Sunday, September 23, 2012
Groete vanuit 'n herfsaand in Cranleymore
Saterdag 22 September 12
Goeie dag aan allemaal, familie en vriende!
Ons is sopas terug van ons besoek aan Dublin! Pragtige dag wat met 4° wat tot 13 gestyg het soos die dag gevorder het. Daar was pragtige sonskyn en GEEN WIND NIE! Tenspyte van die lae temperatuur was dit nie koud nie want dit is meestal die wind wat ons laat bibber.
In die laaste 4 weke het ons 48mm reen gehad wat baie gunstig was, geen droogte nie en net bietjie meer son as reen!
Ons het ons belofte nagekom en al ons moed bymekaar geskraap en net na 11.30vanoggend die pad Dublin toe gevat. Ek probeer die pad memoriseer sodat ek nie op die kaart hoef te kyk nie –ons het nie ‘n Santjie’ wat die pad aangee nie-ons is nog ouderwets en het baie kaart boeke in die kar. Verstaan nie hoekom ek nie die ryery en strate in die plek onder die knie kan kry nie.
Die kinders woon lekker maar nou het die huis te klein geword en en hulle trek een of ander tyd na ‘n 4 slaapkamer huis met groter gronde en met meer ruimte, gelukkig is die huis presies 100 meter verder in dieselfde paadjie en dit sal darem nie te erg wees nie- dit is nou die getrekkery.
Ons was bederf met ‘n smaaklike middagmaal en heerlike koek as nagereg. Die idee was om 3 verjaardae in een te vier. Myne Finbarr en Barry en dit het goed gewerk, Lukas het die kersies op die koek dood geblaas en ‘Happy birthday ‘ gesing!
Hy praat vol sinne met ‘n Dublin aksent en jy moet mooi luister om by te hou! Finbarr werk baie hard maar dit blyk asof dit vir die eerste keer werklik goed gaan, Amanda was genader om uittehelp by ‘n maatskappy as persoonlike assistent vir die baas oorspronklik net vir 2 mnde maar nou het hulle gevra of sy langer kan werk-sy het ‘n wonderlike vermoë om orde in chaos te skep en dan hou sy hulle met ‘n ysterhand in beheer!.
Lukas is terug by sy dag moeder van vroeër en haar dogters wat ‘n Montosori sentrum oopgemaak het is ook daar gevestig. Lukas mag nog nie deel van die skool wees nie maar hy wandel in en uit soos dit hom behaag en smiddae mag hy die klok lui vir middagete dan roep hy luidkeels: Children Lunchtime!
Sy hare is pragtig gesny en hy lyk te oulik!
Ek het lanklaas geskryf want ek het sewe nagte gewerk met een nag tussenin af, en dit was 7 nagte van enorme stres. Elke nag was ‘n uitdaging wat nie net jou kennis beproef nie maar ook jou uithou vermoeë tot die uiterste. Verlede Sondag was ‘n lang dag en kort dag –Joy wat die orrel sou speel moes skielik werk en ek moes inspring. Dit beteken dat ek soos blits verslag oorgee –ry net onder die spoedgrens huis toe-gelukkig is daar min verkeer op ‘n Sondag oggend .tuis verklee ek gou, so effe en dan is ek weer met Barry terug in die kar op pad kerk toe. Na kerk terug huistoe en direk bed toe , slaap ‘n ½ uur langer en teen 7uur is ek weer op pad werk toe.
Hier gaan dit goed met almal, kat, jakkalsies voeltjies en die tortelduifies. Die krimpvarkie het seker gaan rus vir die winter want ons sien geen spoor van hom nie. Gisteraand sit die een jakkalsie toe so ewe en wag vir sy kos te kostelik en te pragtig! Ons dink daar is 4 van hulle ouers en 2 kinders.
Die tuin hou nog wonderbaarlik goed. Die pronkertjies bly steeds blom en die kappertjies lyk wonderlik! Barry het die bolle geplant vir die lente kleure dos- tulpe en affodille!
Ons druiwe trossies kon nie regtig ryp word nie want die son was effe afwesig ,en die 2 tamatie plante met 100de tamaties aan moet nou maar in die kombuis ryp word! Dit word te koud snags en gou geneog sal daar ryp wees.
Die gras groei nog steeds en ons sal seker nog so 3-4x moet sny –noudat die dae korter is en nie meer so baie son nie groei dit nie meer so vreeslik vinnig nie. Op die politieke front is daar onmin tussen ministers wat saam moet werk in dieselfde ministeries van verskille lede van die koalisie en elke nou en dan is daar ‘n ontploffing .die Min vir Gsondheid het die ‘vote of confidence’ gewen en nou ploeter hy maar aan,mens hoop byna hy beland in dryfsand en verdwyn stil-stil. Die 1ste Min het vandag die Pous ontmoet en sy hand geskud.....almal wonder wat gesé was want Ende Kenny het vroeër in die jaar kwaai uitspraak gelewer teenoor die lakse gedrag van die Pontif en sy klomp teenoor die kinder misbruik wat deur die priesters wéreld wyd plaasgevind het.
Die hele wéreld is op die punt van oorlog, die ellendes in die middel-ooste is bekommerenswaardig, waar gaan dit eindig?
Al die briefies wat inkom is so welkom en ek lees baie lekker aan al die verhale en dinge. Wat het van Arnolda geword of moet ek nie vra nie- ek vertel aan Barry al die stories en hy vra gereeld wat hoor ek van Kanada en dan moet ek sé dis net my vriendin wat ook daar woon wat gereeld laat weet wat aangaan, maar van die familie hoor ek niks.
Môre is ‘n groot en belangrike dag in die kalender van die kerk. Dit is die oes dank diens en weereens hanteer ek al die orrel werk en moes hierdie keer ook al die Psalme en gesange kies.
Die fees daarna is gewoonlik van die beste en ons hoop so dat ons eie predikant as gas daar sal wees ons mis hom geweldig!
Verjaardae: Adelbert het die 20 ste verjaar en ons hoop dat dit ‘n goeie dag vir hom was. Ons onthou my broer Paul vandag, dit sou sy verjaardag gewees het. Op 24ste verjaar jonge Cobus van Marle en dan die 26ste Cilna in Memel en natuurlik Barry. Veels geluk aan julle almal!
Dit word nou gou donker en Barry het die kos vir die jakkalsies sopas uitgegooi.
Ek het ook aan die einde van my skryf gekom en sé maar soos gewoonlik, wees tog asb vesigtig, buite, binne en op die pad , ons dink veral aan die wat op plase woon!
Die winter kom nou vinnig nader en ek groet vanuit ‘n regte herfs dag en aand in Cranleymore!
Barry en Christina
Saturday, September 8, 2012
Greetings from a lovely autumn day in Craleymore
Saturday 8 Sept’12
Good day to all, family and friends!
They say here in Ireland that our good weather comes the day that the children go back to school and never a truer word was spoken. We have had 5mm of rain in 2 weeks and most days was wonderfully sunny, little breeze and dry days- the odd day in between may have been cloudy with a drizzle here and there but the farmers are jumping for joy and are working through the nights to get the crops in. We had to water the garden- that has not happened since May! The evenings are shorter and the mornings darker but we are smiling, the spirits are high and tomorrow are another day!
I enjoyed every minute of my leave and we travelled quite a few kilometres in the week past. Our last trip was to Enniskillen searching for Polident Ultra fixation dental powder. This is an essential part of some people with false teeth and the Distributors seems to be Smyth Cline Beecham but the product comes from Spain and there in none available in Ireland and we were advised to go North in search of the powder. Alas there was none there either and after walking the main street up and down 3x uphill and downhill ± 3km and eventually we bought beef sausages which rather should have stayed in the butcher shop. What is in it looked good while uncooked but after a cooking session the contents changed to rubber and something else. The next day I gave the house an autumn cleaning while Barry cut the grass.
The week flew with me working 3 nights and after the 2nd night my knee and referred pain into my hip caused me to take a pain killer, being a disaster when it comes to medication I could not find any Paracetamol and took a Solpadol 500mg (paracetamol and 30mg Codeine Phos) ,went to bed, only to be woken 1hr later with the most severe stomach pains nausea and vomiting and swelling of my face and broncho spasm all at the same time- I really thought that it was the end-I felt so awful- after a few session to the bathroom and the wonderful care given by Barry the cramps and pain eventfully subsided and I fell asleep at 2pm .
When I was woken at 5pm I looked very funny my eyes were still half closed swelling still present and my chest still tight, but I had to go to work there was no way out- thankfully I survived and am still around to tell the story. Now I have to add another drug to the list of allergies already 2 pages full.
We are now performing hip and knee replacements as easy as a tonsillectomy. The new method being used is wonderful and patients get up and walk the same afternoon. I just have to get my courage together and have my knee done.
The garden looks still very good for this time of the year.
The roses received a new boost after being cut back about 2 weeks ago, the sweet peas are absolutely gorgeous and the nasturtiums have developed into a wall of flowers!
The snails do not fancy the dry weather and everything is growing well. We started to pick tomatoes and tasted 2 grapes similar to Catawba!???
The one pear is still there and a second pick of peas are due.
The morning the swallows fledged Barry witnessed it and it was very exciting-they are still around and sleep in the donkey house but not for long any more, may be another 2 weeks and then they will start gathering.
On the political front the situation is hard to describe as words cannot do justice to the blubbering politicians trying hard to drown every-one in this country especially the Min. Of Health- he gets the ‘SPOON’ for stirring the best.
Tomorrow is the best day of my week and I will be singing as Joy is playing the organ!
We received the good news about baby Christiaan who has doubled his birth weight, the Lord has heard our many prayers and we will continue to pray for this little miracle!
Birthdays! Congratulations to the following having a birthday. Finbarr 13th, Ron Starns 14th, Jennifer de Lange 14th Gwynneth Staples 15th. May the year ahead be very good!
We both saw the foxes on different nights and they look very good! The signs of the hedgehog are everywhere to be seen. Blackie still is the best cared for ‘visiting cat’ in the world. The birds in their hundreds give the most joyful sound to our garden we are so fortunate to be living in the country!
We read the news about SA every day and not to mention the disasters there we are happy moments we share with you with the wonderful performances of the Paralympics athletes.
Congratulations to Gerhardus and co on performing this great task of setting-up a theatre in working order within 24 hrs and winning the cup! That needs to be done!
Thank you for all the interesting letters from Leopold and Gerlof, both really having to bit off more than what is fair!
Thank you Isabel for your interesting informative letter. Thank you to those who very diligently send a few lines after every letter- that is so much appreciated. There are members of the circle of friends and family that has neglected the rest painfully.....you know who you are and it is up to you to rectify!
We greet you from a very pleasant autumn in Cranleymore!
Take care - at home and on the roads!
Barry & Christina
Saturday, September 1, 2012
Vroë Herfs groete vanuit Cranleymore
Oes Saterdag 1 Sept’12
Goeie dag allemaal, familie e vriende,
Ons noem die dag OES Saterdag, omdat ons die volgende uit die tuin ge-oes het vanmôre.
Aartappels, wortels, ertjies, rubarber en een of ander bessie(rasberries).Die ertjies was van so ‘n formaat dat dit eerste prys op ‘n skou sou kry. Ek het fotos geneem want ek is so trots.
Die wortels is effe deurmekaar wat betref hulle voorkoms – Ons wortels is kort en vet en suiker soet!. Die rubarber het 2vt hoog gestaan –maar Barry het alles afgesny want volgens hom is hulle nou klaar gegroei vir die jaar.
Ons het gedurende die week die appels ge-oes en gekook want hulle het begin val en nou het ons appel jellie- konfyt!
Dit is vandag amptelik Herfs in Ierland en ek weier volstrek om koud te kry dus ek is heel somers aangetrek met sandale –t hempie en ‘n wye romp! Rooi, oranje, groen, swart en geel! Sou beter gewees het as dit lente was soos daar by julle in SA maar vir ons hier in die noordelike halfrond verander dinge vinnig en sonder waarskuwing en so lank as wat jy moontlik kan, klou jy aan die reënlose dae en bietjie sonskyn wat daar is!
Oggend temperature het aansienlik gesak -was darem nog net eenkeer onder 10°en gedurende die dag haal ons darem soms 18° met die son in die hemele.die wind waai onverpoos voort.
Die blomme gaan nog redelik aan en ek het groot roos uitknip gehou gedurende die week in die hoop dat ons nog ‘n laat drag rose sal kry en dit lyk werklik of dit gehelp het – baie nuwe knoppe wat oor die muur loer. Jy kan nou die huis van vér sien!
Die slakke het grootendeels verdwyn nadat hulle vir 2 weke ‘n bierdood gesterf het en die dalias het sommer opgekikker en lyk weer pragtig! Die pronkertjies is vrolik met ‘n skakering kleure , ‘n groot plesier en ruik heerlik as hulle in die blompot staan!
Ons het omtrent 12 druif korrels wat begin verkleur van donker groen na blou en wie weet miskien proe ons nog voor die einde van herfs hoe hulle smaak!
Ons het ook gedurende die week , met weersomstandighede gunstig die pad gevat en geliefde plekke besoek en ook minder bekende plekke gesien want ons neem altyd die agter paadjies en kom nooit dieselfde pad terug nie!
Ons was in Athlone en het myle geloop al langs die rivier en dwarsdeur die dorp. Koffie gedrink met ‘n krosant en pootuit 5 ure later weer in die kar geklim en huis toe gery met ‘n ander pad! Barry vermaak homself deur na alle moontlike eiendomme op die komputer te kyk en as hy iets sien wat werk nodig het en die prys lyk reg dan neem hy die besonderhede af en ons gaan kyk.
So land ons toe ook by ‘n plek wat op Daft.ie as in vervalle huis wat oor die meer uitkyk beskryf is maar in teen deel –jy kon nie eers die huis van die pad sien nie want dit is so oorgroei en werklik vervalle en geen meer naby nie- die ou dame wat daar gebly het is reeds in 2001 oorlede en die plek is net so gelos met skottelgoed nog in die sogenaamde wasbak – sy had geen toilet of badkamer nie en dit is ongelooflik dat ‘n mens in hierdie eeu so kon leef!
‘n Volgende keer ry ons na Carrick on Shannon waar daar toilet geriewe is en ons dan gemaklik verder kan ry. Met die agterste paadjie wat ons kon kry ry ons toe noord na Manor Hammilton waar nog ‘n vervalle huis te siene is – hier was dit nog ‘n groeter skok want wat op die rekenaar te siene is en waar ons na gekyk het is defenitief ‘n illusie. Dit was so erg oorgroei dat jy ook nie die huis eers kon erken nie- Barry soos altyd kyk na alle grense en is die heuweltjie uit na die boonste grens toe en ek bly agter- skielik voel ek iets is nie reg nie en loop so vinnig as wat die plantegroei my toelaat na die agterste gedeelte van die huis waar hy net opstaan na ‘n heweige val –bollemakisie 2x geslaan het in die netels in. Hy het teen die helling afgerol en onder teen ‘n klip tot stilstand gekom.
Hy was effe bleek en het bietjie rond gesteier en toe weer begin fokus. Hy was met die modder en groen alge, swart alge en netels en klou goed sooa klitsgras, oortrek.‘n Skraap in sy gesig en ek het gou ondersoek ingestel en gevind dat hy van sterk stoffasie gemaak is- geen breuke nie en behalwe vir die vreeslike vuil en klitsgrasse is hy weer my ou Barry-“ I am fine – there’s nothing wrong, stop worrying!”
Omdat hy so vuil was sou ons nie weer uit die motor kon klim nie want mense sou ons skeef aankyk en omdat hy effe gebrand het van die netels wat meestal sy kaal kop gekrap het het ons maar die aftog geblaas en huis toe gery met ‘n ander pad natuurlik- dit was ‘n groot avontuur wat byna in ellende verander het! Op pad het ons die huis bespreek en die manier wat mense plekke beskryf en fotos gee wat 30 jaar gelede geneem is ! vir eers is ons genees van vervalle huis besoek!
Tuis het Blackie vir ons gewag en die voeltjies het heerlik gesing van blydskap dat ons weer terug is! Ons swaetjies het nog ‘n week oor en dan sal hul seker hul nessie verlaat en intussen vlieg daar byna 8 swaeltjies al om ons al die hele dag! In en uit die nuwe(ou) skuur! Miskien maak hulle seker dat hulle weet waar hulle volgende jaar sal kom afpak! Die merke van die krimpvarkie die groot een is oral in die tuin sigbaar en ons weet hy leef nog!
Die klein jakkalsies is gesond en blink in die maanskyn!
Op die politieke front gaan dinge maar vrot- die HSE wat die gesondheidsdienste hier in Ierland hanteer is met miljoene der miljoene in die rooi en almal in hoe poste kry massiewe salarisse en knip nie ‘n oog nie –nou word die noodssaklikste dinge gesy om geld te spaar soos minder beddens ens – arme goed hulle weet niks van finansies en hoe om dinge gered tekry nie- Ons vrees net dat hulle Barry se mediese kaart gaan wegneem want ek werk nog!
Die Min van Gesondheid het ook in die jare van die Celtic Tiger gierig geraak en dinge gedoen wat hy nie moes nie en nou skuld hy die bank ook miljoene- maar hy leef rustig voort!
Die ellnde is dat die gierigheid van die mens hierdie landjie in die grootste gemors laat land het en nou moet die arme swernote wat nog ‘n werk het –wat byna ‘n wonderwerk is- vir die gemors betaal en word een van belastings heelwaarskynlik nog hoer gemaak as wat dit reeds is sodat daar genoeg geld is vir die mense wat sonder werk is.
Meer as 300 werkers is Maandag uit die bloute in die pad gesteek- die baas van die maatskappy het miljoene aan die belasting vergaarder geskuld en 1nm Maandag word die deure toe gesluit en alles is tot daarna toe. Ongelooflik. Hierdie regering is en reageer ooreenstemmend met ‘n hoender sonder kop!
Daar is darem ook goeie nuus en dit is dat dit môre Sondag is en ek sit voor die orgel. Ons sing môre net Psalme- ou bekendes.
Die prediker is altyd ‘n verrassing!
Ons het ook die datum vir ons Oes diens 23 September- altyd ‘n pragtige gebeurtenis!
Ons dink vandag aan 2 ma’s wat afskeid neem van hul kinders eersten Marthie, haar seun Christiaan gaan terug SA toe en sal in die volgende 20 minute opstyg! En dan Esther wie se dogter Nichola in Holland gaan verder studeer en hulle laat haar ook eersdaag daar agter om terug tekom na die Ierse Eiland.
Liewe Ma’s ons dink aan julle en weet dat dit goed sal gaan met jul kinders!
Verjaardae: Vandag is Barend Bornman se verjaardag. Môre verjaar Leané, sy gaan 7jr oud wees Veels Geluk! Stuur vir jou ‘n aparte kaartjie!en soos reeds genoem dink ons aan Maryke wat die 5de sou verjaar en Michael Knight wat ook die 5de verjaar! Cobus van Marle die 6de,Nanette en haar seun Brandon verjaar die 8ste! Veels geluk aan julle almal!
Die wind waai my wasgoed droog en Barry gaan nou gras sny- hy sny ook buite in die pad en ek help altyd daar want die verkeer is baie swaar- hy trek sy geel streep baadjie aan en ek tel die ander mense se vuilgoed op wat hulle by die kar vensters uitgooi! Vreeslike morsjorse!
Baie dankie aan die wat briefies stuur en fotos. Dit word baie waardeer!
Ek groet vanuit ‘n herfsdag in Cranleymore met aandag gevestig op jul veiligheid- die wat op die pad is en die wat tuis is!
Barry & Christina
Sunday, August 26, 2012
Autumn greetings from Cranleymore
26 August ’12 Sunday
Good day to all, family and friends,
This morning we had our first experience of autumn with temperatures below 10°. It did warm up to 18° later in the day but we were well and truly reminded that our summer was just an illusion. The days we had good weather does not include all our fingers and since the rain meter has been installed we have had more than 100mm rain in 4 weeks. In fact it has been fairly dry the last 48 hrs.
Last night we had another slug suicide session and the advice that I receive from Liza some weeks ago has been put into practice. My dear friend, Marthie Potgieter, realizing that Barry is definitely not going to buy the beer we need for the experiment; she gave me 2 tins of bear as part present for my birthday. That same night we put things into practice and have a photo to proof it, 20 slugs per saucer x 5 suicide on a large scale.
The unpleasant devouring creatures for which I have a true revulsion, love beer and drink themselves into a stupor and drown! Cilna we do not have to pick them by hand anymore!
After a strole through the garden before a nippy wind send us inside we inspected everything in detail. The tomatoes are starting to colour and there are many hanging on the tomato trees. We will have a few grapes with a bit of sunshine to ripen them. The few apples left, as 3 fell during the last week, looks good. We are still eating potatoes from the garden and tomorrow if the weather permits we will harvest some peas. The carrots are not very big but most delicious.
The roses are going down fast but I will cut out drastically tomorrow in the hope there will be another spurt of growth. The nasturtiums planted from seed I gathered have overshadowed every plant bought in the garden centre and I am very proud!
Our animal life consisting of hundreds of birds, 2 grey collard doves, Blackie the cat and the foxes as well as those we do not always see give us continuous joy and great entertainment.
The swallows are now 2 weeks old –a late hatch and we hope they are going to be ok –there is still a long road ahead before they can even think of taking the air streams to Africa.
Today, as always the best day of my week. After last week’s disappointing sermon , I should not criticize, but all meant well but he lost track of the critical point and lost track of time –we could not even sing our last Hymn as he has to rush on to Mullingar. Today we were so privilege to have an inspiring sermon, excellent food for our souls and great enthusiasm to praise the Lord with word and song! I worked last night, gave over report and left in good time to be able to attend the service.
The attendance was good and the noisy children were not there-everyone could hear every word! Great were the thanks he received greeting the members at the door! We sang with the roof lifting, praising the Lord.
At work things were difficult, I was called in to do a day shift on Tuesday which was more than a torture session. I was so tired I could not walk from the car to the front door, every joint was aching and every muscle in spasm! Why do I say yes to these special favours- every time I say I will not do it again, but when the call comes, I always yes. Stupid, I know!
I also completed 3 nights with the ward filled to capacity each night. This week ahead I will have my other week of leave which were cancelled as it was going to be a heavy week and it was.
Finbarr Amanda and Lukas were in Sicilia and returned on Monday evening and he has been working since! We had hoped to see them this weekend or maybe next weekend but that fell in a wave and was shattered against the rocks and now we will hope for a future date to see the little man in our lives as well as his parents.
It started raining and the weather report for tomorrow is not good. We had hoped to make a few day trips but ...it does not seems if it will materialise.
The schools are due to open Wednesday and all will return to normal.
Birthdays: Martie Redelinhuys is a year older this day, Happy birthday! I have no other names in my book for August but on the 1st it is Barend Bornman’s birthday, 2nd Sept Leané Eloff in Roodepoort will turn 7yrs old. Happy birthday 5th Sept we remember Maryke- and Michael Knight will be a year older.. Cobus van Marle’s birthday is on the 6th and Nanette and Brandon Pienaar will be having their Birthday on the 8th Many happy returns! If there is some-one having a birthday and I have omitted to mention you it is because I do not know about it! Have a lovely day in any case!
I have been working so much that I lost track of the doing of the politici but you can be sure that the action will commence very soon. The Paralympics will start and we hope it will go as smoothly with them as the other Olympics.
Thank you to all for the lovely messages and letters I received on Monday. I had a wonderful day and felt very special!
We have been watching with interest the Marikana Mines disaster and the follow-up. SA was continually in the head lines all over Euro news.
Hope sincerely that those who were visiting SA and are on their way home will have a safe journey and those that are still on safari that they will enjoy a very enjoyable time.
Remember that safety on the roads and at home is of utmost importance!
I greet you all from a Cranleymore where Autumn has arrived.!
Barry and Christina
Saturday, August 18, 2012
Heerlike warm groete vanuit Cranleymore
18 Augustus ‘12
Goeie dag aan almal, familie en vriende,
Ons beleef ‘n 2de week van somer, natuurlik reën dit gereeld en gedurende die laaste 2 weke het ons 40mm reën gehad. Die temperature was meestal tussen 13-15 soggens en ‘n paar dae het die temperatuur tot 23 gestyg en ons vergaan van die hitte! Die sweet drup behoortlik van jou af en snags het ek ‘n handdoek om my nek om gereeld my gesig aftevee want vanweë my ouderdom werk die hormone nie meer so goed nie en instede van warm gloede hardloop die water in strome van my kop af, dit is nie baie lekker as jy op ‘n pasient se arm drup nie en dan om verskoning te vra nie. My ouderdom daar gelaat,ek moet lag vir die feit dat julle bibber as dit 13 grade is en ons loop dan buite rond met ‘n onder hempie en kortbroek en flipflops! Heerlik! As die grade bo 18 is kry ons baie swaar! Almal blaas en swoeg van die hitte!
Ek het geskryf van ons baba krimpvarkie wat verdwyn het en ons vrese was bewaarheid toe ons die ou klein diertjie se oorblyfsels in die onderveld gekry het waar die ‘magpie’ korte miete van hom gemaak het. My hart was baie seer en het ook weereens besef hoe wreed die natuur kan wees.
Blackie lyk heelwat beter en is die prins van die wilde diere wat besoek by ons aflê. As hy arriveer spring ons om hom kos te gee en hy kry net die beste,glo my!Die voëltjies in hul 100de leef ‘n koningslewe met saad en grondboontjies as voedsel byvoeding.
Die jakkalsies blink en is steeds baie sku-kan die geringste beweging agter die glas raaksien en hardloop teen groot spoed die veld in om dan later weer terug tekom!
Die tuin en die beslommernis van die huislose slakke –baie ongure kreature en gladnie aanbevelinswaardig vir proteien inname nie- vreet alles op, ongelooflik, ons was op ‘n moord tog vanmiddag en het elke blom en pot omgekeer en seker 20 dood gemaak maar kom die nag, kruip hulle uit die grond en verorber alles-enige nuwe groei word summier opgevreet. Ek is jammer maar ek hou nie van die ellendige goed nie. Ek het al my nat sout, pakkies en in houers om die plante leeg gemaak –net om dan in die nag weggereen te word!
3 Appels het geval in die stormwinde van verlede week en die 1 peer sit nog, wonderbaarlik. Die tamatie boom het baie tamaties aan en ons hoop daar is genoeg hitte oor om die tamaties te laat ryp word.
Ons eet gereeld groente uit ons tuin. Aartappels, wortels en uie. Die ertjies begin nou lyf kry en een van die dae sal ons ook ons eie ertjies kan eet. Die swartvoel’blackbird’ het elke appelliefie opgevreet- die enigste ding wat hoog en gesond staan is my rubarber.
Op ‘n eiland wat water in oorvloed het is daar ongelukkig geen sorg beskikbaar om seker te maak dat ons goeie drinkwater het nie- Daar is altyd iewers ‘n plek op die eiland waar mense gewaarsku word om water te kook en soms help dit nie eers nie-die kwaliteit van die water is so swak dat jy dit nie eers gekook mag drink nie! Sedert ons hier woon het ons nog nooit water uit die kraan gedrink nie en ander water word altyd gekook. Ons koop water om te drink, altyd!
Die einde van die 3 maande skool vakansie is byna op ‘n einde en skole begin die 30 Aug. Die matriek ‘Leaving Cert’ uitslae is uit en die dogters het die seuns uitgestof –gelukkig is daar darem nog slim kinders op aarde – 10 of meer het 9 A1’s gekry! Enigiemand wat ‘n A vir die Ierse taal kry moet ‘n wonderwerk wees. Dit is seker die moeilikste taal opgemaak deur mense wat nie geweet het wat om te se nie- voor die Vikings en toe ‘n konglommerasie van letter bymekaar gegoei het en dit Iers genoem Dit maak geen sin nie en om dit uittespreek is byna onmoontlik.
Nou net op die nuus gehoor dat jy selfs nie in die see mag swem nie wat die see water is besoedel met E Coli! Dit is nou aan die kus van Cork, 3de wêreld is ‘n mooi plek!
Aan die anderkant kant leef ons nog 100% veiliger as ander op aarde. Die dood van mense wat in die see verdrink is baie erg-5 in 3 dae se tyd en natuurlik ongelukke op die paaie is oneindig hoog! Ons leef ‘n baie veilige lewe en ons is erg dankbaar daarvoor, ons lees op die rekenaar nuus van die moorde en ons harte bloei vir die mense wat agter bly! Ons weet ook dat die wat daar woon nie so bewus is van wat in die land aangaan as die wat daar buite bly nie- ons lees ook mooi nuus as dit verskyn!
Huidiglik maak SA se myn opstande en die polisie wat die myn werkers doodgeskiet hoof opskrifte ooral op die nuus en in elke koerant! Mamela se toespraak was byna in sy totaal op CNN en BBc uitgesaai!
By die werk, werk ons teen ‘n geweldige spoed en onder geweldige druk- temin personeel en onmoontlike omstandighede en soos ons altyd verwag het, het die ellende toegeslaan toe een van ons ‘respite ‘ pasiente Woensdagnag geval het en haar heup gebreek het en terselfdertyd ‘n pasient wat aan dimensia ly op soek geraak het! Die narkotiseur vir die Oor-neus-en-keel gevalle het nie genoeg anti -naar medikasie in teater gegee nie en 14 kinders en groot mense het gebraak- dit was C H A O S!!!! Elke stukkie van my was getoets gedurende daardie nag.
Nou ja die politici hou nog vakansie en ons vrees hulle terugkeer,want ons weet nie of hulle aldag weet wat hulle doen nie!
Die Olimpiese Spele is oor en veby en ons raak nou weer gewoond aan die normale programme op die TV. Die Para Olimpiese Spele kom 29ste aan die beurt.
Die egpaar moet teen hierdie tyd reeds getroud wees en ek hoop dat dit ‘n pragtige dag vir hulle was en vir almal wat dit met hulle gedeel het. Veels geluk aan Pauli en Mader.
Verjaardae, Nicholas and Christopher in Cork verjaar 19e, SJP Kruger in Australie verjaar die 20ste en Rachelle Josling die 24ste. Veels geluk aan almal Mag die jaar ‘n goeie een wees en al jul drome bewaarheid word!
Môre is die beste dag van my week en dit is my beurt om die orrel te speel en die keer is ek nie moeg nie en hoop dat my oë my nie weer in die steek sal laat nie. Dit is seker een van die vreeslikste dinge vir my om daar te sit en niks te kan sien nie net wit en swart stepe vir note en al die note op die bladsy onleesbaar! Die oogkundiges het opgegee-ek moet daarmee saam leef.
Die prediker is steeds elke Sondag ‘n verrassing, ons eie predikant is aan die beter word en ons hoop en bid dat hy eersdaags sy herderskap sal kan hervat!
Baie dankie aan alaml wat gereeld van hulle laat hoor! Dit is heerlik om die briefies te lees!
Hiermee dan ons warm groete vanuit Cranleymore waar my wasgoed nou vir die laaste 2 weke op die draad droog geword het!.
Wees tog altyd versigtig op die paaie en tuis!
Barry en Christina
Sunday, August 12, 2012
Warm greetings from Cranleymore
Sunday 12 Augustus’12
Good day to family and friends,
We experienced the long awaited summer since Tuesday the week gone by. Wonderful sunshine, temperatures to cause severe perspiration. 25° Most days – today it rained for the first time in 7 days and that is a record. 25° equals about 36° in SA ! July was the coldest in Decades!!!
The Olympics is nearing the last hours and although it was fantastic I have had enough! Great disappointment about the 800m for women last night-I could not see it but Barry looked!
I worked last night, rushed home this morning, changed and went off to church immediately and were privilege that our minister’s father was the preacher for today! I was very tired but it was my turn to play the organ as Joy thought they might be away but in the end did not go. I have a condition where when tired my focus is delayed and during the service I sit in the pew next to Barry writing down the service and move during the last prayer back to the organ. Disaster struck when I realised that I could not see the notes – because you do not expect it, the confusion causes me to play nearly by feeling as the key board becomes blurry as well! Only at verse 3 my sight improved and the last verse all the notes were correct! It is the most terrible sensation when you look at the book and back to the keyboard and you see nothing, the eye specialists can do nothing for the condition but it is very embarrassing and frustrates me greatly – I will have to refrain from playing the organ when I have worked the night before!
The garden does not look too bad and has been photographed by Cilna from corner to corner. Some SA friends had coffee with us on Wednesday( invitations went out but few responded because of previous engagements) and although we were few it turned out to be very pleasant with 50 protection screen we enjoyed the refreshment in the garden! Dr Gert Maritz, Cilna’s husband joined us and it was lovely! They are from Memel.
At work there has been a surge in theatre cases and my leave for the week of the 20 August has been postpone I sincerely hope that I will get it back before the end of our delayed summer. The snow in SA has really been an experienced- with us something quite normal! When the snow lasts for weeks on end the fun disappears from it, hope it stays a novelty and not a burden.
On the political front all is quiet- we expect an eruption as soon as this lot return from their summer vacation-which is nearing an end. The financial state of the country is in a state of total disarray and the fear the Budget in 4 months time!
The good news of Baby Christiaan is wonderful and we thank the Lord for every little bit of improvement! We wish the Ohlmesdal couple who are on their way to Canada a good experience for the next 2 years.
We had a baby hedgehog with us since Sunday last but on Tuesday evening I fear the magpies must have picked him up as we have not seen the beautiful little animal again, had a chance to take some lovely photos though but feel very sad for its disappearance.
The vegetable garden provides us with potatoes, carrots and onions, the apples, 11 of them are still on the tree and the 1 pear still hangs. The grapes are filling out and we might just be able to tastes a grape in a few months time before the cold comes! The tomatoes are coming on as well
The snails persists and in spite of their protein value as, I was so politely been informed, they do not look very appetising as they have no shells, are very slimy and rather dark and unfriendly. They devoured nearly every dahlia in the garden of which there were quite a few originally.
Birthdays. Yesterday the 11th was Marjorie’s happy day and today it is Gerhard from Frik and Elmaie-
Happy birthday to them!
Next Saturday the wedding of Pauli and Mader is taking place and our best wishes to them!
Thank you to those who regularly let us know how they are, there are a few people on my address list that has been very quiet lately, I hope they are keeping well!
I GREET YE ALL WITH A WARM HEART FROM A WARM CRANLEYMORE!
TAKE CARE on the roads and at home.
Barry and Christina
Sunday, August 5, 2012
Groete vanuit 'n deurmekaar Cranleymore
Sondag 5 Augustus’12
Goeie dag aan almal tuis en met vakansie,
Finbarr het my ‘wireless’ ingestel en ek kan ongestoord nou op my skoot die briefie skryf en stuur. Die weer is gevaarlik verkeerd- die koudste Julie in dekades.
Dit reen nog steeds-so nou en dan is daar ‘n breek in die wolke en die son maak ‘n verskyning en ‘n mens is so honger vir die son dat jy elke druppel indrink soos iemand wat by ‘n oases in die woestyn kom!
Ek dink die weer buro het ‘n klap van die windmeule weg want hulle kan nie die weer voorspelling reg kry nie- Haas Das se weervoorspelling is werklik hier van toepassing!
Ons eet en leef Olimpiese spele en ek moet sê, ons harte bars van trots elke keer as ‘n SAfrikaner ‘n medalje kry- was doods benoud dat Chad se pa ‘n hartaanval gaan kry! Die Iere het nie genoeg disipline om iewers te kom en dit met respek gesê- deursettingsvermoeë is skaars!
Usain Bolt is ‘n buitegewone atleet en hy vlieg deur die lug so gemaklik as wat kan kom.
Nou het ons gister ons eerste 2 knie vervangings gehad- vir ons as ‘n klein privaat hospitaaltjie ‘n groot prestasie, die ortopeet, die teater personeel en natuurlik die splinternuwe ‘clean air laminaflow’ teater. Die heup vervanging is al reeds ou nuus! Vir ons as verpleeg personeel uiteraard ‘n uitdading en soos met die heup vervanging was dit weer my beskore om te werk die nag na die operasies!
Tuinwaarts – die ellendige slakke –dis nou nie dat ek die werk van ons liewe Vader wil kritiseer nie maar ek kan met die beste wil in die wêreld , nie ‘n goeie rede vind vir hulle bestaan nie. Hulle verwoes alles maar alles! Onderdood wil Barry nie bier koop om in pierinkies uittesit en hulle te laat verdrink nie-dus hou hulle elke nag ‘n fees in my tuin.
Ons eet nou gereeld uit die groente tuin aartappels, uie, wortels en rubarber.
Die voëls verorber al die appeliefies en ek glo nie ek gaan kans kry om hulle eens te pluk nie. Daar sit een misrable peer aan die boom en 11 appels aan die ander boom, ons is so teleurgesteld-het regtig gehoop dat ons die jaar bietjie vrugte gaan pluk maar helaas begin ek glo dat ons maar die goed moet koop!
Die enigste ding wat goed gaan is my pit plantery- maak nie saak wat ek in die grond druk nie, 6 weke later kom die plantjie deur die grond! Pomelos, lemoene en naartjies. My orgideë, gegroei van stiggies begin nou blom en is ‘n mooi gesig!.Die rose hou nog koers en lyk redelik ten spyte van die baie reen.
Blackie kom ander oggend vir sy ontbyt en terwyl hy aan sy Whiskas smul en ons hou hom dop om te sien of hy begin beter lyk, kyk hy skielik op, ons volg die rigting waarin hy staar.Skielik hardloop die kat na die heining en Barry wat in die rigting gestaar het sien die beweging en roep die kat terug die kat verwilderd, stop sy aantog en gee ons die kans om die krimpvarkie raak te sien en te beskerm , nie dat hy homself kan beskerm nie maar omdat ons hom nog nooit so naby kon sien nie- die pratige diertjie was besig om vir wurms te grawe en het nie eers besef dat ons daar is nie- teen die tyd dat ek terug is met die kamera is hy in ‘n bolletjie – ons het hom veilig onder ‘n bos geplaas en later gaan kyk en hy was weg,gisteraand toe ek werktoe ry kry Barry ‘n baba krimpvarkie by die hek- 2 gesien in 24 uur!
Ek weet nie of krimpvarkie die regte benaming in Afr is vir ‘hedgehog’ nie?
DIE ‘FOXIES’ blink in hul mooi jassies en verorber alles elke nag maak nie saak of dit droeë brood of bene is nie.
Was kerk toe van môre en het gesing en nie gespeel nie-was moeg na die nag en die eerste gesang totaal onbekend –teen vers 3 het ek die wysie en toe gaan ons aan! Predikant van Belfast en ‘n wonderlike preek gelewer Ps 84- ‘n openbaring!
Verjaardae: Die boekie is baie ver en ek het vanmôre vergeet om te kyk wie verjaar vandag – aan almal wat die volgende week ‘n jaar ouer gaan word-. Baie Geluk!
Ons dink aan almal wat heerlik met vakansie is- aan die wat gereed maak om ‘n egpaar te word en die wat kinders gaan bykry! Mag die voorbereidings goed gaan!
Die politici hou vakansie en is vir die oomblik rustig- Banana Republiek is ‘n mooi ding!
Die Quinn saga gaan aan- sommige vir hulle en ander teen hulle, sal maar sien of die waarheid eendag na vore sal kom.
Ek groet vanuit ‘n deurmekaar Cranleymore met die hoop dat die wat reis dit voorspoedig sal doen en die wat tuis bly altyd versigtig sal wees.
Ons dink ook aan die wat nie gesond is nie en hoop dat hulle beter sal voel en dat babatjie Christiaan goed vorder
Liefde groete
Barry en Christina
Subscribe to:
Posts (Atom)