Saturday, November 3, 2012
Cold sunny greetings
Saturday 3 November’12
Good day to all, family and friends,
Just in from our Saturday trip into the village for the necessary provisions for the weekend. The temperature reads 6° but the wind factor brings it right down to 3°. Except for the days that it have been raining we had frost every morning- beautiful bright sunshine mornings but by 2 in the afternoon it is steadily growing darker with dark ominous clouds hanging low- at times too heavy and then it pours, a moment later the bright sunshine finds a pathway thought the darkness to brighten up the heavens –not lasting long though, and then we are back to the same regime.
Officially winter only arrives on the 1st of December but in our world it has already arrived. Tuesday-night we had good rains 20mm. I empty the rain meter every Thursday as that was day it was installed and the top layer was still frozen at 12midday.
We are watching a lovely program on BBC Autumn Watch- those who are far away may be able to access it via the web – the photography is magnificent.. They also discuss ECO dilemmas and disasters like the Ash tree with the fungi that is killing the trees-.
The bird life in our garden has been battered by a few deaths in the last few weeks – we were worried that it was the cat, we have never seen him go after any birds but you never know we do not watch him all day long as well as some death occurred while he was on his 3 day trip away from here but we have a visiting hawk and the Magpies are vicious by nature. The latest bird we found in the strip of garden in front –looked like it was dropped from on high.
Very sad but on the other side we also saw the pheasant yesterday wandering up and down on the other side of the fence- too beautiful- so in spite of us giving left-overs to the foxes there are still other wild life about.
The garden is now just spot-spot green where the evergreens are still alive the rest has turned into dry stalks and other to jelly.
The most wonderful sight is at church where the leaves have almost all fallen and we drive into the gate over a carpet of the lovely coloured leaves. The autumn colours are brilliant and the wonder of nature just too majestic for words.
Tomorrow is as always the best day of my week and tomorrow the very best for a long while as our own minister is back in service and we cannot wait to hear him preach again.
I am behind the organ and the Hymns well known by now played through on my keyboard. We will also have our monthly tea at church and for that we enriched the purchases with lovely goodies. I am not good at baking and the homemade cakes are much better than what I can dream of making.
On the political and financial front, it was a very sad week.
Sean Quinn, a self-made millionaire –who started off as a young man with a loan of £100, 40 odds years ago, has been jailed yesterday for non compliance with court orders to divulge where he stowed the billions he got from the bank during the Celtic tiger- just after he got the money the disaster hit the finance world and the banks collapse but he got away with the money
Investing it in oversees businesses- India and Russia. The people that offered him the money and enticed him- walks the streets scot-free and without a care. Men that have molested young girls and rapists are posted bail and they go free but where it comes to money the justice system has a total different rules setting.
It is true that he did wrong –he admitted it himself but the receiver or liquidator would not give him a change to retrieve the money or listen to any reason and now he, as 66yr old, with heart problems, slept behind bars and will be there for another 12 weeks.
In the mean time the fiasco of our bank debt will not go away and the Taoiseach and Angela Merkel had another chat which the outcome of –is never fully divulge to the people.
Even sadder is the fact that cyber bullying has caused the death of 2 teenagers within 6 weeks from each other, one of 15 and the other would have turned 14 this week. Not having young children in the house any more I am not sure how this works but please if there is any-one out there with young people that have access to computers and smart phones –be aware. It happens before your eyes!
We want to congratulate every-one with their Birthdays and I have only one name on my list and that is of the young father in Melbourne, Sam Kruger! Have a wonderful day and a very good year!
Every-one studying and writing exams- -we wish you just the very best!
We also remember Sandra’s Mom who is not well and most of all Nine, Stefan and baby Christiaan. Also the near family that is so involved with this baby’s illness and fight to survive.
Joy who is most probably already in SA – hope you had a safe journey and enjoy every minute of this trip.
I have another week off and have eventually unwound.
My concern for all of you regarding safety at home and on the roads or where-ever you may find yourselves is that you will stay alert.
Thank you to all those who answers my letters so diligently- even those who by accident remember to write. We are really waiting on an update on young Evie! Just now she is walking and we did not even know about it! So many of the children grow up –big news when they are born and then it withers down to a note here and there or maybe some news from some-one somewhere.
I greet you from Cranleymore where the wind makes the sun feel cold!
Barry and Christina
Saturday, October 27, 2012
Skielike winter groete
Saterdag 27 Oktober’12
Goeie Dag allemaal, familie en vriende, 2 briewe is een week is ongehoort!
Maar ek mag dalk nie Dinsdag hier wees om te skryf nie.
Ongenadiglik hard, is ons vanoggend die diep kant ingestamp, ‘n mens hoop altyd tog dat dit so lank as moontlik sal weg bly maar ‘n hele 10 dae vroeër as verlede jaar, het die temperatuur tot -2° geval en die wêreld was wit. Die son het uiteindelik sy kop oor die horison gestoot en stadig maar seker het die groen gras weer sy verskyning gemaak. Dit is soos die korsie van ‘n varsgebakte brood- krakende koud maar mooi en die wonderlikste van alles is dat dit droog is!
Gister was ook ‘n mooi dag maar die noorde wind het met mening gewaai en ons het na middagete besluit om ons moue op te rol en gou vir ou laas die gras te sny- Barry het vroeër in die jaar onkruiddoder, mos doder en bemesting stof op die gras gestrooi met die rollerwaentjie. Hy het net geloop waar die mos die ergste was maar dis nou presies daar waar die gras met mening groei –groener is van kleur en maklik die plek in ‘n oerwoud kan laat verander.
Dus, goed gepamper teen die koue, handskoene aan, durf ons toe die spesifieke area aan en nou lyk dit goed en sal hou tot die eerste sny volgende jaar. Ons het ook vir ou laas buite in die pad gesny –dit maak tog ‘n verskil en mense wat ek ken merk altyd op as die gras gesny is en sê hoe goed dit lyk! Die pad is ontsettend besig en jy moet jou draai ken- altyd wag en seker maak daar is niks aan die kom nie- en met Barry se geel gestreepte hoogs sienende oorjak het hy korte miete van die lang gras buite gemaak, verskeie kere moes hy die masjien omkantel om die dik nog natterig gras uitgegrawe en siedaar, ‘n netjiese aansig! Die tuin is besig om sy laaste kleure te vertoon- die Lupins lyk nog pragtig en die kappertjies is aan die afneem! Die rose is klaar geblom alhoewel ek nog ‘n pragtige verdwaalde roos in die verste punt van die ondervled gekry het- hy staan nou in ‘n vaas op die vensterbank van die kombuis.
Daar is altyd die lief-haat verhouding in die winter aan die gang- koud en droog met ‘n flou ou sonnetjie of warmer ,bewolkd en soms reën. Die nattigheid staan my nie aan nie en maak al my skarniere seer-dus vandag is so in my kraal!
Ons sal van Maandag af vuur begin maak- die skoorsteen is skoongemaak die nuwe tou aan die binnekant van die stoof deur is geplak en sit goed stewig ,ek het selfs die stoof gepolitoer – dit wil gedoen word!
Sedert my vorige skrywe het niks noemenswaardig gebeur nie! Finbarr en familie trek volgende naweek in hul groot huis in, net om die draai van waar hulle nou woon en almal sien daarna uit. Die plek is ongemeubileerd en hulle soek nou naarstiglik na goeie meubels- iets wat vir ‘n leeftyd sal hou!
Hy het van iewers vandaan 5 jong manne wat gaan help –ek hoop dit gaan voorspoedig – die grootste en meeste is meneer Lukas se speel kamer-waar hy vir lang rukke in kan wegraak, verdiep in iets. Hy kan die Ipad met groot vertroue hanteer en ek weet nie eers hoe die ding lyk nie- sien dit net op advertensies op TV. Finbarr se besigheid wat “Socialworkz” insluit was blykbaar in die SA Parlement genoem vir hul uitstaande werk op die web vir die SAfrikaanse Ambasade hier in Ierland. Weet nou nie van hoeveel waarde dit is nie maar darem! Die moontlikheid bestaan dat hy dan vir al die Ambasades van SA wêreldwyd hul webblaaie sal ontwikkel!
As die weer hou hoop ons om volgende week ‘n toggie na die weskus van Ierland te onderneem – maar dit is nog net praat! Dit help ook nie om na ‘n plek te gaan en in die hotel te sit omdat die weer te guur is nie!
Môre , D V speel ek die orgel en ons sien almal uit na die volgende Sondag wanneer ons eie predikant weer vir ons die Woord van God sal bring! Skielik het hierdie komper nou ‘n ander formaat begin gebruik wonder wat het ek nou weer raakgeslaan met die vingers.
Ons dier besoekers wat hoofsaaklik uit voeltjies,baie soorte,tortel duifies,Blackie die kat en ander bestaan-verskaf ons oneindig baie vreugde en plesier.
Baie dankie aan almal wat so gereeld my briewe be-antwoord –ek waardeer dit oneindig. Joy in Brisbane vertrek eersdaags na SA vir troues en verjaardae en ek hoop haar reis is veilig en dat sy haar tyd met die familie baie sal geniet!
Dit is altyd so lekker om Gerlof se brief te lees want dit blyk altyd goed te gaan met hulle! Wonder of die kinders al werk gekry het!? Ons dink baie spesiaal aan Sandra se Ma wat baie siek is en hoop dat Sandra die tydjie in SA tot groot waarde sal vind! Isabel jou briefies is altyd baie welkom en so die van Nine!(Snr) Daar is ander mense wat ons gereeld in ons gebede onthou –hulle is Nanette en Brandon, Nine, Stefan en baba Christiaan. Almal wat nie gesond is nie en die wat wag vir operasies ens.
Al die ander wat eksamens skryf- alles van die beste vir julle!
Verjaardae: Geniet die dag - almal wat wel gedurende die week verjaar- ek het geen naam in my boekie nie! Wanneer is Mader se verjaardag?
Pauli of Gerlof laat my asb weet!
Met die temperatuur tussen 7 en 8 ° en die skaam sonnetjie wat elke nou en dan agter die wolke verdwyn groet ons dan vanuit Cranleymore!
Wees tog altyd versigtig- tuis, op pad en waar julle jul ook bevind!
Barry en Christina
.
Tuesday, October 23, 2012
Late Autumn regards
Tuesday 23 October’12
Good day to all, family and friends,
I am on holiday and feel as if I can move the world –just out of pure gladness! It was a long and heavy stretch with enormous responsibilities.
To make a good start we decided to go to NOBBER a village somewhere north-east of Cranleymore but to get there, we took the Castlepollard road which is not a main road but will get you there in the end- I still have not got my orientation to South North East and West correct here in the Northern hemisphere and all the way it felt to me as if I am driving south west but according to the map we were going North east – how-? I still cannot figure out!
I came of duty yesterday morning, were home at 9.15am had a cup of tea and although we spoke about going to Nobber over the weekend no final arrangements were made! Barry not a keen leaver of the house and always reluctant to go anywhere, were quite happy when I suggested that if we go I think we will sleep over in Kells the nearest big town to Nobber. I went from the breakfast table to the computer to do the booking- and went to bed!
Barry woke me at 2.15pm and after a very light lunch we left at 3.15pm. The reason for us going to Nobber is because some time ago, we chose this auction company to sell our goods which was picked up - antique furniture, briq-a-braq, we collected over the last few years- to be sold by public auction of which one already took place but because I was working we could not attend- we thought it a good idea to make the effort and see how things go.
From Edgeworthstown we went via several small towns to Delvin and on N52 to Kells we were there in an hour and ½ -drove 2 times through town before we found the hotel but eventually arrived and were pleasantly surprised! We booked in and left immediately for Nobber which is still another few kilometres further north. The auction premises were very big and well situated in the main road. Just a village with wide streets. After viewing we were satisfied that we identified our goods and waited in the car for the start.
Where we parked was a real proper “Fish and Chips” shop- we never do things like this but we got fresh cod and lovely crisp freshly made chips, salt and vinegar for our evening meal! We truly licked our fingers and lips afterwards-it was far too much and the cat and the other animals that visit us, are enjoying the rest at this very moment.
All went well and when our last items were sold we left. It was now raining and very dark, we drove this time straight to the hotel, and confronted with the newest technology where your key even activates the lift, we entered a lovely room with everything we could wish for. We were both tired and the hotel heating system was excellent - we only covered ourselves with a sheet and slept peacefully through a very quiet night. Breakfast was good and off we went-as always, we never take the same road back and this time- as it was bright daylight we went back on a real country road-beautiful via Crossakeel, King Cross roads, here in front of us was hen pheasant walking leisurely in the middle of the road then Killallen, back to Delvin. From Delvin to Collinstown-CastlePollard, Coole, Lismacaffry Lisryan and home! The trees were all in their autumn colours and it was a real pleasure and treat.
We were back for 11am in our own home, ever so much a pleasant experience!
Our next trip will be to Westport watching the weather so that we can utilise the best of the late autumn weather.
During lunch we noticed the first visitor from the Arctic a lovely bird called thrush. They visit regularly during our winter. Our other bird live is well and alive, doves, gold finches, green finches and the rest.
The other visitors are continually a great experience. Blackie the cat allowed me to take a picture of him.
I worked the last weekend and that meant that I missed Sunday’s church but we will be there for the next 3 Sundays for sure. Our own minister has been declared well enough to commence services ,God willing, again on the 4th Nov and we are so thankful for his recovery.
The evenings are coming in fast and next Sunday night the clocks go back an hour and we will then be 2 hours behind SA. To me, a ridiculous arrangement.
Barry was contacted by our rough Mr Penrose and he agreed to sell good turf to us at Barry’s price. Now we are well prepared for the winter. They are a family concern all inter married- living on a piece of ground given to them by a Good Samaritan with a bog as part of the land!
There are still areas which are allowed to cut turf as per EU regulations as Adelbert correctly stated –we do not want end up like Holland –hollow – but not only that- they are worried about the fauna and flora more than allowing us to fall into a hole.
The flowers are still going strong and I picked still about 50 sweat-peas on Saturday morning. Bringing the most pleasant smell into the house!
On the political front we experience every now and then anxious moment with IMF, Troika and Angela Merkel make statements that does not correlate with what our politicians tell us.. The Prime Minister thinks that by pecking her on the cheek when- ever he sees her that it will some- how spare us more monitory problems and the billions we owe, payback period will be extended.
They lie so much that they forget what they told us 3 months ago and their tune change with every daybreak.
We had a very sad time over the last few days when 2 children 3 yrs and 12 weeks old was killed when a car drove into a father walking with his children on a road where there is a hard shoulder. The sorrow of the incident has gripped us all. Another murder of a vet in Wales also touched the Irish as she is from Ireland and has only been living in Wales for the last 2 years. Another idiot and murderer that will not tell them where the body is.
I heard from Isabel that Georg is writing exams –we hope that it is going well.
To any other young people writing exams, our best wishes- to Sandra’s Mom we hold her in our prayers. Nine, Stefan and baby Christiaan are very specially brought in prayer to the Lord for strength and faith.
We also think of Nanette and Brandon –we hope that the treatment for Brandon will be blessed!
Birthdays: I have only Monique du Toit having her birthday on the 31st Happy Birthday to you!
How about and update on little Evie?
I have come to the end of my ramblings and would just remind you of being careful, alert and safe in all your doings!
Regards from us in Cranleymore where autumn is showing its most glorious splendour in colours.
Barry and Christina
Saturday, October 13, 2012
Laat herfs groete in Cranleymore
10 Oktober 2012
Goeie dag almal familie en vriende!
Tyd het my ingehaal en toe verby gegaan en iewers het ek drasties seer van die bus afgeval in ‘n poging om weer die bus te haal!
Ek sal nou maar stuk stuk skryf-eerstens vandag se gebeurtenis!
Ons hou daarvan om by LIDL ons maandelikse inkopies te doen –dit is soos die Trade Centre en dis maklik en gou –geen beslommernis. Die kasiere word egter geleer om teen fir hooste spoed die items deur die scanner te kry en die gevolg is dat geen mens teen daardie spoed kan pak nie en ons het al verskeie kere gevra dat die kassier nie so vinnig moet scan nie maar elke keer is daar ‘n nuwe gesig en geen kontinuteit nie!
Vandag was ‘n verkeerde dag Ons daag by die kassier op en niemand voor ons nie maar soos ons uitpak en sy geduldig wag kom daar verskeie mense met net ‘n paar goedjies in hul hande en ons laat hulle dan deur gaan. Toe ons uiteindelik dan aan die beurt kom probeer die juffie toe tyd inhaal en sy gaan absoluut teen 200km per minuut en in die proses val 2 items van die konweier belt af en Barry roep halt en nou is die Ier kwaad en hy sê vir haar sy het nie nodig om die goed so vinnig deur te jaag nie- dit gaan beter vir ‘n minuut en toe vlieg sy weer en ons moet net byhou en toe gebeur die ding waarvoor ek so bang was- in jou haas pak jy nie ordentlik nie en die boontste artikels balanseer omtrent op die rand van die sak wat toe ‘n bottle beet is!
En terwyl ons alweer besig is om die volgende sak voltegooi rol daardie bottel beet uit die sak flenters op die vloer en toe is die Ier nie net kwaad nie maar eet die juffie byna lewendig op= hy beskuldig haar dat sy ons soos beeste deur ‘n drukgang druk en nie ‘n tiekie omgee nie. Daar staan ek toe tussen die stukke glas en rooi beet orals! Die mense in die ry agter ons effe verbouereerd kyk met angs toe- ek maak die fout om te se –dat dit wel ons fout was en vra om verskoning vir die gemors en toe is die gort gaar –nou is dit nie net die juffie wat deurloop nie maar ek ook! En daar in die winkel word Mamma toe tereg gewys! Ek voel toe ellendig en die juffie wil nog ‘n ander bottel loop haal maar ek dag Barry val haar aan! In doodse stilte het sy die res teen helfte van die spoed deur die masjien gesit niemand sê ‘n woord nie selfs die winkel het stil geword-ek betaal en ons loop uit!
Om die storie kort te sny – is dit voorlopig ons laaste besoek aan LIDL! Ek sal ‘n epos aan die klagte blad stuur maar weet dat daar niks van sal kom nie! Hulle word blykbaar geleer om teen onmoontlike spoed die goed te scan en jy as klient moet maar les op se!
Ek gaan nou bed toe want ek werk vanaand!
Skryf weer later! Heelwat later
Saterdag 13 de!
Ons beleef ‘n pragtige laat herfs dag met hier en daar ‘n wolk ,blou lug en ‘n afgewaterde sonnetjie maar dis sonskyn en dit maak ‘n hemelse verskil aan jou uitkyk op die lewe!
Die wêreld was wit van die ryp vanmôre en nou is die temperatuur al 11°, ‘n geniepsige windjie het opgetsteek en dit maak die buite wees ongesellig!
In die afgelope 16 dae het ons 54mm reën gehad ‘n hele paar oggende was dit net so bo vries punt en ek moes gewapend met ‘n bottel water die uittog aanneem na ‘n spier wit toegeysde kar!
Nou nie dat julle die ou tannie se brief gemis het nie vra ek tog om verskoning dat daar byna 3 weke verby is sonder my geklets. Ek het baie slegte afdiens tye beleef en snags baie hard gewerk- daar was nie genoeg ure in die nag vir alles wat gedoen moes word nie!
Intussen het ek uitgevind dat in sommige LIDL winkels jy nie eers mag pak by die toonbank nie alles word in die waentjie gegooi en dit is jou verantwoordelikheid om dit dan later te pak soos jy wil en op jou tyd maar nie in die winkel se tyd nie! Gelukkig staan Barry nog vas by sy besluit dat hy nie weer daar sal ingaan nie!
My tuin lyk nog so goed- die dalias wat effe gevrek het met die huislose slakke en wat toe intussen ‘n bier dood gesterf het-het weer van vooraf begin blom en lyk te pragtig! Die kappertjies met alle kleure staan die muur vol en groei nog steeds! Die rose is nou byna klaar en het ons groot vreugde gegee gedurende die lente en sogenaamde somer!
Alles is uit die groentetuin en die akker is goed omgespit en met nuwe kompos ingewerk hoop ons dat dit weer goed sal gaan volgende jaar!
Monty wat ons tuin deskundige op TV is gee seisoen raat en ons volg maar wat hy aanbeveel en so vér verloop alles volgens plan.
Gisteraand het ons iets pragtigs beleef. Die kat kom kos vra en soos altyd word daar gespring as meneer Blackie net een miau gee. Barry gooi toe sommer alles wat in die yskas was vir die jakkalsies –gebêre vir hulle, ook uit. Hy maak die deur agter hom toe en die jakkalsies moes seker in die heining gewag het want toe ons deur die venster kyk staan Blackie se rughare pennetjie orent en ons kan hom hoor hies of knor- die jakkalsies het hom so bekyk en lig,lig op die voet nader gesluip en ‘n stuk brood elkeeen gekryp en geharloop vir ‘n vale. 2 minute later is hulle weer terug, hierdie keer kyk die kat nie eers op nie en die jakkalsies kom tot by die muur om kieskeurig optetel wat vir hulle die lekkerste is. So het ons toe vir Blackie op die muurtjie wat rustig aangaan om te –eet beseffende dat die gediertes hom nie kwaad gaan aandoen nie en die 2 jakkalsies wat skarrel om al die kos wegtedra so vinnig as wat hulle kan!
Die land was in ‘n greep van plaas ongelukke die agfelope maand sowat 4 weke gelede het die boer se hond in die slurrie tenk geval en die een seun wou hom red en hulle raak toe albei in verknorsing en die pa probeer die seun red en die ouer broer probeer sy pa en boetie red en almal is dood-die gasse is so hoog in die tenks dat dit jou oorval voor jy weet en eergisteraand val ‘n boer van 72jr ook in sy slurrie tenk verdrink!. Ek weet nie wat die Veiligheids regulasies omtrent die tenks is nie maar mens sou dink dat teen hierdie tyd daar of ‘n net of bedrading rondom die tenk behoort tewees- maar- dit is Ierland en elkeen maak nes hy wil!
Self-moorde is oneindig sielig en die ellende van die ‘Celtic Tiger’ het al soveel lewens ge-eis !
Die ding dat die bankiers en hul gewetenlose gedrag soveel mense in ellende gedompel het blyk van minder waarde te wees as die groot salarisse wat almal in afgetrede posisies in die land betaal word!
Van die skelms word darem nou stadig maar seker nadergesleep maar dit duur ‘n ewigheid! Maatskappye wat deur 2 wêreld oorloë en ander derglike ekonomiese ellendes tog bly funksioneer het, is nou deur die ‘Receiver’ oorgeneem. ‘n Baie bekende vleis fabriek’OHLMS’ wat dateer uit 1896 het sy deure Maandag toegemaak –soveel mense sonder werk alreeds en elke dag kom daar meer by, mens wonder waar dit gaan eindig. Ons dank die Vader dat ek nog ‘n werk het en elke dag as ek so murmereer dan onthou ek die wat sonder werk sit.
Barry het die koop van truf effe laat gelos in die hoop om ‘n beter prys te kry en toe hy begin soek was dit maar meoilik want hulle vra nou groot bedrae vir ‘n vrag turf.Die turf lande mag nou volgens Europese Parliament nie meer bemark en gesny word nie want dit na duisende jare se sny sal nou skielik die ewewig in die Fauna en Flora be-nadeel Hy bel maar elke week as die koerant uitkom en een man vra hom ‘Where are you from?’ Barry antwoord South Africa en toe sit die man die foon in sy oor neer!
Bietjie geskud en met ‘n groot vraagteken wonder ons toe of hy gedink het ons is swart en wou nie met ons besigheid doen nie.
Die een wat toe wel die besigheid kry is toe ‘n jong man en hy bring toe ‘n vrag turf. Laat die bak kantel en gooi al die truf net daar op ‘n hoop meeste van die stukke het gebreek en die res was stof.
Die geld in Barry se hand was warm van woede- hy het hom duidelik laat verstaan dat sy geld goed is maar die turf absolute gemors.
1/3de darvan was net stof nog ‘n 3de in klein stukkies en die res darem iets wat soos turf lyk!
Ons besef toe dat ons nie genoeg sal hê vir die winter nie en om sake sommer net makliker te maak het ons toe 2 olie verwarmers gaan koop om veral as ek nie hier is nie, aanteskakel vir Barry tot hy bed toe gaan! Omdat hy te siek was en dit aanhoudend gereen het, kon hy nie die skoorsteen skoon maak voor ons begin vuur maak nie en die rede is dat jy maklik ‘n vuur in die skoorsteen kan kry met ou roet veral na die somer. Gister toe lui die foon en sy ‘OU Vrind’ Mnr Penrose wat vroeër in die jaar te duur was gee toe vir Barry ‘n goeie prys en hy en sy seuns sal dit volgende week aflewer en wat baie help is dat hulle dit dan sommer vir Barry ook in die skuur pak terwyl hy die vorige vrag self moes in haal.
Baie werk en nie aanbevelenswaardig as jy net ‘n erge longinfekise gehad het nie!. So leer ‘n mens nog steeds al het jy baie jare van ‘mens’ ondervinding agter jou rug.
By die werk gaan dit woes – ons doen nou heup vervangings en sit nuwe kniee in dat dit gons!
Dit verg ook baie goeie verpleging en op jou stukke wees- die jonges luister nie na die ou verpleegster nie en telkens word daar ‘n nood kreet die gang afgehoor om te kom help –as hulle van die begin af geluister het dan sal daar nie nood reaksies nodig wees nie!.so het ons toe die laaste nag wat ek werk 2 knie vervangings en 1 heup vervanging wat kritieke verpleging en ervaring vra – maar ons ploeter maar aan en hoop vir die beste! Tussen deur ‘n paar benoude oomblikke het ons darem die 3 pasiente in goeie orde aan die dagstaf oorgegee!plus die res!
Ek is nou effe moeg en verlang na my vakansie wat volgende Maandag 22Okt begin! Die gekanselleerde week van Augustus is daarby ingesluit- ‘n salige 3 weke van geen hospitaal stress is voor my!
Barry sny die gras want wie weet of daar weer ‘n kans gaan wees –ek hoor die grassnyer baie besig –sal seker die laaste sny wees vir die jaar! Die dae is kort en die nagte lank en koud! Alhoewel alles groen bly kom die groei darem in ‘n mate tot stilstand!
Ons predikant moes die week ‘n beroeps evalueering ondergaan – ek het nog verslag gekry nie en ons wonder hoe dit gegaan het. Ons het nog ‘n besoekende prediker more want ek het nou net ‘n versoek kry van ‘n Psalm wat hy graag wil gesing hê voor hy die preek begin.
Daar is soveel verjaardae verby waar ek nie geluk wensinge gestuur het nie maar weet dat julle in my gebede aan die Here vir die volgende jaar opgedra is.
Aangeteken in my boekie is Evie Kruger 27 Sept’12, ek versoek die geboorte datum van ons ,soos Thabo hom noem, Leeutjie Christiaan- iewers het ek dit gemis! Hierdie wonderwerkie word daagliks 2 of meermale aan die sorg van ons Liewe Vader opgedra.
Ander verjaardae: Hildegard van Br Mendel die 12de asook Mieanka dogter van Karin .
Jaco (op die plaas)die 14de( môre) Rina Herbst in Natal 16e, Paul van Zambie 18e,en ook Marthie die 20ste.Veels geluk aan julle almal ‘n Goeie jaar word jul toegewens met ryke seëninge!
Ons dink baie spesiaal aan die wat siek is en wat moeilike tye deur gaan- julle is altyd in my gebede.
Nanette en Brandon haar seun, Nine en Stefan met baba Christiaan!
Fluit fluit my storie is uit.
Tot volgende keer!
Groete vanuit Cranleymore waar die blare verkleur en val
Liefde en wees tog maar altyd versigtig!
Barry & Christina
Sunday, September 23, 2012
Groete vanuit 'n herfsaand in Cranleymore
Saterdag 22 September 12
Goeie dag aan allemaal, familie en vriende!
Ons is sopas terug van ons besoek aan Dublin! Pragtige dag wat met 4° wat tot 13 gestyg het soos die dag gevorder het. Daar was pragtige sonskyn en GEEN WIND NIE! Tenspyte van die lae temperatuur was dit nie koud nie want dit is meestal die wind wat ons laat bibber.
In die laaste 4 weke het ons 48mm reen gehad wat baie gunstig was, geen droogte nie en net bietjie meer son as reen!
Ons het ons belofte nagekom en al ons moed bymekaar geskraap en net na 11.30vanoggend die pad Dublin toe gevat. Ek probeer die pad memoriseer sodat ek nie op die kaart hoef te kyk nie –ons het nie ‘n Santjie’ wat die pad aangee nie-ons is nog ouderwets en het baie kaart boeke in die kar. Verstaan nie hoekom ek nie die ryery en strate in die plek onder die knie kan kry nie.
Die kinders woon lekker maar nou het die huis te klein geword en en hulle trek een of ander tyd na ‘n 4 slaapkamer huis met groter gronde en met meer ruimte, gelukkig is die huis presies 100 meter verder in dieselfde paadjie en dit sal darem nie te erg wees nie- dit is nou die getrekkery.
Ons was bederf met ‘n smaaklike middagmaal en heerlike koek as nagereg. Die idee was om 3 verjaardae in een te vier. Myne Finbarr en Barry en dit het goed gewerk, Lukas het die kersies op die koek dood geblaas en ‘Happy birthday ‘ gesing!
Hy praat vol sinne met ‘n Dublin aksent en jy moet mooi luister om by te hou! Finbarr werk baie hard maar dit blyk asof dit vir die eerste keer werklik goed gaan, Amanda was genader om uittehelp by ‘n maatskappy as persoonlike assistent vir die baas oorspronklik net vir 2 mnde maar nou het hulle gevra of sy langer kan werk-sy het ‘n wonderlike vermoë om orde in chaos te skep en dan hou sy hulle met ‘n ysterhand in beheer!.
Lukas is terug by sy dag moeder van vroeër en haar dogters wat ‘n Montosori sentrum oopgemaak het is ook daar gevestig. Lukas mag nog nie deel van die skool wees nie maar hy wandel in en uit soos dit hom behaag en smiddae mag hy die klok lui vir middagete dan roep hy luidkeels: Children Lunchtime!
Sy hare is pragtig gesny en hy lyk te oulik!
Ek het lanklaas geskryf want ek het sewe nagte gewerk met een nag tussenin af, en dit was 7 nagte van enorme stres. Elke nag was ‘n uitdaging wat nie net jou kennis beproef nie maar ook jou uithou vermoeë tot die uiterste. Verlede Sondag was ‘n lang dag en kort dag –Joy wat die orrel sou speel moes skielik werk en ek moes inspring. Dit beteken dat ek soos blits verslag oorgee –ry net onder die spoedgrens huis toe-gelukkig is daar min verkeer op ‘n Sondag oggend .tuis verklee ek gou, so effe en dan is ek weer met Barry terug in die kar op pad kerk toe. Na kerk terug huistoe en direk bed toe , slaap ‘n ½ uur langer en teen 7uur is ek weer op pad werk toe.
Hier gaan dit goed met almal, kat, jakkalsies voeltjies en die tortelduifies. Die krimpvarkie het seker gaan rus vir die winter want ons sien geen spoor van hom nie. Gisteraand sit die een jakkalsie toe so ewe en wag vir sy kos te kostelik en te pragtig! Ons dink daar is 4 van hulle ouers en 2 kinders.
Die tuin hou nog wonderbaarlik goed. Die pronkertjies bly steeds blom en die kappertjies lyk wonderlik! Barry het die bolle geplant vir die lente kleure dos- tulpe en affodille!
Ons druiwe trossies kon nie regtig ryp word nie want die son was effe afwesig ,en die 2 tamatie plante met 100de tamaties aan moet nou maar in die kombuis ryp word! Dit word te koud snags en gou geneog sal daar ryp wees.
Die gras groei nog steeds en ons sal seker nog so 3-4x moet sny –noudat die dae korter is en nie meer so baie son nie groei dit nie meer so vreeslik vinnig nie. Op die politieke front is daar onmin tussen ministers wat saam moet werk in dieselfde ministeries van verskille lede van die koalisie en elke nou en dan is daar ‘n ontploffing .die Min vir Gsondheid het die ‘vote of confidence’ gewen en nou ploeter hy maar aan,mens hoop byna hy beland in dryfsand en verdwyn stil-stil. Die 1ste Min het vandag die Pous ontmoet en sy hand geskud.....almal wonder wat gesé was want Ende Kenny het vroeër in die jaar kwaai uitspraak gelewer teenoor die lakse gedrag van die Pontif en sy klomp teenoor die kinder misbruik wat deur die priesters wéreld wyd plaasgevind het.
Die hele wéreld is op die punt van oorlog, die ellendes in die middel-ooste is bekommerenswaardig, waar gaan dit eindig?
Al die briefies wat inkom is so welkom en ek lees baie lekker aan al die verhale en dinge. Wat het van Arnolda geword of moet ek nie vra nie- ek vertel aan Barry al die stories en hy vra gereeld wat hoor ek van Kanada en dan moet ek sé dis net my vriendin wat ook daar woon wat gereeld laat weet wat aangaan, maar van die familie hoor ek niks.
Môre is ‘n groot en belangrike dag in die kalender van die kerk. Dit is die oes dank diens en weereens hanteer ek al die orrel werk en moes hierdie keer ook al die Psalme en gesange kies.
Die fees daarna is gewoonlik van die beste en ons hoop so dat ons eie predikant as gas daar sal wees ons mis hom geweldig!
Verjaardae: Adelbert het die 20 ste verjaar en ons hoop dat dit ‘n goeie dag vir hom was. Ons onthou my broer Paul vandag, dit sou sy verjaardag gewees het. Op 24ste verjaar jonge Cobus van Marle en dan die 26ste Cilna in Memel en natuurlik Barry. Veels geluk aan julle almal!
Dit word nou gou donker en Barry het die kos vir die jakkalsies sopas uitgegooi.
Ek het ook aan die einde van my skryf gekom en sé maar soos gewoonlik, wees tog asb vesigtig, buite, binne en op die pad , ons dink veral aan die wat op plase woon!
Die winter kom nou vinnig nader en ek groet vanuit ‘n regte herfs dag en aand in Cranleymore!
Barry en Christina
Saturday, September 8, 2012
Greetings from a lovely autumn day in Craleymore
Saturday 8 Sept’12
Good day to all, family and friends!
They say here in Ireland that our good weather comes the day that the children go back to school and never a truer word was spoken. We have had 5mm of rain in 2 weeks and most days was wonderfully sunny, little breeze and dry days- the odd day in between may have been cloudy with a drizzle here and there but the farmers are jumping for joy and are working through the nights to get the crops in. We had to water the garden- that has not happened since May! The evenings are shorter and the mornings darker but we are smiling, the spirits are high and tomorrow are another day!
I enjoyed every minute of my leave and we travelled quite a few kilometres in the week past. Our last trip was to Enniskillen searching for Polident Ultra fixation dental powder. This is an essential part of some people with false teeth and the Distributors seems to be Smyth Cline Beecham but the product comes from Spain and there in none available in Ireland and we were advised to go North in search of the powder. Alas there was none there either and after walking the main street up and down 3x uphill and downhill ± 3km and eventually we bought beef sausages which rather should have stayed in the butcher shop. What is in it looked good while uncooked but after a cooking session the contents changed to rubber and something else. The next day I gave the house an autumn cleaning while Barry cut the grass.
The week flew with me working 3 nights and after the 2nd night my knee and referred pain into my hip caused me to take a pain killer, being a disaster when it comes to medication I could not find any Paracetamol and took a Solpadol 500mg (paracetamol and 30mg Codeine Phos) ,went to bed, only to be woken 1hr later with the most severe stomach pains nausea and vomiting and swelling of my face and broncho spasm all at the same time- I really thought that it was the end-I felt so awful- after a few session to the bathroom and the wonderful care given by Barry the cramps and pain eventfully subsided and I fell asleep at 2pm .
When I was woken at 5pm I looked very funny my eyes were still half closed swelling still present and my chest still tight, but I had to go to work there was no way out- thankfully I survived and am still around to tell the story. Now I have to add another drug to the list of allergies already 2 pages full.
We are now performing hip and knee replacements as easy as a tonsillectomy. The new method being used is wonderful and patients get up and walk the same afternoon. I just have to get my courage together and have my knee done.
The garden looks still very good for this time of the year.
The roses received a new boost after being cut back about 2 weeks ago, the sweet peas are absolutely gorgeous and the nasturtiums have developed into a wall of flowers!
The snails do not fancy the dry weather and everything is growing well. We started to pick tomatoes and tasted 2 grapes similar to Catawba!???
The one pear is still there and a second pick of peas are due.
The morning the swallows fledged Barry witnessed it and it was very exciting-they are still around and sleep in the donkey house but not for long any more, may be another 2 weeks and then they will start gathering.
On the political front the situation is hard to describe as words cannot do justice to the blubbering politicians trying hard to drown every-one in this country especially the Min. Of Health- he gets the ‘SPOON’ for stirring the best.
Tomorrow is the best day of my week and I will be singing as Joy is playing the organ!
We received the good news about baby Christiaan who has doubled his birth weight, the Lord has heard our many prayers and we will continue to pray for this little miracle!
Birthdays! Congratulations to the following having a birthday. Finbarr 13th, Ron Starns 14th, Jennifer de Lange 14th Gwynneth Staples 15th. May the year ahead be very good!
We both saw the foxes on different nights and they look very good! The signs of the hedgehog are everywhere to be seen. Blackie still is the best cared for ‘visiting cat’ in the world. The birds in their hundreds give the most joyful sound to our garden we are so fortunate to be living in the country!
We read the news about SA every day and not to mention the disasters there we are happy moments we share with you with the wonderful performances of the Paralympics athletes.
Congratulations to Gerhardus and co on performing this great task of setting-up a theatre in working order within 24 hrs and winning the cup! That needs to be done!
Thank you for all the interesting letters from Leopold and Gerlof, both really having to bit off more than what is fair!
Thank you Isabel for your interesting informative letter. Thank you to those who very diligently send a few lines after every letter- that is so much appreciated. There are members of the circle of friends and family that has neglected the rest painfully.....you know who you are and it is up to you to rectify!
We greet you from a very pleasant autumn in Cranleymore!
Take care - at home and on the roads!
Barry & Christina
Saturday, September 1, 2012
Vroë Herfs groete vanuit Cranleymore
Oes Saterdag 1 Sept’12
Goeie dag allemaal, familie e vriende,
Ons noem die dag OES Saterdag, omdat ons die volgende uit die tuin ge-oes het vanmôre.
Aartappels, wortels, ertjies, rubarber en een of ander bessie(rasberries).Die ertjies was van so ‘n formaat dat dit eerste prys op ‘n skou sou kry. Ek het fotos geneem want ek is so trots.
Die wortels is effe deurmekaar wat betref hulle voorkoms – Ons wortels is kort en vet en suiker soet!. Die rubarber het 2vt hoog gestaan –maar Barry het alles afgesny want volgens hom is hulle nou klaar gegroei vir die jaar.
Ons het gedurende die week die appels ge-oes en gekook want hulle het begin val en nou het ons appel jellie- konfyt!
Dit is vandag amptelik Herfs in Ierland en ek weier volstrek om koud te kry dus ek is heel somers aangetrek met sandale –t hempie en ‘n wye romp! Rooi, oranje, groen, swart en geel! Sou beter gewees het as dit lente was soos daar by julle in SA maar vir ons hier in die noordelike halfrond verander dinge vinnig en sonder waarskuwing en so lank as wat jy moontlik kan, klou jy aan die reënlose dae en bietjie sonskyn wat daar is!
Oggend temperature het aansienlik gesak -was darem nog net eenkeer onder 10°en gedurende die dag haal ons darem soms 18° met die son in die hemele.die wind waai onverpoos voort.
Die blomme gaan nog redelik aan en ek het groot roos uitknip gehou gedurende die week in die hoop dat ons nog ‘n laat drag rose sal kry en dit lyk werklik of dit gehelp het – baie nuwe knoppe wat oor die muur loer. Jy kan nou die huis van vér sien!
Die slakke het grootendeels verdwyn nadat hulle vir 2 weke ‘n bierdood gesterf het en die dalias het sommer opgekikker en lyk weer pragtig! Die pronkertjies is vrolik met ‘n skakering kleure , ‘n groot plesier en ruik heerlik as hulle in die blompot staan!
Ons het omtrent 12 druif korrels wat begin verkleur van donker groen na blou en wie weet miskien proe ons nog voor die einde van herfs hoe hulle smaak!
Ons het ook gedurende die week , met weersomstandighede gunstig die pad gevat en geliefde plekke besoek en ook minder bekende plekke gesien want ons neem altyd die agter paadjies en kom nooit dieselfde pad terug nie!
Ons was in Athlone en het myle geloop al langs die rivier en dwarsdeur die dorp. Koffie gedrink met ‘n krosant en pootuit 5 ure later weer in die kar geklim en huis toe gery met ‘n ander pad! Barry vermaak homself deur na alle moontlike eiendomme op die komputer te kyk en as hy iets sien wat werk nodig het en die prys lyk reg dan neem hy die besonderhede af en ons gaan kyk.
So land ons toe ook by ‘n plek wat op Daft.ie as in vervalle huis wat oor die meer uitkyk beskryf is maar in teen deel –jy kon nie eers die huis van die pad sien nie want dit is so oorgroei en werklik vervalle en geen meer naby nie- die ou dame wat daar gebly het is reeds in 2001 oorlede en die plek is net so gelos met skottelgoed nog in die sogenaamde wasbak – sy had geen toilet of badkamer nie en dit is ongelooflik dat ‘n mens in hierdie eeu so kon leef!
‘n Volgende keer ry ons na Carrick on Shannon waar daar toilet geriewe is en ons dan gemaklik verder kan ry. Met die agterste paadjie wat ons kon kry ry ons toe noord na Manor Hammilton waar nog ‘n vervalle huis te siene is – hier was dit nog ‘n groeter skok want wat op die rekenaar te siene is en waar ons na gekyk het is defenitief ‘n illusie. Dit was so erg oorgroei dat jy ook nie die huis eers kon erken nie- Barry soos altyd kyk na alle grense en is die heuweltjie uit na die boonste grens toe en ek bly agter- skielik voel ek iets is nie reg nie en loop so vinnig as wat die plantegroei my toelaat na die agterste gedeelte van die huis waar hy net opstaan na ‘n heweige val –bollemakisie 2x geslaan het in die netels in. Hy het teen die helling afgerol en onder teen ‘n klip tot stilstand gekom.
Hy was effe bleek en het bietjie rond gesteier en toe weer begin fokus. Hy was met die modder en groen alge, swart alge en netels en klou goed sooa klitsgras, oortrek.‘n Skraap in sy gesig en ek het gou ondersoek ingestel en gevind dat hy van sterk stoffasie gemaak is- geen breuke nie en behalwe vir die vreeslike vuil en klitsgrasse is hy weer my ou Barry-“ I am fine – there’s nothing wrong, stop worrying!”
Omdat hy so vuil was sou ons nie weer uit die motor kon klim nie want mense sou ons skeef aankyk en omdat hy effe gebrand het van die netels wat meestal sy kaal kop gekrap het het ons maar die aftog geblaas en huis toe gery met ‘n ander pad natuurlik- dit was ‘n groot avontuur wat byna in ellende verander het! Op pad het ons die huis bespreek en die manier wat mense plekke beskryf en fotos gee wat 30 jaar gelede geneem is ! vir eers is ons genees van vervalle huis besoek!
Tuis het Blackie vir ons gewag en die voeltjies het heerlik gesing van blydskap dat ons weer terug is! Ons swaetjies het nog ‘n week oor en dan sal hul seker hul nessie verlaat en intussen vlieg daar byna 8 swaeltjies al om ons al die hele dag! In en uit die nuwe(ou) skuur! Miskien maak hulle seker dat hulle weet waar hulle volgende jaar sal kom afpak! Die merke van die krimpvarkie die groot een is oral in die tuin sigbaar en ons weet hy leef nog!
Die klein jakkalsies is gesond en blink in die maanskyn!
Op die politieke front gaan dinge maar vrot- die HSE wat die gesondheidsdienste hier in Ierland hanteer is met miljoene der miljoene in die rooi en almal in hoe poste kry massiewe salarisse en knip nie ‘n oog nie –nou word die noodssaklikste dinge gesy om geld te spaar soos minder beddens ens – arme goed hulle weet niks van finansies en hoe om dinge gered tekry nie- Ons vrees net dat hulle Barry se mediese kaart gaan wegneem want ek werk nog!
Die Min van Gesondheid het ook in die jare van die Celtic Tiger gierig geraak en dinge gedoen wat hy nie moes nie en nou skuld hy die bank ook miljoene- maar hy leef rustig voort!
Die ellnde is dat die gierigheid van die mens hierdie landjie in die grootste gemors laat land het en nou moet die arme swernote wat nog ‘n werk het –wat byna ‘n wonderwerk is- vir die gemors betaal en word een van belastings heelwaarskynlik nog hoer gemaak as wat dit reeds is sodat daar genoeg geld is vir die mense wat sonder werk is.
Meer as 300 werkers is Maandag uit die bloute in die pad gesteek- die baas van die maatskappy het miljoene aan die belasting vergaarder geskuld en 1nm Maandag word die deure toe gesluit en alles is tot daarna toe. Ongelooflik. Hierdie regering is en reageer ooreenstemmend met ‘n hoender sonder kop!
Daar is darem ook goeie nuus en dit is dat dit môre Sondag is en ek sit voor die orgel. Ons sing môre net Psalme- ou bekendes.
Die prediker is altyd ‘n verrassing!
Ons het ook die datum vir ons Oes diens 23 September- altyd ‘n pragtige gebeurtenis!
Ons dink vandag aan 2 ma’s wat afskeid neem van hul kinders eersten Marthie, haar seun Christiaan gaan terug SA toe en sal in die volgende 20 minute opstyg! En dan Esther wie se dogter Nichola in Holland gaan verder studeer en hulle laat haar ook eersdaag daar agter om terug tekom na die Ierse Eiland.
Liewe Ma’s ons dink aan julle en weet dat dit goed sal gaan met jul kinders!
Verjaardae: Vandag is Barend Bornman se verjaardag. Môre verjaar Leané, sy gaan 7jr oud wees Veels Geluk! Stuur vir jou ‘n aparte kaartjie!en soos reeds genoem dink ons aan Maryke wat die 5de sou verjaar en Michael Knight wat ook die 5de verjaar! Cobus van Marle die 6de,Nanette en haar seun Brandon verjaar die 8ste! Veels geluk aan julle almal!
Die wind waai my wasgoed droog en Barry gaan nou gras sny- hy sny ook buite in die pad en ek help altyd daar want die verkeer is baie swaar- hy trek sy geel streep baadjie aan en ek tel die ander mense se vuilgoed op wat hulle by die kar vensters uitgooi! Vreeslike morsjorse!
Baie dankie aan die wat briefies stuur en fotos. Dit word baie waardeer!
Ek groet vanuit ‘n herfsdag in Cranleymore met aandag gevestig op jul veiligheid- die wat op die pad is en die wat tuis is!
Barry & Christina
Subscribe to:
Posts (Atom)