ure het daar stilte in die huis gekom net die sagte fluistering van die sneeu wat val daarbuite as metgesel! Ek het gewerk!

Die krag is eers Woensdagoggend teen 9vm herstel.

Ons is sopas terug van ‘n ritjie deur die misrabele bruin landskap want alles het verbrand in die swart ryp en die groen wat manhaftig probeer het om verlede week hul verskyning te maak het hulle boeglam geskrik en is weer terug in die verlede!

Ek het in die 7 jaar wat ek hier is nog nooit die omgewing so diep in die modder gesien nie! Toe die sneeu begin smelt na dae se harde reen het al die laagliggende velde in vloed gestaan en selfs nog vandag het ons by plate van water massas verby gery, ongelooflik!

Ek sê niks meer nie, dit stem ‘n mens baie depressief as die lente in die war is!

Ons affodille staan kiertsregop met gesiggies na bo op soek na bietjie son die tulpe het lanklaas oopgegaan want daar is net nie genoeg hitte en sonskyn nie! Gelukkig het die hangmandjies nie te seergekry met die sneeu nie ,ryp is erger!

By die werk was dit ‘n malle gejaag na wind met 58 teatergevalle ‘n dag en net 32 beddens, dus is die een nog nie mooi wakker nie en uit of die volgende pasient word in die afgewasde nut opgemaakte bed gesit om ook in die stroom van operasie gevalle ingelsuit te word Woensdag aand het my laaste pasient om 21h40 teruggekom van teater! Groot operasie ,herstruktirering van die bors na ‘n mastektomie van ‘n paar jaar gelede!!

Die jillende kinders van ouers wat geen dissipline kan handhaaf nie en ek die draak wat moet stil maak!

Sommige oggende was ek so moeg dat ek bang was om huis toe te ry, maar ek sit my CD’s hard aan en sing luidkeels saam om wakker te bly!

Die gans storie het as volg ontplooi! Scruffie is nou na 6 dae ‘n volle lid van die familie ,hy het maar swaar gekry in die begin maar uiteindelik het die harem hom aanvaar! Hy was so verskriklik honger dat hy omtrent aanmekaar ge-eet het .Na 72 uur het hy effe stadiger die kos benader! Hy is nou skoon en het in 6 dae ‘n mannetjies gans van format geword. Hy loop fier en regop tussen sy vrouens rond en hy lyk defenitief anders as die henne,,,,ons was ook maar dom.....! Nou het ons 5 NUWE eiers,wat hopelik vrugbaar sal wees, die ander 58 word steselmatig gekook en weer terug gevoer! Hoё kalsium en proteiene! Die kraaie en magpies geniet dit net so baie!

Ons het ‘n houtboksie al vir jare in die heining vir die doel dat voeltjies daarin nes moet maak en hulle het dit elke jaar geignoreer maar hierdie jaar het die ‘blue tits’ die boksie ontdek en ons het nou ‘n paartjie wat baie besig is om nes te bou! Die robin het haar nes in die heining lans die hek en Barry het die draad effe geknip sodat hulle makliker kan in en uit! Nou wag ons in spanning op ons gans henne om ook broeis te raak!

Groete aan onse Tante Poppie ek verstaan dat dit nie elke dag so goed gaan nie maar ons dra haar daagliks aan die Here op vir krag en genade!

Veels geluk aan Devlin wat more verjaar!!!!! Sal kaartjie stuur ,spesiaal! Ook and Kayla Butkovic wat 2 ure ouer as Devlin is! Lekker verjaar julle twee. Nine Paula van Hester en Attie verjaar die 5de! Ook aan jou baie goeie wense en hoop die universiteit jaar vorder fluks!

Gou-gou my growwe bruin broodjie in die oond gaan sit! Ek verbeel my nou dat ek ‘n baas broodbakster is!

Ons toggie vanmore was na die slagter in Ballinalee! En op pad soontoe sien ons dat die sneeu nog stewig op die heuwels lê!. Daargekom was daar 2 Afrika vroue daar, sekerlik van Nigeriee, Ry in ‘n pragttige ‘98 Mercedes en koop al die vleis was die wittes hier nie eet nie! Is weg met seker 50 kg vleis vir R700.00 Hulle het dit nog nooit in hul lewe so goed gehad nie!

Ons lam was effe aan die vet kant maar sal maar die vleis op ‘n rakkie gaar maak en die vet laat afdrup! Die bief is seker van die beste gehalte wat ek nog gesien het ,ek kry altyd iets ekstra omdat ons sulke goeie kliёnte is!

Nou ja my nuus is op en ek hoop dat almal ‘n baie geseёnde PAas sal beleef, dat waar families bymekaar is dit ‘n vreugdevolle tyd sal wees!



More is Paas Sondag en al die Psalme en Gesange is reeds goed ge-oefen en Barry doen ‘n voorlesing! Ek is so trots op hom!

Wees tog asb versigtig, sluit die deure en moenie laks raak met sekuriteit nie! Hoop dit gaan goed met al die jong mense wat verlief en verloof is en al die jongetroude paartjies, Die verwagtende moeder en ons wag in spanning op die koms van ons kleinkind! Woensdag het die Dokter gese sy moet gereed wees ,dis nou enige dag! Bly ek het my verlof so ingesit dat ek albei kante van die verwagte datum ingesluit het! Beste wense ook aan Anke wat volgens Mendel besig is om goed te herstel!

Mag die plaas boere se oeste goed afloop en mag dit reen waar dit nog droog is! Geniet julle winter!

Ek groet vanuit ‘n 6 grade sogenaamde lente dag met ysige wind vanuit die noorde en sagte mis reen daarbuite!

Barry en Christina

Saturday, March 20, 2010

Groete vanuit Ierland

20ste Maart 2010


Goeie dag almal, familie en vriende,

Lente het uiteindelik hier in Cranleymore gearriveer en dit stem ons baie plesierig en opgewonde! Lieflike lang dae met sonskyn! Oral loop die boompies uit en die verbrande toppies van die rooi Robin probeer hard om hul geskende hoofies weer te lig!
Die appeliefie se nuwe groen blaartjies is so helder en nuut ek kan nie ophou kyk nie! Die appel bloeisels het sommer in ‘n week begin knoppe maak en sal seker in die volgende paar dae oop wees. Die eerste affodille is oop en so ook ons orgidee!
Ons het ook ons eerste lente reen gehad en oral sien jy die groen gras deur die bruin beur en die ganse dink dis ‘n fees! Die weer het aansienlik verbeter en dit bring mee dat mense minder knorrig en mismoedig is, dit was ‘n ekstra lang winter!
Maandag is ons dag vir die tuin en alle ou hang mandjies sal in ere herstel word en al die vensterbank bakke gevul word!Die tulpe kom orals op. In Oktober het Barry die bolle iewers gekry en orals ingedruk nie wetende wat dit is nie en ek gee glad nie om nie want dit gaan so vrolik wees as alles in blom is!
Die nuus hier draai alles omtrent die kardinaal wat weier om te bedank(want dan is sy kans om dalk die Pous te word daarmee heen)Hy is betrokke by ongelooflike dinge met betrekking tot die kinder misbruik in die kerk ! Dis nie so seer dit wat hy gedoen het nie maar liewer dit wat hy NIE gedoen het nie! Ons wag nou almal in spanning vir die brief van die Pous met betrekking tot die Murphy verslag, maar niemand het ooit iets verkeerd gedoen nie en almal was hul hande in onskuld!
Dis Ierland teen Scotland(rugby) vanmiddag en almal is in rep en roer! Sal maar liewer nie kyk nie , dit is nie goed vir enige mens se bloeddruk nie!
Terug by die ganse! Hulle het ons nou goed in die war! Ons moes ons geslag verdeling nog eens weer hernu! Skielik is daar nog ‘n hen aan die lê en ons eier telling staan nou op 29 ! Barry moes eiers uit die nes van Madam verwyder want daar is nou so baie dat die kring te groot geraak het en ons het hulle op ‘n koel plek gebere tot tyd en wyl sy broeis raak en begin sit! Ons is eintlik op soek na ‘n broeis hoender hen om te help en sal terug gaan na man waar ons die ganse gekoop het want hy het alles op sy werf! Die eiers kan goed herken word want al drie die henne se eiers lyk anders!Ons is ook nou seker dat ons net een mannetjie het en hy is die baas verseker!
Ons het ook as aanvulling vir al die leggende gans henne hoender kos gekoop soos aanbeveel in die boek!
By die werk het ek Maandag byna omgekom na ‘n nag in die oue te huis gedeelte , dit was op alle gebiede ‘n uitdaging geestelik, liggamlik en breinsgewys! Ek het duidelik die jare verpas waar sulke harde fisiese werk aan die orde van die dag is!maak my besef dat ek nie meer 25 jr oud is nie, en dit was baie ontstellend want ‘n mens dink mos altyd jy word net ouer in jare en nie anders nie, maar na daardie nag is ek erg ontnugter!
Ek het nog nooit geskram vir harde werk nie maar om na 40 pasiente, waarvan 30 hoog versorgend is ,omtesien met net ‘n helper is nie ‘n grap nie!
Dankbaar kan ek sê dat ek terug is op orrel diens en sien oneindig daarna uit om môre weer voor die orrel inte skuif. Vergeet om te noem dat ons ‘n pragtige Hollandse gesin ryker geword het en hulle sing so lekker , ek het nog net dag gesê maar sal more met tee kans kry om meer van hulle uittevind!
Nou ja nuus is niks noemens waardig nie en soos Hessie sê, as julle nog lees, hoop ek dat die week wat voorle voorspoedig sal verloop!
Baie spesiale groete aan onse TAnte Poppie en ons hoop dat dit met haar so goed as moontlik gaan! OOk vra ek Paul in VDBijl om ons beste wense vir spoedige herstel aan sy moeder Anke oor te dra!
Ek het geen verjaardae in my boekie nie maar dit beteken nie dat daar dalk iemand ‘n jaar ouersword nie. Veels geluk aan almal.
Ons dink aan die droogte geteisterde gebiede en hoop dat reen sal val.
My opmerkings van veiligheid in SA en ontstellende nuus berigte is nie vir almal aanvaarbaar nie dus swyg ek!
Groete uit ‘n groen wordende Ierland!
Barry en Christina

Thursday, March 18, 2010

Greetings from Ireland

14 March ’10 Sunday

Good day to all far and near!
May the MOTHERS residing in Ireland have a blessed day; we do things differently in the Northern hemisphere and today is MOTHER’S DAY? England!
Before the confused mind forget, many good wishes to all those who will become a year older during this week!
Jaco Eloff in Roodepoort has his birthday today! Jaco I hope that your were well spoiled today but that you will be a very well behaved, hard working boy ,son and grandson in the year that lies ahead! Next is Georg on the 18th. We pray that you will experience an excellent year, filled with exciting surprises and daily blessings! On the 19th we have the member of the family that is just younger than me by some 7.5 years! Arnolda we hope and pray that your day will be filled with lovely spring sunshine and that the blessing from above will be more than you can count!
Happy Birthday to you all!
Today is beautiful with some cloud and bright sunshine, a southerly breeze without the sting from the north and reached
11 deg. It is dry, very dry for Ireland and there is no growth in the grass and the farmers still have to feed the cattle. The ground is still frozen and there is just not enough earth heat to promote growth. There is one daffodil that will be open on St Patrick’s Day which is a good 6 weeks later that last year. In spite of all the snow, the frost was so severe that our pine hedge is now orange in colour, all the ends burnt to death! The usual lush green Ireland is suffering!
I have had my 1st week back at work, one reason why my letter is at least 18 hours late, I am a creature of habit and write my weekly letter every Saturday afternoon between 12 and 1pm.
Presently 4pm Sunday! I had to pickle my laptop to the lounge in order to sit next to Barry and write as he has not seen much of me during the last 7 days, Since I started on Monday night I have already worked 4 night and will continue tomorrow night a night in the nursing home which will prove that either I am well or not! They have rolled in the nights as if they missed me, hahaha!
My whole body objected at the punishment it endured but I survived! Wonder above wonder!
Our geese keep us going between providing swimming facilities and counting the 2 hen’s eggs and keeping track of where we are now! Some of you will wonder what it is about these animals that fascinate us so much but like a married couple who has no children and dote on their dogs or cats, we fall straight into that category! Maybe it will change soon but in the mean time we will put all our energies into looking forward to the hatching of the geese eggs 16 from Madam and 5 from Ruthie!
Barry decided to move there swimming tank on Monday with disastrous consequences, they investigated the new placement had one swim and turned their backs on it. We were forced to move it back to the original place and restore their confidence. Ruthie was so upset that she laid her egg that night in Madams nest. We knew it as Madam’s eggs are smaller and the shells are somewhat brownish in colour where Ruthie lays large white eggs and was therefore immediately noticed, we moved the straw from the dog box where she laid the first 3 eggs inside the donkey house. There are now 2 nests established, the ganders sleep outside the nest areas. The mannerisms of these animals are fascinating!
I was ever so privilege to receive via cyber space quite a few of the most regular letters from the family and friends and wonder if all who read these letters does not get a pang of guilt that we do not hear much from you! On the other hand I have the hope of hearing from you soon! No news is good news!
We were appalled at the news we read on the computer about the awful murders that took place .Barry was very upset about the 17yr old girl whose hands were also cut off! In fact every murder or crime we read about it very disturbing and upsetting. We try to avoid reading these terrible news items but it is a reality and we daily pray for your safety in SA especially those of you on the farms!
On the political forefront we were again highlighted for the 58,000 X-rays that were never reported on in the 4-5 years and the cover up, no is ever responsible or will take the blame, the bug is pushed from one to another! 30,000 now diminished to +3000 letters from Gp’s to consultants were never opened and attended to, all in the same hospital setup and on top of that the minister of Health is on some St Patrick’s visit to New Zealand! She could not be bothered!
The last ½ hr were ever so inspiring- Songs of Praise, from Northern Ireland with the 3 Singing Priests. What a blessing that has been!
On that high note I send my sincere greetings to our tante Poppie and pray that she is keeping as well as is possible on her way to be 102years old in July!!(This is the only surviving member of my mom’s family and one of 7 sisters)
May it rain where it is dry, may the sun shine where it is wet, may the crops be good and that the love between the young people flourish.
Be careful; watch those behind you and those you cannot trust!
Take care with security, locking the doors and we pray for all of your safety! Teach you dog not to take food if not given from one of the family!
Greetings from a struggling brown looking Ireland and
The Dunnes in Cranleymore!

Sunday, March 7, 2010

Groete van 'n ontwakende Ierland

Saterdag 6 Maart’10


Goeie dag allemaal,
Ons het die afgelope week stralende weer gehad! Een effe natterige dag maar meerendeels heerlike sonnige, wind vrye, lente dae! Ons het buite in die son gesit en tee drink selfs ons woordspel daar gespeel!

Nou ja hier het sake toe ‘n ander wending begin neem toe ons sien dat die tweetjies redelik bymekaar bly (dis nou die ganse)en toe voor ons, langs die water tenk besluit meneer toe om ons te wys waartoe hy in staat is . Nie ‘Big Boy en Madam nie, maar die ander twee!Barry skryf dit af as teken om sy dominante plek in die groep te wys en dit beteken niks nie , ek bly toe maar stil want wat weet ek nou per slotte van sake van Ganse af! Nietemin bly die tweetjies naby aanmekaar.
Gister, terwyl ons nog so tee drink daar buite in die son sien ons skielik 2 ganse in die water, Nou dit is heel raar want net Madam klim in en swem die ander is te vol fiemies. Doodsbang om hul skrik te maak of te hinder sluip ons sagkens nader en sien dat dit die ander gans ‘meneer’ (soos Barry gedink het,maar wat ek oor getwyfel het,) die 2de een in die water is. Net ‘n rukkie daarna, sien ons sy beweeg na die hondehok toe. Nou die hondehok wat ons ge-erf het toe ons hier ingetrek het was altyd die bergplek vir my honderde der donderde saad bakke en plant houertjies. Die het ons sowat 3 weke gelede skoon gemak en strooi in die hok geplaas net om te sien wat gaan gebeur. Hierdie verwarde gans het telke male daarin gegaan en rond geskoffel en weer uitgeklim MAAR...gister klim sy toe weer in en bly daar sit ..ons het sagkens weer weggesluip en 2 ure later na middag tee gaan stel ons toe ondersoek in en siedaar! ‘n eier!!!!!!
Nou weet ons dat ons 2 henne het defenetief 1 mannetjie en die ander ?’n mannetjie! Wow !!!!!!dit was omtrent ‘n opgewondenheid op die werf! Altesaam het ons nou 12 eiers!
Hulle bring ons steeds daaglikse plesier en nou sal ons dop hou vir ‘n eier in die hondehok elke 2de dag en aan hou tel in madam se nes!
Ons het toe Donderdag vir die dag Athlone toe gegaan en dit was heerlik! Die son het briljant geskyn en ons het myle geloop! Inkopies gedoen , werkslangbroeke vir my en mooi somersbroeke en ‘n donkerblou trui vir werk gekoop!My ander donkerblou trui dra ek nou die afgelope 10 jaar, 3 jaar in SA en nou die 7de jaar in Ierland!
Ons het besluit om seker te maak dat die lente regtig hier is voor ons begin tuin maak en wil hierdie jaar iets anders probeer wat bietjie werk gaan verg maar ons dink dit sal die huisie mooi laat lyk! Grond sal ingery moet word en beddings langs die hoof ingang sal in die lewe geroep word!Ons beplan om meerjarige plante daarin te plant instede van honderde potte en bakke orals!

Daar is geen wilde primroses hierdie jaar nie , lyk my dit kom net elke 2de jaar uit! Miskien het die vreeslik koue ook iets daarmee te doen. Dit was beskryf as die koudste winter sedert 1965 en die koudste Februarie sedert 1996.
Ons groente tuin sal hierdie jaar goed bemes wees want ons het ons eie kompos hoop begin en met die gans mis tussendeur behoort ons beter groei waar teneem! Of ons iets gaan plant bly nog ‘n effe van ‘n twis punt!
Arnolda, daardie kas is pragtig ,en baie hoog, ek het my ingedink dat dit dalk so ‘n Belgiese/Franse 3 dele kas met groot deure en spieёls is maar nou begryp ek waarom dit moeilik was om dit die trap op of af te dra! Wat was julle gelukkig dat die ander mans toe gehelp het! Vele hande maak ligte werk!
Verjaardae is min, as daar wel iemand verjaar wat ek nie van weet nie Veels Geluk! Op die 11de verjaar Nicola Jossling in Dublin , pragtige verjaardag vir jou en ‘n suksesvolle studie jaar!
Maandag aand meld ek aan vir diens en sal my lui lekker lewe seker op ‘n einde wees. Ons begin ook met die klasse in CPR en moet 120 onderrig, en sal beteken dat
ek ook dae sal werk tussen die nagte deur!
Wat briewe betref, julle weet dat selfs net ‘n ou lyntjie waardeer word,maar aan die wat gereeld skryf , baie dankie,!
Môre is Sondag en omdat Joy dit geniet om te speel en ek geniet om te sing sal sy nog 2 Sondae die orrel speel en dan sal ek weer oor neem! Sy is hoogs verwagtend en sal een van die dae moeilik voor die orrel sit! Ons eie kleinkind se verwagte datum kom nou vinnig nader! Geslag nog onbekend ! Ek het vir eers nou bietjie opgehou brei en sal dit los vir nagwerk en verslind die een boek na die ander!tot barry se groot konsternasie! Hy sê hy kom altyd 2de!
Gerhardus baie dankie vir die pragtige stel fotos van die familie,altyd pragtig om die kinders tesien groot word. Frik en Elmarie kan ook gerus weer ‘n paar fotos stuur!
Ons dae is nou lank Son skyn helder net na 7.30 vm en saans is dit nog lig teen 6.45nm. Ons het al lankal weer vergeet van die 6-8 ure dae wat ons byna vir 4 maande beleef het!
Op die politieke front,was dit redelik stil en ek kan niks rapporteer nie net groot ellende nadat ‘n verslag bekend gemaak is van ‘n 18jarige meisie, wat onder die beskerming van die gesondheidsdienste was sedert sy 8 mnde oud was,en dood is aan oordosis drugs! Alles het intussen met haar gebeur sy het 2 kinders gehad en is van vorsterhuis na herberge gestuur,maar Dit het byna 8 jaar geneem voor die verslag bekend gemaak is en nou is alles in rep en roer! Die een beskuldig daardie een en so gaan dit aan O Ja en toe kuier OOm Zuma toe in Engeland! Hulle moes seker Mevrou Zuma gedril het om korrek optetree in die koninklike gebied! Ons harte is baie seer oor al die moorde waarvan ons lees!
Dit bring my by my wense vir almal dat julle tog asseblief versigtig moet wees, moenie laks raak met veiligheid nie, veral op die plase! Mag dit goed gaan met al die oeste! Mag dit reen waar dit nog droog is! Die jonges wat studeer ,doen dit goed, die klaar geleerdes wat nou werk, geniet die ondervinding en dit sou so lekker gewees het as ons dalk ‘n verslaggie van die 3 nuwe jong dokters kan kry. Australie, SA en Engeland!
Dit dan my weergawe van hoe sake die afgelope week verloop het in Cranleymore! tussen die voёl gesang en ,nessies wat gebou word sien ons uit na ‘n mooi en verruklike lente!
Liefde groete
Die Dunnes
To all far and wide ,
I left something out in my letter and because I thought it somewhat special I will write it in English!
During the week a grand old lady who has turned 95 received full medical clearance and passed her anual driviers licence with flying colours!
I thought that needs a mention!
Something to strive for!
keep well!
Christina